Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

“Terugkyk is vorentoe kyk” – die volgende 30 jaar van internasionalisering by die US

Die Universiteit Stellenbosch (US) vier vanjaar 30 jaar van internasionalisering. Terselfdertyd berei US Internasionaal voor vir ‘n eksterne ewekniebeoordeling. Albei behels heelwat terugkyk. Maar terugkyk impliseer ook vorentoe kyk.

Die ewekniebeoordeling sal konsentreer op ons belyning met, en bydrae tot, die US se Visie 2024 en Internasionaliseringstrategie, en die meganismes wat ons geskep het om ons beloftes gestand te doen. Dit bied ons ‘n kans om te wys waar ons trek op ons reis van “beter konsolidasie, groter belyning en sterker vorentoe beweeg” – ons post-Covid-mantra om sowel bestaande as nuwe geleenthede so goed moontlik vir die mense van US Internasionaal én die groter Universiteitsgemeenskap te benut.

In ons voorbereiding vir die beoordeling het ons reeds die volgende vasgestel:

  • Nuwe US-entiteite soos die SDG/2063 Hub, die Eenheid vir Internasionale Kwalifikasies en die Japan-sentrum sowel as ons skakeling met die Gilde van Europese Navorsingsintensiewe Universiteite ondersteun die Universiteit se strewe om “’n trotse Afrika-kennissentrum [te wees] wat die vasteland deur middel van navorsing, innovasie en onderwys dien”. Elk van hierdie entiteite dra ook uit eie reg by tot die US se volhoubaarheid as “’n nasionale bate wat in die uiteenlopende behoeftes van ons gemeenskappe voorsien”.
  • US Internasionaal bevorder aktief die agt dimensies van die Universiteit se Internasionaliseringstrategie. Ons versterk ons bilaterale en multilaterale navorsingsamewerking om méér as blote transaksionele vennootskappe te wees en om ware transformasie teweeg te bring. Daar is ook heelwat moontlikhede om internasionaal genetwerkte leergeleenthede by ons vennootskappe in te sluit.
  • Verskeie belanghebbendes bly gretig om die US te besoek om bestaande geleenthede te versterk en nuwes te ondersoek, terwyl ons eie internasionale besoeke selfs verdere belangstelling wek. Die kernvraag hier is: In watter mate volg ons dit op en voer ons dit deur?
  • Ons is die ene afwagting om te sien wat ons eerste jaar op internasionale studentebemarkingsplatforms oplewer. Hoeveel klikke het tot aansoeke en toelatings gelei? Hoeveel aansoekers sal uiteindelik in 2024 registreer? Kon ons daarin slaag om ons 4,2% internasionale voorgraadse registrasies te verhoog? En het dit ‘n impak gehad op die US se belofte van toegang aan Suid-Afrikaanse studente?
  • Ook die portefeulje vir bilaterale vennootskapsontwikkeling in Afrika het ‘n aantal geleenthede om vennootskappe van transaksioneel in transformerend te omskep, onder andere deur die UMOJA-studenteleierskapsinisiatief, SDG/2063-perspektiewe en die ontwikkeling van akademieskap. Daar is dalk selfs moontlikhede om sekere samewerkings in tematiese bilaterale vennootskappe te verander en sodoende fokus te verskerp.
  • Inwaartse Study Abroad- (Free Mover-)getalle het verhoog as gevolg van die US se interaksie met die Franse bestuurskool SKEMA. In watter mate kan hierdie portefeulje verder uitbrei om die finansiële volhoubaarheid van beurse vir uitwaartse mobiliteit en die handhawing en versterking van US Internasionaal se diensleweringsplatform te verseker?
  • Ons maak ook vordering met ons diensbillikheidsprofiel. Hoe omskep ons nou hierdie verbintenis in ‘n meer diverse kohort uitwaartse mobiliteitstudente? Sal dit méér vereis as ‘n blote verhoging in die reisbeursbedrag?
  • Ons het ‘n aansienlike portefeulje korttermynmobiliteitsprogramme. Verdere groei sal kapasiteitsuitbreidings noodsaak. ‘n Moontlikheid wat die moeite werd is om te ondersoek is om hierdie programme in die oorhoofse Globale Onderwysprogram te integreer en so tot ons globale studenteleeruitkomste by te dra.
  • Boonop vorder ons met die skep van internasionaliseringsgeleenthede vir professionele administratiewe steundienstekollegas. Die idee dat jy in enige omgewing ‘n “internasionaliseringspraktisyn” kan wees, raak al hoe gewilder. Hoe gaan ons voort om buite US Internasionaal ‘n algemener begrip en aanvaarding van internasionalisering by die Universiteit te fasiliteer?
  • As ons terugkyk op ons mylpale in die ontwikkeling van akademieskap, het ons duidelik al ‘n ver pad gestap. In watter mate moet ons egter méér doen as om vermoë in die PhD-pypleiding te bou? En hoe maak ons hierdie pogings deel van ons werk in multilaterale Afrikanetwerke?

Op grond van hierdie bevindinge kyk ons nou vorentoe:

  • Om alle globale onderwysinisiatiewe onder die Globale Onderwysprogram saam te groepeer sal beter konsolidasie tot gevolg hê.
  • Die verdere versoening van ons nuwe inisiatiewe met die US se strewes, en die ontwikkeling van ons internasionale voorgraadse bemarking as deel van ons oorhoofse institusionele studentewerwingspogings, sal tot groter belyning lei.
  • Die optimale ontwikkeling van elke Afrikavennootskap, ‘n tussentydse beoordeling van die vennootskapsraamwerk, en die uitbreiding van die diversiteitsprofiel van ons uitwaartse studentekohort, sal ons sterker vorentoe laat beweeg.

Ons sien daarna uit om met die eksterne beoordelingspaneel in gesprek te tree. Dit sal ons help om ons reaksie op die reeds bekende moontlikhede te verfyn, en om ‘n gepaste benadering te skep tot geleenthede wat nog lê en wag.

As US Internasionaal, is ons gereed om te leer uit die beoordelingsproses, wat insluit leer by mekaar, by die beoordelingspaneel, en by interne belanghebbendes. Sodoende sal ons gesamentlik nuwe mylpale en nuwe moontlikhede kan skep vir US Internasionaal én die groter Universiteitsgemeenskap vir die volgende 30 jaar.

 

Robert Kotzé

21 Augustus 2023

More articles

Veelvuldige mosies van vertroue in die US

Internasionale simposium onder leiding van die US steun ‘Die lewe ná TB’

Dankie vir jou donasie aan Huis ten Bosch

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!