Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

De Oliveira en Moyo ontvang Duitse Afrikatoekenning 2022

​In nóg ‘n historiese prestasie vir die Universiteit Stellenbosch (US) is nie een nie, maar twee wetenskaplikes verbonde aan die instelling – prof Tulio de Oliveira en dr Sikhulile Moyo – as ontvangers van vanjaar se Duitse Afrikatoekenning aangewys. Die toekenning is deur die Duitse Bondskanselier, ​​Olaf Scholz, oorhandig.

Die toekenning volg enkele maande nadat die wetenskaplikes ook by vanjaar se TIME 100-lys van die invloedrykste mense ter wêreld ingesluit is.

De Oliveira is ‘n professor in Bioinformatika in die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke én in die fakulteite Natuurwetenskappe sowel as Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Moyo is op sy beurt ‘n US-alumnus wat in 2016 sy PhD in Geneeskundige Virologie verwerf het. Hy dien tans as laboratoriumdirekteur van die Botswana Harvard Vigsinstituutvennootskap (BHP).

Die twee wetenskaplikes word vir hulle werk op die gebied van genomika en epidemiologie erken. Hulle was in November 2021 die leiers van die multidissiplinêre span wat die Omicron-variant van SARS-CoV-2 ontdek het, wat daarna vinnig die dominante Covid-variant wêreldwyd geword het.

Die toekenning

Die Duitse Afrikastigting verleen sedert 1993 die Duitse Afrikatoekenning aan voortreflike individue van Afrika wat spesiale bydraes tot demokrasie, vrede, menseregte, volhoubare ontwikkeling, navorsing, kuns en kultuur of maatskaplike kwessies op die vasteland lewer. Die pryswenners word jaarliks deur ‘n onafhanklike paneel van 20 beoordelaars gekies.

Volgens De Olivieria beklemtoon die Duitse Afrika-toekenning die feit dat werk van wêreldgehalte, soos navorsing oor aansteeklike siektes, in Afrika gedoen kan word. “Dit maak ‘n einde aan die siening dat wanneer jy aan Afrika dink, jy net aan armoede en die gebrek aan tegnologie, ensovoorts dink. Suid-Afrika was tydens die wêreldwye pandemie ‘n internasionale leier in wetenskaplike navorsing. Met die regte belegging kan jy sentrums van uitnemendheid skep wat ‘n reuse-invloed op die hele wêreld kan hê en selfs die hele wêreld kan beskerm. Wetenskap en tegnologie op ‘n hoë vlak kan in Suid-Afrika gelewer word en kan ‘n groot invloed nie net op gesondheid nie, maar ook die sakesektor hê. Soms moet ons onsself laat geld, soos die geval was met die opsporing van Omikron, waar ons navorsing eers in Europa herhaal moes word om dit te bewys.”

Kundigheid en eerbewyse

‘n Verklaring deur die stigting lui soos volg: “De Oliveira en Moyo is skitterende voorbeelde van kundigheid, integriteit en moed, en ook ‘n bewys van wat baie in Duitsland en Europa nie glo moontlik is nie vanweë die heersende verwronge beeld wat van Afrika geskep word: dat mediese navorsing van topgehalte ook in Afrika tuis is, en dat die vasteland gedurende die wêreldwye pandemie suksesvolle krisisbestuur aan die dag gelê het waarby Europa kan en moet leer.”

De Oliveira is die stigtersdirekteur van die Universiteit se nuwe Sentrum vir Epidemiereaksie en -innovasie (CERI), waarvoor hy reeds meer as R300 miljoen in finansiering bekom het. CERI is geleë in die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke en funksioneer vanuit die ultramoderne Biomediese Navorsingsinstituut by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe op die US se Tygerbergkampus sowel as uit kantore op Stellenboschkampus. Hy het al etlike toekennings en eerbewyse ontvang. Dít sluit in die goue medalje van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister se spesiale Covid-19-toekenning by die sewende nasionale Batho Pele-uitnemendheidstoekennings in Maart 2022, en insluiting by die Massachusetts Instituut vir Tegnologie se prestigeryke Technological Review-lys van die voorste tien tegnologiese deurbrake van 2022.

Moyo is, benewens sy pos by BHP, ook ‘n navorsingsgenoot van die Harvard T.H. Chan Skool vir Publieke Gesondheid, en deeltydse senior dosent aan die Universiteit van Botswana. Hy dien sedert die uitbreking van die pandemie in Botswana se presidensiële Covid-19-taakgroep en gaan voort om tot daardie land se nasionale reaksie by te dra. Boonop is hierdie baanbreker op die gebied van MIV-navorsing ‘n voormalige medevoorsitter van die komitee vir laboratoriumtegnoloë van die internasionale groep vir kliniese vigsproewe (ACTG) en die internasionale netwerk vir kliniese vigsproewe onder ma’s, babas en adolessente (IMPAACT).

Een van sy grootste bydraes tot dusver was op die navorsingsterrein van moeder-tot-kind-oordrag van MIV. Sy werk het ‘n beduidende impak gehad op die voorkoming van MIV-oordrag, die verbetering van geboorte-uitkomste, MIV-voorkoms, -diversiteit en-middelweerstandigheid, en verskeie patogeengenomikaprojekte met betrekking tot hepatitis, die norovirus, sapovirus, menspapilloomvirus sowel as tuberkulose. Hy is ook ‘n lid van die beheerkomitee van die PANGEA-MIV-netwerk, wat die dinamiek van die MIV-epidemie ontleed en die bevindinge omskep in inligting wat gebruik kan word om doeltreffender intervensies te beplan

Prof Wim de Villiers, die US se Rektor en Visekanselier, sê hierdie erkenning het weer eens bevestig dat prof De Oliviera en dr Moyo internasionale leiers op hulle vakgebied is.

“Hulle navorsing en die ontdekkings wat daaruit voortgevloei het, het regerings wêreldwyd in staat gestel om wetenskapgebaseerde besluite oor Covid-19 en die Omikron-variant te neem. Hierdie toekenning maak al hulle harde werk die moeite werd en bevestig net weer hulle kundigheid. Die Universiteit Stellenbosch is uiters trots op hulle prestasie en sal voortgaan om baanbrekersnavorsing moontlik te maak wat ‘n werklike verskil in die wêreld maak.

“Hierdie soort toekennings stel hoëronderwysinrigtings in Afrika in staat om toekomstige geslagte vakkundiges en intellektuele leiers op die vasteland te kweek.”
* Oorspronklike mediaverklaring verskaf deur die Deutsche Afrika Stiftung / Duitse Afrikastigting.

 

  • Photo: Federal Chancellor Olaf Scholz (middle) presented the German Africa Award to bioinformatician Prof. Tulio de Oliveira of Stellenbosch University, South Africa, and virologist Dr. Sikhulile Moyo of the Botswana Harvard AIDS Institute Partnership at the Allianz Forum in Berlin on Friday evening, 25 November 2022. Photo credit: © Heidi Scherm, German Africa Foundation ​​

More articles

Alumna se kuns bring hoop by die US se vlagskip-GBG-fasiliteit in Idasvallei

Ukwanda: FGGW se droom van twee dekades gelede word vervul

Eerste kohort van Future17-inisiatief voltooi kursus

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!