Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Menu

  • Afrikaans
  • English

Kom deel in Tuiskoms 2022

Ons jaarlikse Maties Tuiskomsnaweek vir alumni vind van Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September 2022 op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse plaas. Ná twee jaar van inperking beloof vanjaar se geleentheid om iets besonders te wees.

Die Alumnikantoor het soos gewoonlik verskeie spesiale geleenthede beplan. Verwag netwerkgeleenthede, kampustoere, ‘n sakeontbyt, sportaktiwiteite en baie kuier en gesels. Boonop bied nie minder nie as 11 koshuise gedurende die naweek verjaardagreünies aan en die eerstejaarsgroepe van 1971 en 1972, 1981 en 1982, 1991 en 1992, 2001 en 2002, 2011 en 2012 ontmoet op Stellenbosch en die 1982, 1992 en 2012 gegradueerdes van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe kom op die Tygerberkampus bymekaar.

Hier’s waarna jy kan uitsien:

Donderdag 8 September

‘n Rondte gholf

Ons begin Tuiskoms om 11:00 met ‘n gholfdag vir ons SWANE (die lede van ons Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk) by die Stellenbosch-gholfbaan. Ons sluit die dag se gholf af met ‘n prysuitdeling gevolg deur ‘n aandete, waartydens jy geleentheid sal kry om bekroonde wyne van ons wynmaker-alumni te geniet. Die koste is R3 600 per vierbal en die opbrengs gaan aan die US se Beursfonds.

Navrae: Marvin Koopman, marvin@sun.ac.za of Lauren Jimmy, ljimmy@sun.ac.za

 

Vrydag 9 September

Sakeontbyt
Ons is vroeg uit die vere vir ‘n sakeontbyt om 09:00 by die Adam Small-teaterkompleks op Stellenbosch. ‘n Paneel deskundiges sal gesels oor die tema “Bul of beer? Leiers se sienings oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie”.

Toonaangewende denkers soos dr Patience Nombeko Mbava (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Finansiële en Fiskale Kommissie), dr Marlene le Roux (uitvoerende hoof van Artscape) en Simon Susman, voorsitter van Conservation South Africa, president van Intercontinental Group of Department Stores, raadslid van vyf maatskappye en voorsitter van Woolworths Holdings Bpk, sal gedagtes uitruil. Dr Morné Mostert, strategiese vooruitskouingsadviseur en voormalige direkteur van ons Instituut vir Toekomsnavorsing, sal as moderator optree van wat beloof om ‘n hoogs insiggewende gesprek te wees in die lig van die huidige uitdagings en geleenthede in sowel die Suid-Afrikaanse as die wêreldekonomie.

Kaartjies is beperk en kos R250 per persoon, wat ‘n volledige Suid-Afrikaanse ontbyt by aankoms insluit. Die geleentheid word aangebied in vennootskap met die Stellenbosch Bestuurskool.

  • KLIK HIER https://www.quicket.co.za/events/181743-stellenbosch-university-homecoming-we om te bespreek.

Matie Soirée
Maak jou oë toe en verbeel jou die Bolandse lente, heerlike kosgeure in die lug, en net die beste geselskap … Kry nou jou vriende bymekaar en maak daardie verbeeldingsvlug ‘n realiteit. Ons bied om 14:00 ‘n Matie Soirée in die Alumni-klubhuis by Die Stal aan.

In samewerking met nege wynplase en ons wynmaker-alumni bied ons ‘n proesessie van hulle beste wyne aan. Vir diegene wat iets nie-alkoholies verkies, sal The Raw Berry Press ook daar wees om van hulle uithaler- koudgeperste sappe te bedien.

Terwyl jy met sowel bekende as nuwe gesigte kuier, bederf ons jou met ‘n aand van eersterangse vermaak deur kunstenaars soos Koos Kombuis en ons bekroonde Universiteit Stellenbosch Koor. Snuffel ook gerus deur ‘n skatkis van herinneringe by ons Matie Herinneringe-uitstalling.

Koste: R100 per persoon

  • KLIK HIER https://www.quicket.co.za/events/181743-stellenbosch-university-homecoming-weekend-2022-universiteit-stellenbosch-tuisk/?utm_source=EventPage&utm_medium=Sharebox&utm_campaign=&ref=event-page-share om te bespreek. ​

​Saterdag 10 September

Bergpad draf, stap of ry fiets
Kom vul jou longe met vars lug en kom aan die gang. Die feesvieringe gaan voort wanneer ons om 07:30 die asemrowende Stellenboschberg te voet, op ‘n drafstap of op ‘n fiets aanpak. Nie superfiks nie? Moenie bekommer nie, ons maak vir alle fiksheidsvlakke voorsiening, so bring jou vriende, gesin en troeteldiere, en kom geniet die pragtige uitsig oor die dorp. Verversings word ná die tyd by die Alumni-klubhuis bedien.

  • KLIK HIER https://www.quicket.co.za/events/181743-stellenbosch-university-homecoming-weekend-2022-universiteit-stellenbosch-tuisk/?ref=events-list#/ om te bespreek.​

KLIK HIER https://console.virtualpaper.com/stellenbosch-university/hc2022-afr/#2/ vir die volledige Tuiskomsprogram. Enige vrae? Stuur gerus ‘n e-pos aan homecoming@sun.ac.za of skakel +27 21 808 2710.

More articles

Kurrikula moet reageer op die gemeenskap se behoeftes

Fakulteit Regsgeleerdheid vier 101 jaar

Nuwe viserektor oorgehaal om impak van US se navorsing, innovasie en nagraadse studie uit te brei

  • Homecoming
    • huis kom
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Hubs & Clubs
    • VSA
    • VK
    • Noord-Amerika
    • Namibië
    • Londen
    • KwaZulu Natal
    • Ierland
    • Hongkong
    • Gauteng
    • Europa
    • Kanada
    • Breëriviervallei
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Convocation
    • Konvokasie
    • Konvokasie 2022
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Visit Sun.ac
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!