Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het in 2021 die versameling van oudregter Edwin Cameron ontvang. Die versameling word gehuisves as deel van Spesiale Versamelings in die Biblioteek en is nou gereed vir gebruik deur navorsers.
Regter Cameron is as Kanselier van Stellenbosch Universiteit ingestel in 2020. Edwin Camering SCOB, gebore 15 Februarie 1953 in Pretoria, is ‘n voormalige regter wat as Regter van die Konstitutionele Hof van Suid-Afrika gedien het. Hy is bekend vir sy HIV en gay aktivisme. President Ramaphosa het hom as Inspekterende Regter van Korrektiewe Dienste aangestel vanaf 1 Januarie 2020.
Cameron se vroeë loopbaan het die akademie en regspraktyk kombineer. Hy het by die Johannesburgse Balie gepraktiseer vanaf 1983 tot 1994. Vanaf 1986 was hy ‘n menseregte prokureur by Wits se Sentrum vir Toegepaste Regstudies waar hy in 1989 ‘n professoraat in regte toegeken is. Sy praktyk het ingesluit arbeidswet, verdediging van ANC vegters wat van verraad aangekla is, gewetens- en godsdiensbeswaar, grondbesit en gedwonge verwyderings en gay gelykheid.
Regter Cameron is ‘n alumnus van Universiteit Stellenbosch en in sy aanvaardingstoespraak het die volgende gesê: “The joy of being associated with the University that is so clearly on the way up – up in intellectual output, up in teaching skills, up in research and scholarly publications, up in international renown, up even (though this counts the least) in international ranking. Joy particularly in being able to preside over quite a number of graduation ceremonies over the last two and a half years. It has been an honour to confer degrees and witness elated students graduating, some the first in their families to attend a tertiary institution” (Cameron, 2022).
Die Cameron versameling pryk langs ander versamelings van US Kanseliers soos Frederik van Zyl Slabbert. Die versameling is sorteer en geindekseer en ‘n inventaris is hier beskikbaar. Die versameling bevat publikasies en toesprake deur Cameron sowel as materiaal oor sy vrywillige gemeenskapsdiens. Dit bevat ook materiaal rakende sy loopbaan en jare as Regter van die Konstitutionele Hof van Suid-Afrika. Ons nooi student, navorsers en lede van die publiek uit om hierdie unieke versameling, wat op 6 Desember vanjaar bekendgestel word, te besigtig.
Vir navrae oor die versameling, kontak asseblief Me Marieta Buys, Hoof: Spesiale Versamelings (hmbuys@sun.ac.za).
Bibliografie:
Cameron, E. 2022. Stellenbosch University deserves to be free from hate and degradation. News24. [Online]. Available from https://www.news24.com/news24/opinions/columnists/guestcolumn/edwin-cameron-our-dignity-demands-we-have-capable-institutions-and-a-capable-government-20220518.