Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Jerobiam gryp geleenthede aan

Jerobiam Julies se vermoë om die meeste van sy geleenthede te maak en om die uitdagings wat die lewe sy kant toe gooi te bowe te kom, het gesorg dat hy sy droomwerk by ‘n internasionale biotegnologiefirma losslaan.

Jerobiam, wat in 2018 sy MSc in Landbouwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, het in 2020 by die Duitse maatskappy R-Biopharm aangesluit. Hy vervul die dubbele rol van internasionale verkoopsbestuurder en verteenwoordiger en sakeontwikkelingsbestuurder vir die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

“Die pos is in my finale jaar van my MSc geadverteer. Aanvanklik was ek onseker of ek daarvoor moet aansoek doen, aangesien ek nie die nodige ondervinding in verkope gehad het nie. Gelukkig, toe ek na die kriteria kyk, het ek besef dat ek oor sekere eienskappe beskik wat die maatskappy soek. Ek het toe besluit om die kans te waag en aansoek te doen,” sê hy.

Die vasberade Jerobiam, wat nog altyd alles nagestreef het wat hy uit die lewe wou hê, maak nie saak hoeveel van ‘n uitdaging dit is nie, het bygevoeg: “‘n Mens moet oop wees vir verskillende werksgeleenthede en nie net gefokus bly op daardie spesifieke werksgeleentheid wat jy nog altyd in gedagte gehad het nie. Die lewe het my op ‘n mooi manier geleer dat jy nie noodwendig opeindig waar jy aanvanklik gedink het jy sou nie. Maar dit beteken nie dat jy nie in staat is om die beste te maak van daardie nuutgevonde geleentheid nie. Soms is so ‘n geleentheid jou voorland omdat jy oor sekere sterk eienskappe beskik waarvan jy nooit eintlik bewus was nie.”

Hy sê hy put groot genot daaruit om vir ‘n maatskappy soos R-Biopharm, wat ‘n verskeidenheid analitiese dienste en oplossings vir kliniese diagnostiek, kos, voer en voedingsorg bied, te werk.

“Ek geniet die wetenskap agter die oplossings wat ons bied en om my perspektief te verbreed deur met mense uit verskillende agtergronde te kan werk. Ek is dankbaar en gelukkig dat ek tot voedselveiligheid kan bydra. My posisie daag my uit om aanpasbaar te wees en strategies te dink. Alhoewel dit soms uitdagend kan wees, geniet ek dit omdat my lewensreis ook een van veerkragtigheid is.”

Jerobiam skryf sy huidige sukses toe aan sy nederige begin in die werksplek.

“Ek het kort ná my MSc as ‘n intern by ‘n wynproduserende fasiliteit in Stellenbosch ingeskryf, waar ek gehelp het met die chemiese- en gehaltebeheer van wyn. Die produksie van wyn, veral in die oesseisoen, lei gewoonlik tot lang ure se werk. Dit het my geduld geleer en om toegewyd te bly tot ‘n einddoel. Ek het ook administratiewe werk vir Matie Gemeenskapsdiens (Sosiale Impak) verrig. Dit het my voorberei om met mense van verskeie hiërargieë en agtergronde te werk – ’n kritieke aspek van my huidige posisie wat meesal draai om die bou en instandhouding van verhoudings.”

Hy sê dat sy studies aan die Universiteit Stellenbosch ook sy passie vir mense en verhoudings, asook sy dapper en outentieke benadering tot die lewe, aangevuur het.

“Ek het my talente uitgeleef as lid van die Universiteitskoor, en dit het ook daartoe gelei dat ek kon reis en meer van die wêreld kon sien. Ek het lewenslange vriende ontmoet wat aansienlik tot my welstand bydra. Die belangrikste is dat die universiteit my toegelaat het om uit te vind wie ek is en wat ek tot die wêreld kan bydra.”

Jerobiam, wat in die Weskusdorpie Darling grootgeword en aan die Sekondêre Skool Schoonspruit op Malmesbury gematrikuleer het, loop inderdaad ‘n suksesvolle pad. Maar hy erken dat hy dit nie op sy eie kon doen nie.

“Darling is ‘n klein dorpie wat baie maatskaplike euwels in die gesig staar. Maar ek was gelukkig dat my ouers altyd die belangrikheid van harde werk, fokus en individualiteit by my ingeboesem het. Ek is oneindig dankbaar vir hul liefde en ondersteuning,” sê hy. 

  • Jerobiam se storie verskyn eersdaags in ‘n digitale publikasie getiteld 35 Onder 35 wat die bekendstelling van YAP – die Universiteit se Jong Alumni Program vier. Hierdie spesiale publikasie laat die kollig val op ‘n uiteenlopende groep alumni onder die ouderdom van 35.

More articles

Eendrag: 2021 Reünie

Pasiënte en genomika-navorsing in Afrika baat by SAMNR se Vroeë Loopbaan-toekenning

US verbeter op THE-wêreldranglys

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!