Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Chris herbelê steeds in US en dorp

Toe Chris Norton in 1991 by die Universiteit Stellenbosch aankom, was hy een van net ’n handvol “rooinekke” op die dorp. “Dit was ’n ongelooflike ervaring om van die baie Engelse kultuur van Grahamstad (Makhanda) en my skoolloopbaan by St Andrews na Stellenbosch toe te kom,” onthou hy.

Ondanks die aanvanklike kultuurskok het hy egter gou tuis gevoel. Trouens, hy het hom so ingeburger dat hy vandag steeds op Stellenbosch woon en aktief betrokke is by die Universiteit en wyer gemeenskap.

“Ek het my Baccalaureus- en Honneursgrade in Geskiedenis verwerf en vir Maties rugby gespeel. Ek word gereeld geterg oor my studiekeuse, en mense vra: ‘Wat op dees aarde kan jy met daardie graad in die sakewêreld doen?’ Maar ek het gedoen waarvoor ek lief was, en dit was ’n ongelooflike ervaring,” sê hy. “My tesis was oor die Inligtingskandaal, en dit het ’n mens destyds ’n heel ander uitkyk op dinge gegee en was vir my ‘n wonderlike leerervaring.”

Die Maties Rugbyklub het gou Chris se tweede tuiste geword. “Ek het vir 12 jaar daar gespeel, wat ’n paar ongelooflike toere na Argentinië, Japan en Brittanje ingesluit het. Ek is uiters passievol oor rugby en dien in die Maties-ondersteunerskomitee en in die raad van die Craven-beursfonds.”

Hy sê hy sal nooit vergeet wat die Maties Rugbyklub hom gegee het nie. “Die klub het my van die beste jare en ervarings van my lewe gegee. Ek het ongelooflike mense ontmoet, is deur van die bestes in Suid-Afrika afgerig, en het op wonderlike plekke gespeel,” sê Chris. “Dít is waarom ons almal moet teruggee en sorg dat Maties Rugby die klub bly wat dit is en toekomstige studente dieselfde en beter ervarings kan bied.” Chris is boonop ’n groot bergfiets-entoesias. Hy bestuur ’n akademie van 15 fietsryers vir die Fairtree Imperial Cannondale-renspan, werk met ontwikkelingsryers in Kayamandi, en is die voormalige eienaar van die BMTfietswinkel op Stellenbosch.

Sy fietsry-liefde het hom gelei om aan vanjaar se Kaapstad-fietstoer deel te neem, en hy het die geleentheid gebruik om die ewekniefondswerwingsveldtog van die US se Kantoor vir Alumnibetrekkinge te ondersteun. “Die Fairtree Imperial Cannondale-renspan het saam met my aan die #Move4Food-inisiatief deelgeneem en onder die Maties-vaandel gery,” sê Chris. “Ons het dit reggekry om geld in te samel vir hierdie ongelooflike inisiatief, wat ons die belangrike les geleer het dat jy, ongeag jou omstandighede, altyd iemand anders kan help.”

Hy bestuur tans die restaurant Casa Cerveza op Stellenbosch, van waar hy bergfietstoere aanbied met sy ontwikkelingsryers as gidse. “Ons bied korporatiewe en individuele toere vanaf Casa aan, en dít is hoe die fietsryers ’n inkomste verdien benewens hulle deelname aan wedrenne,” verduidelik hy.

Hy beskou sy deelname aan verskeie fietsry-inisiatiewe en sy betrokkenheid ter ondersteuning van Maties Rugby as ’n goeie manier om met die gemeenskap én die Universiteit in kontak te bly en aan albei iets terug te gee.

Op die vraag oor sy grootste prestasie in die lewe aarsel Chris nie eens ’n sekonde nie: “My drie seuns. Daar is geen groter vreugde in die lewe as om te sien hoe jou kinders grootword en presteer nie, en ek is regtig trots op ál drie van hulle.” Dan voeg hy grappenderwys by: “As jy enige van die spelers by die Rugbyklub sou vra wat my grootste prestasie is, sou hulle sê dis die feit dat ek ’n vrou gekry het!“

  • Skrywer: Birgit Ottermann
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

‘n Billiker wêreld deur digitale insluiting

Rekeningkundestudent klop gehoorgestremdheid en SAIGR-eksamen

Uitnodiging na ’n vertoning Robert F. Kennedy

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!