Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

CFA-loopbaan wink vir VGP-gegradueerde Roseline

Roseline Kolony beskik reeds oor die graad BCom (Bestuurswetenskappe) en werk tans aan haar honneursgraad in Finansies. Sy glo sy sou waardevolle leergeleenthede misgeloop het as sy nie deel was van die Universiteit Stellenbosch (US) se Verlengde  Graadprogram (VGP) nie.

Die US se VGP voeg ‘n bykomende studiejaar by ‘n hoofstroomgraadprogram by. Dié jaar word gebruik om studente deur middel van bykomende akademiese steun vir spesifieke hoofstroomvakke sowel as universiteitstudie in die algemeen voor te berei.

Ontsluit ‘n wêreld van kennis

Roseline is in die Demokratiese Republiek die Kongo gebore. Sy het 17 jaar gelede na Suid-Afrika verhuis en haar hele skoolloopbaan in Bellville-Suid voltooi. Om deel te wees van die VGP het haar in staat gestel om uit te kom by “wat ek eintlik wou studeer”, al het sy heimlik getwyfel of sy dit sou kon baasraak, sê sy. Hoewel sy ‘n idee gehad het dat sy Bestuurswetenskappe wou studeer, was sy hoegenaamd nie seker wat dít behels nie. “Ek het eers in my eerste jaar met konsepte soos belegging en handel kennis gemaak. Voorheen het ek niks daarvan geweet nie. Ek het dit alles in my eerste jaar ontdek,” sê sy. “Ek het my hoofvakke in my tweede studiejaar begin kies, so daardie eerste jaar was besonder voordelig.”

Noudat sy aan die Universiteit van Kaapstad aan haar honneurs werk, glo sy vas dat die VGP tot haar sukses bygedra het. “Baie universiteite bied nie ‘n verlengde leerprogram aan nie, so ek het baie bevoorreg gevoel om hierdie geleentheid by die US te kon hê,” sê sy. “Ek het al ‘n hele klomp studente ontmoet wat van ander provinsies af kom om die VGP by Stellenbosch te volg, want dit is een van die min plekke wat hierdie unieke geleentheid bied.”

Ekstra jaar maak enorme verskil

Roseline sê die bykomende jaar van die program het ‘n reuseverskil in haar persoonlike ontwikkeling gemaak. “Dit was ‘n wonderlike geleentheid om te wys wat ek kan doen. Daarom sê ek gereeld vir studente om nie mismoedig te voel oor die ekstra jaar nie. Dit is inderwaarheid ‘n fantastiese oorbruggingskursus tussen hoërskool en universiteit, en berei jou voor vir jou eintlike eerste jaar.”

VGP-studente volg ‘n paar modules eie aan die verlengde program, en ‘n paar modules uit die eerste jaar van die hoofstroomprogram, waarna die res van die eerstejaarkursusse in hulle tweede studiejaar volg. Een VGP-spesifieke kursus is Akademiese Geletterdheid, en dit is veral die lesse uit hierdie module wat Roseline steeds toepas. “Dit was ‘n verpligte module wat ons verskeie vaardighede geleer het, waaronder akademiese skryfvaardighede,” verduidelik sy. “Dit het my geleer wat akademiese literatuur nou eintlik is, en hoe om portuurbeoordeelde bronne in my skryfwerk te gebruik. Ek gebruik nog gereeld daardie kennis.”

‘n Verdere bonus van die VGP was die hegte vriendskappe wat sy kon vorm, sê Roseline. “Ek is ‘n introvert en skram gewoonlik weg van mense. Maar omdat ons klas uit minder as 30 mense bestaan het, kon ek byna almal leer ken en goeie vriende maak,” sê sy. “Ek het lewenslange vriende gemaak, en ons almal het mekaar gedurende ons studie ondersteun.”

Streef na eie firma

Roseline beoog om ‘n geoktrooieerde finansiële ontleder (CFA) te word, en hoop om op lang termyn haar eie batebestuursfirma op die been te bring. “Ek wil my firma posisioneer om mense soos ek te help wat uit minderbevoorregte omstandighede kom en nooit die nodige blootstelling aan finansiële konsepte gehad het nie. Ek sou graag wou help om hulle finansiële loopbane aan die gang te sit,” sê sy.

More articles

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Aardwetenskap-studente skitter by wêreldkonferensie oor mineraaleksplorasie

In gesprek met Patience Badze

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!