Skip to content
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English
Menu
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Leerders ‘n voorsmakie gebied van wyn as loopbaan

Wyn bied veel meer as wat met ’n enkele oogopslag waargeneem kan word. Dié was maar een van vele insiggewende menings van ‘n groep leerders wat verlede maand as gaste van die Universiteit Stellenbosch en die Elsenburgse Landbou-opleidingsinstituut ’n besoek aan die Kaapse Wynland gebring het.

’n Twintigtal leerders – almal vroulik – is geldelik ondersteun om van Limpopo-provinsie, Pretoria en Johannesburg in Gauteng, en plaaslike skole in Wes-Kaapland, te reis om ‘n driedaagse wingerd- en wynkundeprogram by te woon wat spesifiek daarop gerig is om die eindelose loopbaangeleenthede in die wyn- en landbousektor ten toon te stel.
Dit was die tweede keer dat ‘n program van hierdie aard, in samewerking met die Kaapse Wynmakersgilde (CWG) se Protégé-program en die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, aangebied is om leerders ‘n nadere blik op wyn as loopbaan te bied. Elk van die kandidate is volgens meriete gekies en het ’n lewendige belangstelling in die toegepaste wetenskappe getoon.
Monika Basson, Voorgraadse Werwings- en Bemarkingskoördineerder in die Fakulteit AgriWetenskappe, het in 2019 aan die spits van dié projek gestaan. Basson het geglo dit is noodsaaklik om die landbousektor te ontsluier, enige wanopvattings en -persepsies, wat veral jong vroue oor die landbouwetenskappe as loopbaan mag hê, bloot te stel en lig te werp op die eindelose geleenthede wat dit bied. Die leerders het ook toestemming gekry om hulle universiteitsaansoeke na wense te verander en is deeglik oor beskikbare beurse ingelig.
“Die meisies het die ganse ervaring, insluitende die wingerd- en keldertoere, ontsaglik geniet en hulle was veral gek oor die sjokoladeproegeleentheid wat deur Spice Route aangebied is! Hulle het ook kommentaar gelewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om aan die praktiese funksionering van ’n kelder soos JC le Roux blootgestel te word en dan na protégés se eie ervarings te luister. ”
Die program het ’n ontmoeting met die vorige CWG-protégé, Praisy Dlamini, ingesluit wat nou haar eie handelsmerk suksesvol bestuur en ook hoofbestuurder van Adama Wines is. Die ontmoeting met Dlamini het aan die leerders ‘n realistiese voorskou gebied van die geleenthede – en hulle selfvertroue ‘n hupstoot gegee – om loopbane te oorweeg wat nie voorheen op hul studieradars was nie.
Met die aankoms op Stellenbosch het die leerders hulleself in een van die Universiteitskoshuise tuisgemaak en ’n voorsmakie geniet hoe dit voel om student op Stellenbosch te wees voordat ‘n interaktiewe dromsessie hulle verbeeldingsvlug versteur het. Dieselfde aand het hulle met huidige studente van verskeie departemente in die Fakulteit kennis gemaak, wat eie ervarings met die jong besoekers gedeel en talle van hulle vrae beantwoord het.
Aangesien die meeste van die leerders nie 18 jaar oud was nie, is geen alkohol gedurende die driedaelange program voorgesit nie. Dit het wel ‘n sensoriese werkswinkel ingesluit, asook die geleentheid om die ingewikkelde werking van ‘n wynkelder eerstehands te ervaar en sodoende die bedrywighede daar beter te begryp. Terselfdertyd kon hulle die mense agter die skerms ontmoet.
Een van die hoogtepunte op die leerders se program was ’n besoek aan Bosman Adama – die grootste wingerdstokkwekery in Afrika – om die proses waar te neem hoe wingerdstokke geënt word, tot waar druiwe uiteindelik na die kelder gebring word vir die maak van wyn. Hulle opgewondenheid was tasbaar toe elkeen uit ‘n spesifieke belangstellingsveld vrae oor besonderhede in die waardeketting gestel het. Die program se derde en laaste dag is afgesluit met ‘n netwerkgeleentheid en aandete by Ernie Els-wynlandgoed waar protégé-kandidate, wynmakers en wingerdboukundiges, wat in die bedryf werksaam is, teenwoordig was.
Uit die gesamentlike terugvoer was die besoekende leerders se vreugde en verbasing baie duidelik: “Ons het nie net nuwe vriende gemaak nie, maar het ook interaksie met mense wat in die bedryf staan, gehad. Ook het ons ‘n voorsmakie van universiteitslewe ervaar met ‘n insiggewende kampustoer waar al ons vrae beantwoord is. Ons het vertrek met veel beter begrip van wat die Fakulteit AgriWetenskappe alles bied en hoe toepaslik hierdie programme is,” het Mpho Zaal van die Good Hope Seminary High School gesê.
• Besoek gerus dié skakel en luister na wat sommige leerders oor die ervaring te sê gehad het: https://www.instagram.com/reel/CfhGatsKEFC/?igshid=YmMyMTA2M2Y=

More articles

Helderberg: 2021 Reünie

Veelvuldige mosies van vertroue in die US

SciMathUS 2022: Maak die beste van jou tweede kans

  • Tuiskoms
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Veldtogte
    • Dekaansfonds: Regsfakulteit
    • Covid-19 Hulpfondse
    • Train4Fees
    • Masked Masterpieces
    • Move4Food
    • #Action4inclusion
    • #SciMathus
    • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
    • Dankie
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Geleenthede
      • Maties Sport
      • Jaarlikse gebeure
      • Crest Talks
      • Openbare lesings
      • Verjaarsdae
      • Koshuise
      • Eweknie-fondswerwing
  • Konvokasie
  • Vrywilligheid
  • Skenk
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Alumni Clubhouse
  • Maties Wynklub
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Matie shop
  • Maties Connect
  • Media
  • Kontak
  • Vir meer inligting oor COVID-19 Klik hier
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!