Prof. Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, gaan Sondag, 12 Maart 2023, sy uithouvermoë by vanjaar se Kaapstad-fietstoer beproef.
‘n Groep fietsryers, insluitende Universiteitswerknemers, studente, alumni, en veglustige vriende van die Universiteit, is bereid om die speke te laat sing.
Hierdie is natuurlik die grootste tydhou-fietswedren ter wêreld – ‘n uithalergeleentheid om dan ook fondse in te samel ten bate van die student-gedrewe #Move4Food-inisiatief, wat nou ook deel is van die Universiteit se Bridge the Gap Jaarfonds.
Die #Move4Food-fietsryspan het hul fietsryhemde op Donderdag, 9 Maart 2023 by die Alumni-klubhuis by Die Stal ontvang.
Geen student kan op hul hoogste vlak presteer terwyl hy honger is nie. En ons Matie-gemeenskap ondersteun heelhartig die #Move4Food-veldtog.
Jy kan prof Wim en die #Move4Food-span steun deur ‘n skenking aan hierdie verdienstelike doel te skenk.
Besoek https://www.givengain.com/cc/su100/ om #Move4Food te help.