Ontmoet vir Johannes Gehrig en Hannes Hellwege, wat van hulle tyd afstaan om die Universiteit Stellenbosch se alumni-netwerk in Stuttgart en Berlin, onderskeidelik, te ondersteun.
1. Vertel ons van jouself. Wat het jy studeer en wat doen jy nou?
Johannes: Ek het regte in Duitsland studeer en my regsartikels voltooi voordat ek my LL.M. aan die Universiteit Stellenbosch aan die begin van 2021 aangepak het. Nadat ek na Duitsland teruggekeer het, het ek vroeg in 2022 ‘n PhD-proefskrif in internasionale strafreg begin, waarmee ek tans nog besig is. Ek woon in Stuttgart, waar ek ook deel is van die Maties Alumni-tak se span.
Hannes: Net soos Johannes het ek ook regte gestudeer, maar in die noorde van Duitsland. Tydens my artikels, wat ‘n tydjie in Bangkok ingesluit het, is ek deur swerwerslus beetgepak en wou ek dus ‘n LL.M. daarna doen. Suid-Afrika, my geboorteland, was ‘n uitstekende keuse. Nou werk ek by my eerste werk as interne raadgewer vir ‘n internasionale banketbakkersmaatskappy in Berlyn. Ek kan my erger werk voorstel.
2. Wanneer het julle ontmoet?
Johannes: Die eerste keer wat ons persoonlik ontmoet het, was die eerste week ná ons aankoms in Stellenbosch in Maart 2021, toe ons by Schoon koffie gedrink het. Ons was egter reeds voor dit in verbinding, aangesien ons ‘n gemeenskaplike vriend het wat ons bymekaar gebring het. Ons het reeds voor ons aankoms in Suid-Afrika met mekaar gekommunikeer en die LL.M., Suid-Afrika en die Covid-situasie bespreek.
Hannes: Om Johannes te ontmoet was omtrent ‘n ding: Ons lyk soort van eenders, is passievol oor dieselfde dinge (veral koffie), het dieselfde sin vir humor en stel albei baie in sport belang. Sommige mense sê ons kan sibbe wees.
3. Wat het jou geïnteresseer om deel te wees van die Matie-netwerk?
Johannes: Ek dink die netwerk is ‘n goeie manier om betrokke te bly by die universiteit nadat ek aan Stellenbosch gegradueer het, om byeenkomste vir die Maties in my streek te reël en om die leuse “Eenmaal ‘n Matie, altyd ‘n Matie” te vier.
Hannes: Ek is bly as ek daartoe kan bydra dat Suid-Afrikaners kontak met mekaar in die buiteland kan behou. En as hulle almal dieselfde verbintenis met Suid-Afrika het, d.w.s. nadat hulle op Stellenbosch gestudeer het, des te beter!
4. Waarvan hou jy van die Matie-netwerk?
Johannes: Die netwerk is biljant – daar is so baie Maties regoor die wêreld om mee in verbinding te tree. Boonop is daar onder die Maties soveel opwindende en mooi persoonlikhede van verskillende lande, agtergronde en beroepe.
Hannes: Ek geniet dit bowenal om in voeling te bly met die Engelse taal en met Suid-Afrikaners en hul mentaliteit. By ons geleenthede bring die Suid-Afrikaners gereeld tipiese lekkernye uit Suid-Afrika, byvoorbeeld Mrs Ball’s se blatjang vir ‘n braai – of hulle maak die lekkernye self in Duitsland, soos droëwors, biltong of melktert. Is daar iets beter as om met hierdie tuisgemaakte lekkernye bederf te word?
5. Wat sou jy vir alumni sê oor vrywilligerswerk vir Span Stuttgart/Span Berlyn? Tyd, aktiwiteite, Maties plaaslik ontmoet?
Johannes: Vrywilligerswerk by Span Stuttgart is baie maklik en ongekompliseerd. Enigiemand wat sou wou, kan sommer kontak maak en, afhangende van die tyd wat beskikbaar is, deelneem aan die organisasie en beplanning. Afgesien van die beplanning van amptelike geleenthede (sowat twee keer per jaar), kan jy as lid van Span Stuttgart WhatsApp-groep altyd spontane geleenthede voorstel of mense na ‘n byeenkoms nooi (bv. om die Rugby Wêreldbeker te kyk). Dus: Alle Maties in die Stuttgart-streek, kontak gerus!
Hannes: Net soos met Johannes in Stuttgart, is dit baie maklik om deel te wees van Span Berlyn. Die lekker ding daarvan is dat jy betrokke kan raak soos jou persoonlike tyd dit toelaat – en dat dit nie heelwat verg om alumni byeen te bring nie. Ons beplan gereelde geleenthede en probeer so elke drie of vier maande om byeen te kom. Teen hierdie tyd het ‘n klein kern gevorm wat daarna uitsien om die groep verder uit te bou!
6. Het jy ‘n herinnering wat uitstaan van jou tyd by Stellies?
Johannes: Die jaar in Stellenbosch was oor die algemeen een groot herinnering wat nooit vergeet sal word nie. Maar een spesiale herinnering wat ons twee verbind – om saam aan Coach Desmond se sokkerwedstryde vir die Maties-span by die Lentelus-sportterrein deel te neem.
Hannes: … nie so suksesvol nie. Een van my indrukwekkendste herinneringe gaan egter ook oor sport. Terwyl ek saam met ‘n vriend Jonkershoek op die bergfiets verken het, het ek ‘n ongeluk gehad en geval. Toe ek na my linkerhand kyk, steek die boonste deel van my pinkie amper reguit uit – dadelik het ek vermoed ‘n operasie sou nodig wees. Johannes het my ‘n paar dae later nageboots en ongelukkig sy voet gebreek terwyl hy by Bouldersstrand op die rotse geklim het. Gelukkig kon ons staatmaak op die mediese sorg in Suid-Afrika.
In ieder geval, ek het veral die sportgeleenthede en die natuur in Stellenbosch geniet – hetsy stap, tennis of bergfietsry.