Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Die Universiteit Stellenbosch bring hulde tydens Mandela maand 2023

Vanjaar was 25 Julie die amptelike dag waarop die Universiteit Stellenbosch (US) Mandela-dag herdenk het. Die Afdeling Sosiale Impak, die Transformasiekantoor, die Afdeling Menslike Hulpbronne (Werknemerswelstand), die US Taalsentrum, die Sentrum vir Studentegemeenskappe en die Studenteraad (SR) het die personeel en studentegemeenskap van die US genooi om te besin, deel te neem en saam te werk deur ‘n oproep tot aksie op Nelson Mandela Internasionale Dag 2023 met die tema “Klimaat, Voedsel en Solidariteit”.

By die US wil ons veel meer as net 67 minute aan Mandeladag wy en daarom benadruk ons vanjaar die behoefte aan volhoubare voedselomgewings op ons kampus, asook die noodsaaklike verband tussen personeel‑ en studentewelstand en aktiewe burgerskap.

‘n Belangrike prioriteit vir die Universiteit is toegespits op voedselsekerheid:

“By die Universiteit Stellenbosch (US) glo ons dat geen student belas moet word met die spanning van voedselonsekerheid nie en om hierdie rede het die Universiteit langtermyn‑ en volhoubare voedselsekerheidprogramme geïmplementeer waartoe alle studente toegang kan kry (Universiteit Stellenbosch, 2023[1]). Die oggend het ‘n aantal toesprake ingesluit deur personeel en studente van die Afdeling Sosiale Impak, die Sentrum vir Studentevoorligting en -Ontwikkeling (SSVO) en die SR. Kwessies soos die kritieke behoefte aan volhoubare voedselomgewings en welstand is benadruk, terwyl voorstelle gedeel is oor hoe ons hierdie noodsaaklike behoeftes gesamentlik kan prioritiseer in ons studentegemeenskap om ‘n positiewe impak op ons gemeenskappe en die samelewing te hê op maniere wat transformerend is.

Die Direkteur van die SSVO, Charl Davids, het die klem op voedselonsekerheid tydens die Covid-19‑pandemie laat val en ons herinner aan die lang toue wat in dié tyd in verskeie gemeenskappe dwarsdeur Suid-Afrika gevorm het. Voedselonsekerheid is ‘n belangrike maatskaplikegeregtigheid‑kwessie wat nie net die US nie, maar alle hoëronderwysinstellings raak. Daarom moet ons ‘n kollektiewe benadering volg om dit aan te pak, iets wat volhoubaar is en verseker dat geen student honger ly nie. Die benadering wat ons gebruik moet die waardigheid van elke student verseker en nooit ‘n student in nood laat voel dat hulle met hul armoede te koop loop nie.

Die Voorsitter van die SR, Masilo Silokazi, het verwys na die belang van Victoriastraat en die “Droomwandeling” vir elke student en die gedagte dat hierdie straat met ‘n verlies aan potensiële sukses en die verwesenliking van ‘n studente se aspirasies geassosieer kan word wanneer studente akademiese struikelblokke weens voedselonsekerheid, behuisingsuitdagings, of finansiële probleme ervaar. Ná oorlegpleging met ander universiteite oor die sektor heen is daar besef dat die US institusioneel meer kan doen om voedselonsekerheid te verlig. Een opsie is die vestiging van varsproduktetuine met werknemers en studente van die US aan die stuur. Die doel moet wees om dit ‘n uitdaging te maak dat elke fakulteit tot die tuin bydra op ‘n manier wat vaardighede benut wat in klasse aangeleer is. Deur die betrokkenheid van die fakulteite is die lewensduur van die inisiatief verseker en word ‘n gesamentlike verantwoordelikheid op alle studente geplaas om tot veranderings aan die US by te dra.

Die SR vir die portefeulje Studentewelstand en ‑leierskapontwikkeling, Prince Qengqa, het besin oor wat studente se geleefde ervarings alles behels met die doel om die nodige verligtingsteun te kan bied. Hy sê dit vereis samewerking, solidariteit, en als wat nodig is om menswaardigheid te beskerm.

Dr Jerome Slamat van die Afdeling Sosiale Impak het benadruk dat studente ons daaraan herinner dat ons ‘n gesamentlike verantwoordelikheid het om te verseker dat die talent aan die US verwesenlik word en dat die drome wat by die US se Droomwandeling gedeel word, hier op Matieland bewaarheid word. Selfs die mees talentvolle geeste kan nie op ‘n leë maag funksioneer nie.

Volgens die Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, dr Leslie van Rooi, het die Mandeladag-pogings by die US wegbeweeg van ‘n kom ons doen goed sodat ons goed voel vir 67 minute, na iets meer betekenisvol, en daar word besef dat dit altyd so moet wees, maar dit moet ook spesifiek so wees om ons te herinner aan wat gedoen moet word.

Volgens die Adjunkdirekteur Sosiale Impak, Renee Hector-Kannemeyer, is studente- en personeelwelstand aan die US noodsaaklik vir die bevordering van akademiese sukses, persoonlike ontwikkeling, en ‘n florerende kampusgemeenskap. Deur te reageer op die herhaalde studenteversoeke om voedselonsekerheid uit ‘n strukturele perspektief aan te pak sal baie daartoe bydra om ‘n transformerende studente-ervaring vir alle Maties te verseker.

Die Mandeladag‑program is goed ondersteun deur die personeel en die studente. Die aktiwiteite by die gewilde Endler‑voorportaal het tot die gesellige atmosfeer bygedra met persoonlike optredes deur kunstenaars; ‘n koffie‑ en pannekoek‑stasie; ‘n ruimte waar gesondheidsifting gedoen is; masseerhokkies (vir hande, skouers en kop) om die sintuie te vernuwe; en ‘n CoCreate Hub‑koepon.

Al die items wat by die onderskeie fakulteite, departemente, omgewings en individue ingesamel is, is op die boonste verdieping van die Endler‑voorportaal uitgestal. Daar was altesaam 145 bokse met niebederfbare voedsel en toiletware, 67 sakke gevul met niebederfbare voedsel, toiletware en boeke, asook 7 komberse.

Ons pogings tydens vanjaar se Mandela‑dag het tot die verlening van broodnodige steun en verligting bygedra. Studenteleiers van Sosiale Impak het altesaam 124 bokse niebederfbare goedere en toiletware aan verskillende koshuise en omgewings versprei. Verder is altesaam 21 bokse, 67 sakke, en 7 komberse verskaf aan die kantoor van me Lizzy Witbooi, die maatskaplike werker by die Sentrum vir Studentevoorligting en ‑Ontwikkeling, wat dikwels die eerste kontakpunt vir studente in nood is. Om te verseker dat die Legacy Lives‑geleenthede voortgaan, is betrokkenheid met verskeie gebeure op Mandela‑dag in Juliemaand gevier, onder meer ‘n toebroodjieveldtog, ‘n amptelike lesing op Mandela‑dag wat heelwat stof tot nadenke gebied het, ‘n brei‑kring, ‘n spensveldtog, restourasie en opknappings, die kookkuns van bekendes, asook ‘n debattoernooi.

Klik hier om die Mandeladag 2023-video te sien: https://youtu.be/Kw6PrmncQKI?si=_h03VkfkjWhE0rOR

[1] https://www.sun.ac.za/english/access-food-security-programmes

More articles

Boeke: Sedert die dood ons skei

Lwazi neem die leiding

Konvokasieverkiesing: nog net twee dae oor om te stem

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!