Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ekovriendelike SharkSafe Barrier TM tegnologie uit Suid-Afrika in die Bahamas geïnstalleer

Die ekovriendelike SharkSafe BarrierTM tegnologie, ontwikkel deur mariene bioloë by die Universiteit Stellenbosch (US) en hul samewerkers, en vervaardig in die Wes-Kaap, is onlangs by ‘n private eiland in die Bahamas geïnstalleer.

Die SharkSafe BarrierTM kombineer bionabootsing van ‘n seewierwoud met magnetiese velde, ten einde mense en haaie fisies van mekaar weg te hou, sonder dat die haaie of enige ander groot mariene spesies benadeel word. Volgens dr Sara Andreotti, mariene bioloog by die US  en mede-stigter van die SharkSafe BarrierTM, is hierdie natuurgeïnspireerde tegnologie tans die enigste ekovriendelike alternatief vir haainette, wat jaarliks die dood van duisende haaie en ander mariene spesies veroorsaak.

Die installering van die SharkSafe Barrier by die Berry eilande in Augustus vanjaar sal ook die Bahamas’ se mariene bewaringspogings versterk. In 2011 het die Bahamas die eerste haaireservaat in die Atlantiese Oseaan geproklameer, en dit is opgevolg met ‘n  Mariene Aksievennootskap (bekend as MAP) vir Volhoubare Visserye wat in 2018 tot stand gekom het. Haaitoerisme dra tans ongeveer US$100 miljoen per jaar tot die plaaslike ekonomie by.

SSB-Bahamas2023_banner (2).png
Meer oor die tegnologie

Volgens Andreotti het die tegnologie sedert 2012 strawwe toetsing ondergaan in die stormseewaters aan die Suid-Afrikaanse kus, asook by die sandstrande van Réunion en die Bahamas. Die resultate van verskeie van hierdie gevallestudies is in geakkrediteerde akademiese tydskrifte gepubliseer.

Die denke agter die ontwikkeling van die SharkSafe BarrierTM konsep is ‘n kombinasie van paktiese ondervinding met haaie, en die verstaan van hulle gedrag uit die perspektief van ‘n mariene bioloog, verduidelik sy.

Eerstens is waargeneem dat vis en ander seediere soos robbe, seewierwoude gebruik as skuilplek teen roofhaaie. Deur die nabootsing van ‘n natuurlike seewierwoud, geskep deur oorvleulende rye plastiekpype wat op die seebodem geanker is, is dit bewys dat die SharkSafe BarrierTM ‘n effektiewe afskrikmiddel vir roofhaaie is.

Tweedens weet mariene bioloë dat die meeste haaispesies sensitief vir sterk magnetiese velde is as gevolg van die teenwoordigheid van elektromagnetiese reseptore op die punt van hulle koppe. Hierdie klein vesikels en porieë – genoem Ampullae van Lorenzini – is direk aan die haai se brein verbind en stel hulle in staat om die oordrag van flou bioëlektriese impulse in die water, wat veroorsaak word deur hul prooi, waar te neem.

Deur bogenoemde kennis te gebruik, het die ontwikkelaars van die  SharkSafe BarrierTM ‘n sterk magnetiese veld geskep deur magnete binne-in hierdie seewieragtige pype te plaas. Maar in plaas daarvan dat dit die aandag van die haaie trek, óórstimuleer hierdie oormatige sterk magnetiese veld die Ampullae van Lorenzini en dien dus as nog ‘n afskrikmiddel, verduidelik Andreotti.

Vandag bestaan die SharkSafe BarrierTM uit hoë-digtheid poliëtileen pype wat plaaslik deur KND Fabrications in Maitland vervaardig word. Tydens installasie in die see, word die drywende pype een meter vanuit mekaar op ‘n roosteragtige struktuur geanker. Groot keramiek magnete word op verskillende hoogtes geplaas in die ry wat na die ope oseaan front. Die struktuur word dan op die bodem afgeweeg met sementblokke van 200 kilogram elk wat met ankers in die klip en sand vasgemaak word. Boonop is die sementblokke soos klipmossels gevorm ten einde die aanslag van golwe en deinings te kan weerstaan.

Benewens die feit dat die SharkSafe BarrierTM twee beproefde haaispesifieke afskrikkingsstrategieë kombineer, is dit ook ontwerp om vir minstens 20 jaar in die water te kan bly met minimale onderhoudsbehoeftes. Dit bied aan die seelewe ‘n geleentheid om hulself tuis te maak op die sementblokke wat die versperring op die seebodem anker, en sodoende ‘n kunsmatige rif te vorm.

‘n Revolusie in haaibestuur is nodig

Vir Andreotti is die eerste kommersiële installering van die SharkSafe BarrierTM die deurbraak waarvoor die span vir die afgelope 15 jaar gewerk het: “Ons het nou die tegnologie om die regmatige inwoners van die oseane toe te laat om te oorleef en te floreer, en vir omgewingsbewuste mense om veilig te wees terwyl hulle die see geniet,” het sy gesê.

Hierdie is ‘n wen-wen situasie, veral vir daardie areas wat op die oseaan-verwante aktiwiteite  steun as hul hoofbron van inkomste, soos kusdorpe in Suid-Afrikca, Brasilië, New Caledonia, die Bahamas en Réunion, sluit sy af.

SSB-Bahamas2023_banner (3).pngOp die foto bo: Die SharkSafe BarrierTM span by KND Fabrications in Maitland, Kaapstad, kort nadat die dele vir die 30 meter lange installasie ingepak is, gereed vir verskeping na die Bahamas. Voor, van links na regs, is Laurie Barwell, Errol Bourne, Dr Sara Andreotti, Ronnie Adams, Kezia Bowmaker, en Nina Sirba. Agter staan Louie Miggel, Anthony Mederer, Matthew Mtshabe, Lincoln Calbert, Dirk Zimri, Nicolo Farmer, en Ricus du Toit. Die eienaar van die fabriek, Rory Bruins, was uitstedig to die foto geneem is. | Foto’s deur Wiida Basson

Media onderhoude

Dr Sara Andreotti

E-pos: andreottisara@gmail.com

Sel: 072 321 9198

More articles

Studie ondersoek vleisalternatiewe suid van die Sahara

Pasiënte en genomika-navorsing in Afrika baat by SAMNR se Vroeë Loopbaan-toekenning

Jong vroue bemagtig vir ’n toekoms in die druiwe- en wynbedryf

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!