Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

“Ek het nie geweet dat jy só baie met ’n BSc-graad kan doen nie!”

As student is jy dalk nie altyd seker waar jy met ‘n BSc-graad in die biologiese, wiskundige of fisiese wetenskappe gaan werk nie. Maar dat dit deure oopmaak na ‘n wye reeks loopbaangeleenthede, is gewis – van die monitoring en bestuur van grondwaterbronne tot die ontwikkeling van groen tegnologieë vir groot maatskappye soos SASOL.

Dít was die oorhoofse boodskap van ‘n verskeidenheid maatskappye se verteenwoordigers   se praatjies gedurende die Fakulteit Natuurwetenskappe se fokus op loopbaangeleenthede wat in Augustus 2022 tydens die Wetenskapsweek plaasgevind het. Gedurende hierdie geleentheid is BSc-studente bekend gestel aan maatskappye soos GEOSS South Africa, SASOL, Reutech, Distell, Inizio Medical, Axiology Labs, Carl Zeiss Pty Ltd, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Forensiese Wetenskapslaboratorium.

Riyaadh​ Adams, ‘n sagteware-ontwikkelaar, het verduidelik hoe hy met ‘n graad in Wiskunde ‘n belangrike rol speel by ‘n ingenieursmaatksappy soos Reutech. Hy is lid van die dataprossesseringspan wat sin moet maak van die gedigitaliseerde data van soek- en opsporingsradarstelsels.

Van SAPS, het Luitenan-kolonel Johan Kock verduidelik hoe wetenkapstudente met hoofvakke soos mikrobiologie, biochemie, genetika, plantkunde, mensfisiologie, en self entomologie hulle kennis kan toepas in velde soos forensiese antropologie, forensiese entomologie, DNS-analise en die nuut gestigde Sentrum vir die identifikasie van rampslagoffers. In enige van dié spesialisvelde is ‘n gevorderde graad ‘n voorvereiste.

En wie sou kon dink dat daar in 2018, 418 000 biodiversiteitsverwante werksgeleenthede wêreldwyd was! By SANBI is graduandi met ‘n graad in die natuurwetenskappe onder andere werksaam as beamptes gemoeid met die aanpassings by klimaatsverandering, of  as ‘n biodiversiteitsinligtings- en beleidsadviseur. SANBI se afdeling vir biosistematiek en versamelings het byvoorbeeld taksonome en genetici in diens.

By Distell is daar ruimte vir BSc-graduandi met analitiese chemie, mikrobiologie, biochemie en  hortologie as hoofvakke. Volgens Mare-Loe Prinsloo en Marelize Scheepers, sluit sommige ekstrakurrikulêre vaardighede wat maatskappye soos Distell in voornemende werknemers soek, tegniese kennis, kommunikasievaardighede, selfkennis, die vermoë tot samewerking, sterk netwerkvaardighede, die vermoë om te kan organiseer, prioritiseer en belsuite te neem, buigsaamheid en werkstoewyding in. Maar die belangrikste – het hulle afgesluit – is kritiese en onafhanklike denkvermoë en ‘n bereidheid om te leer en te groei.

Gideon Burger, die hoof-uitvoerende beampte van Axiology Labs, sê hy het ‘n reeks-entrepreneur geword nadat hy sy BSc-graad met ‘n MBA opgevolg het. Oor die afgelope drie  jaar het hy vyf nuwe maatskappye gestig  – almal in die veld van mikrobologie en laboratoriumtoerusting. Sy raad aan studente met ‘n entrepreneursgees, was om te spring vir geleenthede en werk te skep, eerder as om om werk te soek: “Wetenskap hou nooit op nie, want die wêreld sal altyd nuwe unieke oplossing nodig hê,” het hy bygevoeg.

Dr Ascentia Seboko van Inizio Medical het gepraat oor die groeiende veld van mediese kommunikasie, veral vir daardie wetenskaplikes wat die tradisionele wetenskapswerksfeer wil verlaat, terwyl Ania Henning van Zeiss gepraat het oor die maatskappy se planne om mikroskopie in Afrika te ontwikkel.

Me Maambele Khosa, werwingsbeampte van die Fakulteit Natuurwetenskappe en gasvrou by die geleenheid, sê sy hoop BSc-studente besef nou hoeveel loopbaangeleenthede daar in dié rigting is. Soos een BSc-student tereg opgemerk het: “Ek het nie geweet jy kan so baie doen met ‘n BSc-graad nie!”

More articles

Universiteit Stellenbosch- verklaring: Die korrekte feite

Matie hardloop die Berlyn-marathon ter ondersteuning van US-studente

Twee US-studente en voorste globale jeugleiers pak wêrelduitdagings aan

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!