Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Die US se Fasiliteitsbestuur maak hande vuil by Laerskool AF Louw in Stellenbosch vir Mandeladag

Die Universiteit Stellenbosch se Fasiliteitsbestuur-personeel en verskaffers het op Maandag, 18 Julie 2022 in groot getalle by die Laerskool AF Louw opgedaag om hul hande vuil te maak vir Mandeladag. Daar was selfs ‘n groot verkeersknoping soos voertuie vroegoggend die skoolwerf binnegekom het en kettingsae, lere, verf, slypmasjiene en tuinmaaktoerusting afgelaai het.

“Ek het verwag dat ‘n paar mense vanoggend na ons skool sou kom, maar dit is ‘n volskaalse projek,” het die skoolhoof, Anne Tarr, gesê. “Dankie dat julle vandag leerders se lewens hier aangeraak het. Ons moet ons kinders leer droom; en dit is hoe drome waar word. Dankie uit die diepte van ons harte.”

Omdat haar lewe deur skoolhoof Tarr en dié skool geraak is, was Aloma Fourie, Bestuurder: instandhoudingsbeplanning by FM se Eiendomsdienste, baie bly dat dié skool vir vanjaar se Mandela-projek gekies is.

Saam met Robert Todkill, tegniese adviseur, en die instandhoudingspan by FM, het Aloma vinnig ‘n span bymekaar gekry om die instandhoudingswiele aan die rol te kry. “Jy gee ‘n werk soos hierdie vir Aloma, en towerkrag gebeur,” het Nicolette van den Eijkel, FM se hoofdirekteur, gesê wat elke persoon bedank het dat hulle opgedaag het en gehelp het waar hulle kon. Meer as 170 mense het op Mandeladag op een of ander manier gehelp om die skool te verbeter.

Daar was beslis towerkrag. Fasiliteitsbestuur se personeel en verskaffers het met hul vloot konstruksievoertuie, toerusting en personeel by hierdie skool opgedaag. Jy het oral gesien hoe mense mure verf, vloere skuur, dakke, deure en vensters regmaak, bome snoei en ’n brose sportpaviljoen tot sy eertydse glorie herstel. ’n Stukkie kaal en onbruikbare grond is omskep in ‘n pragtige groentetuin. Dit is ook die plek wat ons bedryfshoof, prof Stan du Plessis, gekies het om sy 67 minute (en meer) vir Mandeladag 2022 te gee.

Aloma het gesê sy wil wys dat die US nie ‘n entiteit in isolasie is nie. “Die US is deel van die groter Stellenbosch-gemeenskap en wat ons doen, het ’n impak op almal wat hier woon. My wens is dat die kinders van hierdie skool deur die US geïnspireer word as ’n plek wat daar is vir die groter gemeenskap van hierdie dorp.” Baie van Fasiliteitsbestuur se personeel en hier skoolgegaan.

“Sommige van ons verskaffers en personeel was byna die hele week voor Mandeladag al op die terrein, aangesien daar baie werk was om te doen,” sê Brandon Como, wat die leiding geneem het op hierdie geleentheid. “Dit is ongelooflik hoe almal net aan boord gekom om hierdie projek baie beter te maak as wat ons verwag het.” Personeel het selfs ‘n insameling gehou vir nie-bederfbare artikels wat aan die skool geskenk is. Brandon en sy reëlingskomitee het wondere gedoen in die reël van die logistiek van die dag en verseker dat almal daar was, hul gereedskap het en ‘n welverdiende middagete geniet het.

Die atmosfeer by AF Louw Maandag was eklekties en energiek. Jy kon nie help om te lag vir al die gesegdes van mense wat hand-aan-hand en teen die klok gewerk het om ‘n plek te herstel, reg te maak en ‘n omgewing te skep waarheen leerders trots sal wees om terug te keer nie. Mense het gesê hulle is bevoorreg om deel te wees van ‘n groep mense wat op so ‘n manier van hulself gee dat jy nie eers woorde kan kry om dit te beskryf nie.

Kyk die video hier vir ‘n vinnige blik op die dag se aktiwiteite.

More articles

​’n Uitmuntende graad-oes vir #SciMathUS

Skool vir Rekeningkunde eerstejaars verower eerste prys in Deloitte-kompetisie

US onwrikbaar verbind tot menseregte, waardigheid, meertaligheid en inklusiwiteit

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!