Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

#EndGBV: Só halt sy geweld teen vroue en kinders

Die stryd om geweld teen vroue en kinders uit te roei het ‘n lang, moeilike pad wat voorlê, maar Lauren October, ’n alumna van die US, bly hoopvol.

Lauren, wat verskeie grade het, insluitend ‘n MA in Politieke Wetenskap van die US, sê sy probeer “die prinsiep van geslag” by die meeste van haar belangstellings inkorporeer.

Vanuit haar kantoor by die Kinderinstituut by die Universiteit van Kaapstad, waar sy as ‘n Junior Navorsingsgenoot werk, is Lauren die taak gegee om ‘n geweldvoorkomingsprogram te ontwerp wat geweld teen vroue en kinders teiken.

“My werk let op na die verband tussen daardie twee vorme van geweld, insluitend daardie gedeelde sosiale norme, gemeenskaplike risikofaktore en die intergenerasiegevolge van geweld – en dat daar punte is waar ons dit kan teiken. Veral om met jong mense ‘n begin te maak, aangesien adolessensie ‘n risikoperiode is vir beide geweld teen vroue en kinders.”

Lauren ondersoek globale programme wat reeds hierdie vorme van geweld aanspreek. Sy het gevind dat baie van die programme wat ontwerp is vir intiemepaargeweld, toevallig verminderde lyfstraf teen kinders teweeggebring het; of ouerskapprogramme wat ontwerp is om ouerkommunikasie te verbeter, het egpaargeweld toevallig verminder.

“Ons doel by die Kinderinstituut is om ’n program te ontwerp wat doelbewus beide elemente teiken – om geweld tussen intiemepare te verminder, en kil ouerskap te verminder – so ons probeer terselfdertyd op ouers én paartjies fokus.”

Sy was nog altyd ‘n feminis, sê Lauren. “Toe ek klein was en gespeel het, het mense vir my gesê ek kon nie sekere dinge doen nie. Tog is ek grootgemaak in ’n baie geslagsgelyke huis, waar my pa die meeste van die kookwerk gedoen het. My broer en ek is albei grootgemaak om in die tuin te werk en huistake te verrig. Ek het nie besef dit is teen die gemeenskap se norme nie.”

Sy is ook aangespoor om die skadelike impak van patriargie op seuns te bekamp. “Ek het begin dink aan my broer en die impak van die gemeenskap se sosiale norme – oor hoe om ‘n ‘gawe’ man te wees, ‘nie die regte manier is om ‘n man te wees nie’. Tog is baie van die norme aangaande manlikheid gekoppel daaraan om kragdadig te wees, of jou maat te oorheers, of mag te hê. Hierdie dinge is geneig om mans te kwets, wat weer vroue en kinders kwets.”

Om ‘n Matie te wees, het haar ten goede verander. “Die US het my baie oor geslag en patriargie geleer. Dit het my van my eie oortuigings help oorreed, asook my eie leierskapvermoë. Dit het my denkpatroon help vorm.”

Lauren se werk gee haar vollop hoop. “Daar is nou ’n veel groter reaksie op geweld teen vroue. Om in die voorkomingsveld te werk, beteken dat jy geleidelik ’n enorme patriargiestandbeeld aan die voetenend takel. Dit lyk dalk nie of jy ’n groot verskil maak nie, maar uiteindelik gaan daardie standbeeld omval.”

  • Is jy ’n buitengewone alumna wat jou vir geslagsgelykheid beywer? Vertel jou storie vir ons, sodat ons dit in ons volgende publikasie kan plaas. Stuur asseblief jou e-pos aan Sindiswa Jamba by swan@sun.ac.za, en vertel ons (in 100 woorde of minder) wie jy is en hoe jou reis waarde tot hierdie saak kan toevoeg.

More articles

Rekenmeester met ‘n hart vir die gemeenskap

Prof Thuli Madonsela ontvang toekenning van regsopvoeders vir lewenslange prestasie

Die nuut-opgeknapte Neelsie Bioskoop

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!