Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Covid-19 vergroot risiko vir komplikasies en sterfte vir swanger vrou in Afrika suid van die Sahara

Swanger vroue in Afrika suid van die Sahara wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem word, sterf teen ʼn veel hoër koers as swanger vroue sonder Covid-19 en Covid-19-pasiënte wat nie swanger is nie. Dit is volgens die uitslae van ʼn multisentrumstudie wat ses Afrikalande insluit. Die navorsing is vandeesweek in die joernaal Clinical Infectious Diseases gepubliseer en is gelei deur ʼn infeksiesiekte epidemioloog by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) en die Universiteit van Pittsburgh se Skool vir Openbare Gesondheid.

Die uitwerking wat Covid-19 op swangerskap het, is al in detail bestudeer in hoër-inkomste lande, soos die Verenigde State, maar daar is ʼn tekort aan studies van soortgelyke grootte en bestek uit lae- en middel-inkomste lande en nie-Westerse omgewings. Die bevindinge van dié nuwe studie bevestig dat swanger vroue ʼn grootter risiko loop vir komplikasies en sterftes weens Covid-19, en moet daarom saam met ander hoë-risiko groepe geprioritiseer word vir Covid-19-inenting in Afrika suid van die Sahara.

“Ons bevindinge dui daarop dat swanger vroue in Afrika suid van die Sahara wat met Covid-19 in die hospitaal opgeneem word ʼn twee- tot vyf-keer grootter risiko loop om intensiewe sorg te benodig en te sterf, in vergelyking met swanger vroue wat sonder Covid-19 gehospitaliseer word,” het die hoofouteur Jean B. Nachega, MD, PhD, MPH, ʼn medeprofessor in infeksiesiektes en mikrobiologie en epidemiologie aan die FGGW en Pitt Openbare Gesondheid gesê. “Ons moet dringend swanger vroue en hoë-risiko groepe prioritiseer vir Covid-19-inentingsprogramme in Afrika.”

Die studie het na die uitkomste van meer as 1 300 vroue pasiënte van kinderbarende ouderdom gekyk wat tussen Maart 2020 en Maart 2021 gehospitaliseer is in een van ses lande: die Demokratiese Republiek van die Kongo, Ghana, Kenia, Nigerië, Suid-Afrika en Uganda. Hierdie studie het na drie spesifieke kategorieë gekyk: swanger vroue met Covid-19, nie-swanger vroue met Covid-19 en swanger vroue sonder Covid-19.

Die navorsers het bevind dat die koers van opname in die intensie sorgeenheid (ISE) en die gebruik van aanvullende suurstof, ten minste tweemaal hoër was, en die sterftesyfer vyf-maal hoër was vir swanger vroue met SARS-CoV-2.

Afrika suid van die Sahara het ook ʼn hoër voorkoms van tuberkulose (TB) en MIV as ontwikkelde lande soos die Verenigde State, en studies wat gepubliseer is oor Covid-19 by mense met hierdie kroniese infeksies het uiteenlopende resultate. Daarom het die span ook die impak van hierdie infeksies in hulle studiebevolking ondersoek. Onder deelnemers aan die studie het swanger vroue sowel as nie-swanger vroue met MIV of ʼn geskiedenis van TB ʼn tweemaal hoër risiko geloop vir opname in die ISE.

“Swanger vroue in hul derde trimester is veel ernstiger geraak as vroue vroeër in hul swangerskap as hulle Covid-19-longontsteking ontwikkel het – dit is waarskynlik weens die impak van die uterus en die groeiende baba op die moeder se asemhalingsfunksie,” het die hoof verloskundige studieleier, dr Eduard Langenegger gesê. Hy is ʼn verloskunde kritieke sorg en moeder-foetus geneeskundige spesialis by die Tygerberg-hospitaal en Universiteit Stellenbosch. Aan die begin van die pandemie het die Tygerberg-hospitaal ʼn toegewyde Verloskunde Covid-19-eenheid gestig om swanger vroue met ingewikkelde Covid-19-komplikasies te bestuur. “Sowat ʼn derde van die vroue wat opgeneem is met Covid-19-longontsteking was lewensgevaarlik siek en het asemhalingsondersteuning en kritieke sorg benodig, en ongelukkig het baie gesterf.

“Covid-19 het ook die ongebore baba geraak, en hulle is geneig tot premature geboorte en ontwikkel ander komplikasies. As die moeder onstabiel word kan haar baba ʼn tekort aan suurstof ervaar wat tot breinskade en intra-uterus dood kan lei,” het Langenegger gesê.

Nachega het gemerk dat nieteenstaande onlangse vooruitgang in die toename in Covid-19-entstofvoorraad in Afrika, inentingsweifeling en valsinligting oor openbare gesondheidsriglyne ʼn globale kwessie is, en dat Afrika geen uitsondering is nie. In ʼn artikel wat saam met die studie gepubliseer is, het Nachega en sy medenavorsers beklemtoon dat hierdie groep geteiken moet word vir inenting om moeder- en kind uitkomste te verbeter.

“Covid-19-inentingsweifeling en lae opname van die entstof in swangerskap sluit vals- en waninligting op sosiale media en ander platforms in, wat die publiek mislei oor die newe-effekte, soos infertiliteit en dat dit skadelik vir die fetus is,” het Nachega gesê. “Saam met die toekenning van hulpbronne vir die bevordering van inenting moet ons ook hard daaraan werk om die verspreiding van valsinligting te keer.”

Langenegger sluit af: “Komplikasies, insluitend sterfte, is baie hoër in swanger vroue met Covid-19. Inenting is veilig en red moeders en babas. Dit is van uiterste belang dat geskikte swanger vroue ingeënt moet word om hulleself en hulle babas te beskerm.”

Lede van die African Forum for Research and Education in Health se Covid-19 Navorsingsamewerking oor Covid-19 en Swangerskap was ook betrokke by die studie en word gelys in die Clinical Infectious Diseases artikel.

Die navorsing is ondersteun deur ʼn toekenning (1R25TW011217-01) van die National Institutes of Health Fogarty International Centre.

Foto-onderskrif: Prof Jean Nachega en dr Eduard Langenegger.

More articles

Wêreldbekende bekroonde koor

Havenga Prys in lewenswetenskappe toegeken aan US mikrobioloog, Prof. Gideon Wolfaardt

Rachel’s Angels genomineer vir TV-toekenning

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!