Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Dr Celeste Nel – “Moet nooit ophou leer nie

Die Sentrum vir Aansoeke, Studentehuisvesting en Kliëntedienste (ASACS) in die Registrateursafdeling lewer noodsaaklike studentedienste om te sorg dat die Universiteit Stellenbosch (US) ‘n uitnemende residensiële hoëronderwysinstelling bly. Dr Celeste Nel staan aan die stuur van ASACS en is in haar element hier waar sy saam met haar span hulle weg deur die dinamiese hoëronderwysomgewing baan.

As deel van die US se Vrouemaandvieringe, vertel Celeste ons meer van haar werk en die leierseienskappe wat dit vereis.

 

Vertel ons meer van jou rol by die Universiteit Stellenbosch

Ek werk in ASACS, wat aan die voorpunt staan van studentedienste by die Universiteit. Dit is ‘n snelbewegende omgewing waar ons meer as 70 000 aansoeke nagaan, 8 000 koshuisbeddens bestuur, 5 000 privaat beddens akkrediteer, en daagliks tot 1 000 navrae van ons kliënte (voornemende studente, ingeskrewe studente en alumni) hanteer.

Ek is bevoorreg om aan die hoof te staan van hierdie dinamiese sentrum, met my vaardige bestuurspan en personeel aan my sy.

 

Wat geniet jy die meeste van jou rol?

Ek geniet my span se energie die meeste. Byna 80% van die span is millenniërs of Generasie Z. Hulle hou my behoorlik op my tone. Hulle vra kritiese vrae, toets grense, en is nie bang om kanse te waag nie. Ek leer elke dag baie by hulle.

Ek geniet ook die hoëronderwysomgewing, wat ‘n immer veranderende landskap is. Die uitdagings en konstante verandering hou my gestimuleer en betrokke.

Boonop geniet ek dit om deel te wees van ‘n groter doel.

 

Wat is volgens jou die belangrikste leierseienskappe wat jou werk vereis?

Om te luister met die doel om te verstaan, en om aanpasbaar, doelbewus en doelgerig te wees. ‘n Mens moet oplossinggedrewe en ondersteunend wees, en nooit ophou leer nie.

 

Leiersrolle is veeleisend. Wat hou jou gemotiveerd?

My span motiveer my. Om deel te wees van die onderwys gee my ook energie. Nelson Mandela se bekende woorde inspireer my steeds: “Onderwys is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.”

 

​Wat is jou boodskap aan die volgende generasie aspirantvroueleiers?

  • Moenie vashaak by die tradisionele rolverwagtinge van vroue nie. Skep jou eie.
  • Dit ís moontlik om alles te hê. Jy kan ‘n gesin, hope vriende, ‘n stokperdjie, selfs ‘n troeteldier én ‘n florerende loopbaan hê.
  • Probeer getrou bly aan jouself. Dis nie altyd maklik nie, maar dit sal jou op alle vlakke van jou lewe vervul.
  • Moet nooit ophou leer en groei nie.
  • Wees gaaf met ander en jouself.

 

 Fotograaf: Stefan Els

More articles

Volhoubaarheid-studente illustreer sosiale entrepreneurskap

Gryp elke geleentheid aan, sê forensiese deskundige

US verbeter sy posisie op QS-vakranglys

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!