Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Jong alumnus wen kompetisie vir entrepreneurs

‘n Alumnus van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lindelwa Mahlalela, is onlangs as die wenner van die Motsepe-stigting se eerste Golden Circle-kompetisie aangewys vir haar aanlyn onderneming, LeeConnect.

Mahlalela het in 2021 met ‘n Diploma in Volhoubare Ontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer. Sy het haar onderneming in 2018 vanuit ‘n openbare biblioteek begin.

Golden Circle is ‘n platform vir jong, semi-gevestigde entrepreneurs wat op soek is na kapitaalinspuitings en nasionale en internasionale netwerke wat hul impak en hul vermoë om goed te doen, kan uitbrei. Die kompetisie het meer as 80 inskrywings ontvang. Die beste drie moes aanbiedings oor hul ondernemings aan die beoordelaars Allan Raiz, Brain Dames, Brian Smith, Herman Singh en Phuthi Mahanyele-Dabengwa doen. Die wenner is gekies op grond van streng kriteria, waaronder die onderneming se vermoë om aan ‘n sosiale behoefte te voldoen en finansiële volhoubaarheid te verseker.

Mahlalela sê die kompetisie het haar die geleentheid gegee om LeeConnect se dienste en die sosiale behoeftes wat hulle probeer verlig, ten toon te stel. LeeConnect help Graad 12-leerders met universiteits-, kollege- en beursaansoeke; loopbaanvoorligting; mentorskap en ekstra klasse om hul uitslae te help verbeter.

“Om hierdie kompetisie te wen, het my die selfvertroue gegee dat daar inderdaad hoop en geleenthede bestaan om my onderneming tot ‘n groter skaal uit te brei en meer leerders te ondersteun. Dit is ‘n groot mylpaal wat ons gehelp het om die standaard van ons dienste te verhoog en ons die finansiële hupstoot gegee het om groter hoogtes te bereik.”

As wenner het Mahlalela nie net ‘n kontantprys van R80 000 losgeslaan nie, maar ook sakementorskap en ondersteuning van die Motsepe-stigting.

Mahlalela het gesê haar studies het haar toegerus met die nodige vaardighede en inligting om nie net suksesvol te wees in die kompetisie nie, maar ook in haar besigheid.

“Ons het gereeld aanbiedings gedoen wat my gehelp het om my vaardighede te verbeter en my van ander te onderskei. Alles wat ons gedoen het, was meer prakties as teoreties en dit is hoe dit in besigheid ook is – jy moet weet hoe om te implementeer. Dit het my in staat gestel om met kreatiewe oplossings vorendag te kom vir die uitdagings wat ons as ‘n aanlyn onderneming in die gesig staar, soos om die vertroue en begrip van kliënte te wen.”

In haar toekomsplanne vir die besigheid voorsien sy dat sy dit op ‘n groter skaal sal bedryf om nie net graad 12-leerders te inspireer nie, maar ook gegradueerdes wat geleenthede soek om vaardighede aan te leer en ervaring op te doen.

Sy het onlangs by die Universiteit van Suid-Afrika vir ‘n BA-graad in Internasionale Betrekkinge ingeskryf, omdat “ek LeeConnect na ander Afrikalande wil uitbrei”. Sy is ook ‘n gekwalifiseerde IT-tegnikus.

Maar dié Matie-alumna se talente en passie is nie net beperk tot die entrepreneuriese sektor nie. Sy het ook onlangs as onderwys-assistent by die Laerskool Salubindza in Mpumalanga gewerk.

​“Ek is mal oor onderwys en dit is my doel om mense wêreldwyd op te voed om in hulself te glo en hul drome na te streef,” het sy gesê. “Dié posisie het my die geleentheid gegee om opvoedkundige geleenthede vir laerskoolkinders te beplan, om leer prettig te maak en om hul vaardighede en talente buite die klaskamer aan te vul.”

Sy het haar ma, Thobile Hlatshwayo, bedank dat sy haar drome ondersteun het en haar gehelp het om in die vrou te ontwikkel wat sy is.

Die drie jaar lange program in Volhoubare Ontwikkeling word deur die Skool vir Publieke Leierskap aangebied. Dit is daarop gemik om studente in die beginsels van volhoubaarheid en entrepreneurskap op te lei met die oog op toekomstige sosiale impak en ekologiese restourasie. Die program voorsien student van teoretiese kennis en praktiese ondervinding oor sake soos volhoubare tegnologie, kompleksiteit en ekologie, sosiale entrepreneurskap, leierskapsontwikkeling, sosiale aktivisme, kleinsakebestuursvaardighede, kreatiwiteit en storievertelling.

  • ​’n Een jaar lange Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling word vanaf 2023 aangebied. Vir verdere besonderhede, woon asb. die aanlyn inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling by op Woensdag, 21 September van 17:30 – 18:30 via MS Teams. Om vir die aanlyn sessie te registreer, kliek hier.
  • Aansoeke vir die Gevorderde Diploma in Volhoubare Ontwikkeling sluit op 30 September.

More articles

kliniese proewe vind die eerste veilige en doeltreffende behandeling tot nog toe om om multimiddelweerstandige TB by kinders én volwassenes te voorkom

PhD-graduata spreek geslagsgebaseerde geweld aan

Gryp elke geleentheid aan, sê forensiese deskundige

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!