Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Terugvoer – SAMRK-verslag oor taal

By sy vergadering van Maandag 17 April 2023 het die Raad van die  Universiteit Stellenbosch (US) kennis geneem van en saamgestem dat daar aspekte in die verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) oor taal in US-koshuise gedurende die verwelkomingstydperk in 2021 is waarop die Universiteit moontlik vollediger sal wil reageer en moontlik selfs wil betwis. Die Universiteit beoog egter nie om die inwerkingstelling van die kern van die SAMRK se regstellende optrede en aanbeveling tot die datum wat die Kommissie bepaal het (13 Mei 2023) te vertraag nie.

Die US herhaal ook sy vorige verklarings dat die soort optrede wat in die SAMRK se verslag uiteengesit is en wat die gebruik van Afrikaans in koshuise beperk het, verkeerd is en nooit moes plaasgevind het nie. Soos die SAMRK aangedui het, sou die Universiteit se Taalbeleid nie toegelaat het dat enige student verhoed word om om die taal van hulle keuse in koshuise te praat nie. Die US win tans regsadvies in oor aspekte van die SAMRK-verslag, waarna dit volledig op die verslag sal kommentaar lewer. Die Universiteit verwelkom egter die SAMRK se bevinding dat daar nie “’n flagrante en gekonsentreerde verbod op Afrikaans was wat deur ‘n gesamentlike poging van die US en sekere individue in die bestuur aangevuur en gemotiveer is om Afrikaans by die US uit te roei nie”.

Die US vra alle studente in die koshuise Minerva en Irene wat deur praktyke gedurende die verwelkomingsweek in 2021 geraak is en wat gevoel het hulle menseregte en waardigheid is aangetas deur nie Afrikaans in ‘n sosiale konteks te kon praat nie, onomwonde om verskoning.

Hoewel die Universiteit omvattende opleiding vir studenteleiers oor die toepassing van die Taalbeleid ingestel het en hierdie opleiding vanjaar versterk is, sal die Universiteit voortgaan met hierdie opleiding. Ons bevestig terselfdertyd ons verbintenis tot ‘n meertalige, multikulturele universiteit wat menseregte en waardigheid respekteer en waar al ons belanghebbers welkom voel. Die US Senaat ondersteun hierdie st​ap.

More articles

Bespreking tydens Woordfees ondersoek die kompleksiteite van Kleurling kultuur

#EndGBV: Die aanvuur van sosiale geregtigheid is deel van haar DNS

Nominasie van Uitvoerende Komitee

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!