Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

#Train4Fees-veldtog oor die wenstreep

Studente-atlete aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat finansiële steun verloor het weens die impak van die COVID-19-pandemie, sal binnekort ‘n finansiële hupstoot ontvang nadat sportsterre, afrigters, alumni en vriende van die Universiteit geld ingesamel het om uitstaande klasgelde te betaal.

‘n Totale bedrag van R1, 808, 428 is ingesamel as deel van die US se #Train4Fees-veldtog nadat ‘n ruim skenker daartoe verbind het om fondse wat in Julie en Augustus ingesamel is, op ‘n rand-vir-rand-basis te verdubbel. “Ons is besig met die lys van studente-atlete wat hulp gaan ontvang, maar ons doel is tans om minstens 45 studente te help,” sê Hans Scriba, fondswerwingsbestuurder by die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge.

Volgens Scriba het 109 spelers, personeel en ondersteuners gehoor gegee aan die oproep om deel te neem aan die #Train4Fees-veldtog, terwyl meer as 480 donasies van alumni, ondersteuners en korporatiewe donateurs ontvang is. Voormalige en huidige Maties Sport-, Stormers- en Springbokspelers Pieter-Steph du Toit, Breyton Paulse en Schalk Brits het ook hierdie veldtog ondersteun.

#Train4Fees se jongste fondswerwer, die 5-jarige Michael Allcock, het daarin geslaag om ‘n 50 km-stap te voltooi en het R9 500 ingesamel — amper dubbel sy oorspronklike teiken van R5 000.

“Ons is so dankbaar dat ons breë Maties-familie soveel steun aan ons studente getoon het. Al die moeite die afgelope drie maande, het ons verwagtinge oortref. Dit is wonderlik om in ‘n posisie te wees om hulp aan ons studente te bied, en help ons ook verseker dat geen student agtergelaat word nie,” sê Scriba.

Die 3-maande #Train4Fees-veldtog, wat op 1 Junie 2020 van stapel gestuur is deur Maties Sport en die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, het op 31 Augustus 2020 tot ‘n einde gekom. Ondersteuners kon geld skenk aan enige van die verskillende Matie-sportkodes op die GivenGain-fondswerwingsplatform of self fondse werf deur te hardloop, fiets te ry, te stap of skaatsplank te ry terwyl hulle hul netwerk – familie, vriende, kollegas of bure – vra om ‘n donasie per kilometer te maak.

“Dit wys net dat ons almal met ‘n klein bietjie moeite, ‘n groot verskil kan maak,” voeg Scriba by.

Ilhaam Groenewald, hoofdirekteur van Maties Sport, sê hierdie baie belangrike inisiatief was een van die opwindendste ervarings gedurende die inperkingstydperk. “Dit het ons as ‘n span bymekaar gebring om ‘n positiewe uitslag vir ons atlete te lewer.”

More articles

US ontvang multi-institusionele internasionale navorsingstoekenning van R26 miljoen

Die fasilitering van toegang tot onderwys

#Move4Food: Dankie vir jou deelname aan die Kaapstad Fietstoer

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!