Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Verpleegkunde brei nagraadse program aanbieding uit

Vyf nuut ontwikkelde nagraadse programme vir spesialisopleiding in verpleegkunde is vanjaar vir die eerste keer aan die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied. ‘n Bykomende drie nagraadse programme sal in 2023 aangebied word.

In totaal het 97 studente ingeskryf vir die 2022-programme. Die verwagting is dat hierdie groep in Desember hul diplomas sal ontvang.

Santel de Lange, dosent in die Departement Verpleeg- en Verloskunde aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, verduidelik dat die ou nagraadse programme in 2019 uitgefaseer is en dat nuwe kurrikulums vir al die nagraadse diplomas in die land ontwikkel moes word.

“Die Departement Verpleeg- en Verloskunde het toe begin met die proses om makro- en mikro-kurrikulums vir elk van die programme te ontwikkel om aan die uitkomste en bevoegdhede te voldoen wat deur die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) vereis word,” sê De Lange.

Die nuwe programme is by die SARV en die Raad op Hoër Onderwys en Opleiding geakkrediteer, waarna dit deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid geregistreer is.

Die betrokke programme het in Maart vanjaar ‘n aanvang geneem en het met behulp van diverse onderrig- en leermetodologieë die voorskrifte gevolg van teorie, kliniesepraktyk-leer, simulasie en rolneming.

Volgens De Lange sal dit die deelnemers in staat stel om besluite onder komplekse omstandighede te neem en ‘n uitgebreide reeks dienste te verskaf. Dit rus die gegradueerdes toe om leiers op hul onderskeie spesialisgebiede te wees en verpleeg- en verloskundesorg te verskaf wat mensgesentreerd, outonoom, innoverend, omvattend, eties en bewysgebaseerd is, en ook aan al die toepaslike wetgewing voldoen.

“Deur die studente sowel teoretiese as toegepaste vaardighede te leer, bevorder die onderskeie nagraadse diplomas kritiese denke, bewysgebaseerde praktyk en navorsing wat op maatskaplike gebied relevant is.”

Die volgende nagraadse diplomas sal in 2023 aangebied word:

  • Noodverpleegkunde
  • Kritiekesorg-verpleging (volwassenes)
  • Perioperatiewe sorg
  • Geestesgesondheid-verpleging
  • Primêresorg-verpleging
  • Verloskunde
  • Gesondheidsdiensbestuur
  • Verpleegkunde-onderrig

Hierdie programme het ten doel die ontwikkeling van spesialiste met ‘n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid, gesonde kliniese oordeel, intellektuele onafhanklikheid asook die vermoë om kennis op ‘n reeks kontekste toe te pas ten einde professionele en bekwame sorg te bied. Dit is ontwerp om aan die student uiteenlopende blootstelling te bied asook geleenthede om deel te neem aan sorg vir diverse samelewings, gemeenskappe en individue.

“Met net enkele verpleegkunde-onderriginstellings in die land wat geakkrediteer is om nagraadse diplomas aan te bied, het die US bygedra tot spesialisopleiding in verpleegkunde, wat ‘n dringende en nasionale prioriteit in Suid-Afrika is,” sê prof Portia Jordan, uitvoerende hoof van die betrokke departement.​

More articles

Aanvaarding van Gebaretaal as amptelike 12de taal bevorder kommunikasie vir dowe onderwyser

#SWAN: Breëriviervallei-geleentheid uitgestel tot Februarie 2021 weens Covid_19

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!