Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Prof Wim gereed vir Kaapstad-fietstoer ten bate van #Move4Food

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) gaan die speke op Sondag 10 Oktober laat sing tydens vanjaar se Kaapstad-fietstoer. ‘n Span van 19 fietsryers bestaande uit alumni, personeel, studente en langasemvriende van die Universiteit is slaggereed om saam die pas aan te gee.

Hierdie is natuurlik die grootste tydhou-fietswedren ter wêreld – ‘n uithalergeleentheid om dan ook fondse in te samel ten bate van die student-gedrewe #Move4Food-inisiatief, wat nou ook deel is van die Universiteit se Bridge the Gap Jaarfonds.

Laat ons eers by hierdie veldtog brieke aanslaan.

“#Move4Food se doel is om voedselnood onder studente op die US se kampusse te verlig. En die nood is natuurlik deesdae meer dringend as ooit. Sedert 2018 is die veldtog op verskeie maniere goed ondersteun, maar voedselonsekerheid is nou eenmaal ‘n kwessie wat daagliks aandag moet geniet,” sê Siya Ndlovu, eweknie-fondswerwer by die US se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge.

“Daar is ‘n algemene opvatting dat studente aan die Universiteit Stellenbosch ten volle gefinansier word, maar dit is nié die geval nie. Baie studente het gebrekkige toegang tot basiese behoeftes soos kos en toiletware. Die doelwit is steeds om ‘n volhoubare model te voorsien wat studente waardige, stigmavrye toegang tot noodsaaklikhede bied, en om die kultuur van ubuntu onder studente verder te versterk,” voeg hy by.

Met die ondersteuning van vrygewige skenkers is daar vanaf 2018 reeds R1.4miljoen ingesamel.

Prof De Villiers, wat slegs ʼn paar weke gelede die 88km Londen-na-Brighton-Fietsrit ten bate van die ten bate van die VK/EU-beursfonds aangepak het, sê hy is slaggereed vir hierdie ikonies fietstoer. “Opdragte, toetse en buitemuurse aktiwiteite plaas studente onder groot druk, maar niks vergelyk met wanneer jy nie weet waar jou volgende maaltyd vandaan kom nie. Geen student kan sy volle potensiaal op ‘n leë maag bereik nie. #Move4Food het my volle ondersteuning en ook die van Matie-mense in die breë.”

Om #Move4Food te ondersteun, besoek asseblief: https://www.givengain.com/cc/su100/

More articles

Sakeleiers inspireer OPTIMUS-studente van 2022

Krotoa-toneelstuk en -deelnameproses

Konvokasie: Jaarvergadering

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!