Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Covid-19: Ons staan saam

Beste Alumnus

Die ongekende COVID-19-pandemie het die wêreld, soos ons dit ken, op sy kop kom draai. Ons hoop dat jy veilig is en dat ons almal deur hierdie moeilike tydperk sal kom met ‘n hernude gevoel van solidariteit.

Onderskeie regerings het drastiese maatreëls getref om die verdere verspreiding van die coronavirus te stuit, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Ons 21 dae-inperkingstydperk soos aangekondig deur President Cyril Rampahosa het om middernag op 26 Maart in werking getree. Weens die groot onsekerhede en onbekendhede kan die Universiteit Stellenbosch (US) nie voorspel wat met die COVID19-baan in die komende weke gaan gebeur nie. Daarom het die hoëronderwyssektor beide die korttermyn- en mediumtermyn-scenario’s oorweeg en besluit om Maandag 20 April 2020 die voorlopige aanvang van die tweede kwartaal te maak.

Vir die Universiteit Stellenbosch beteken algehele inperking dat alle kampusgeboue, met die uitsondering van ‘n paar, ontoeganklik sal wees totdat die president die inperking amptelik ophef. Akademiese personeel sal intussen hul onderrigmateriaal aanpas om dit van 20 April af ten volle aanlyn aan te bied. Ons sal voortgaan om alles in ons vermoë te doen om die akademiese program aan die gang te hou en om aan studente toegang tot hoëgehalte leergeleenthede te gee.

Die Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge-span werk tans almal van hul huise af maar ons hou die kommunikasiekanale oop om jou op hoogte te hou en is telefonies en aanlyn beskikbaar om vrae te beantwoord gedurende hierdie periode. Oor die volgende paar weke sal ons ook planne beraam om jou na virtuele geleenthede te nooi sodat ons almal kontak kan behou. Hou gerus hierdie spasie dop…

Op ‘n interessante noot — namate die wêreld verder deur die COVID-19-pandemie geraak word, het US-navorsers reeds hul hulp aangebied in die stryd teen die virus, brood gebruik om hand reiniger te maak en kragte saamgesnoer met ‘n biotegnologie-maatskappy in die hoop om by te dra tot die behandeling van pasiënte.

Ons sien uit daarna om jou op hoogte te hou in die komende weke en soos altyd verwelkom ons jou betrokkenheid. Moet asseblief nie huiwer om ons by alumni@sun.ac.za te kontak nie.

Wees asseblief versigtig, gee gehoor aan al die voorsorgmaatreëls in hierdie tydperk en onthou om gereeld die Universiteit se COVID-19-webwerf ?te besoek as ‘n bron van betroubare inligting oor ons maatreëls, asook vir algemene inligting oor die voorkoming van die siekte.

Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.

Met hartlike groete,

Karen Bruns
Senior Direkteur: Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge
Universiteit Stellenbosch

More articles

Boeke: Die Spore van Gert Saggiestrap

Covid-19: US-navorsers verander ou brood in handreiniger

Covid-19-impak kon minder verwoestend gewees het as populasies gesonder was: studie

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.