Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US stel Afrika-gesentreerde infeksiesiektes-program bekend in samewerking met MSF

Die Universiteit Stellenbosch (US), in samewerking met die internasionale humanitêre organisasie, Médecins sans Frontières (MSF), het aan die begin van 2022  ʼn diplomaprogram in infeksiesiektes bekend gestel. Hierdie program is enig in sy soort en is toegespits op die behoeftes van die gesondheidsorg konteks in Afrika.

“Wêreldwyd is daar baie kursusse in tropiese geneeskunde, maar ons program fokus meer op infeksiesiektes. Ons probeer ook praktiese waarde toe te voeg van ʼn Afrika-gesondheidsorgperspektief,” sê dr Jantjie Taljaard, hoof van die Afdeling Infeksiesiektes aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW). Hy is ook die programleier van die nuwe Nagraadse Diploma in Infeksiesiektes. “In die program bestudeer ons die siektes in detail, maar ons het ook oorkoepelende temas – soos antimikrobiese rentmeesterskap, die voorkoming- en beheer van infeksies, en die ‘Eengesondheid-beginsel’ wat op ʼn holistiese wyse benader – insluitende diere, mense en die omgewing.”

Die diplomakursus is ontwikkel danksy ʼn vennootskap met MSF en word ondersteun deur ʼn vyf jaar lange memorandumsooreenkoms. “Ons wou nog altyd so ʼn diplomakursus ontwikkel, dus het ons die geleentheid aangegryp toe MSF ons genader het vir hulp om hulle dokters in Afrika se vaardighede te help slyp,” sê Taljaard. Die helfte van die deelnemers aan die kursus is geaffilieer met, en word geborg deur MSF.

Die twee​ jaar lange kursus word op ʼn hibridiese wyse aangebied, en sluit twee weke se kontaksessies aan die begin van die eerste jaar in, asook een week in die tweede jaar. Die res van die kursus is aanlyn selfstudie, wat met interaktiewe webinare gekomplimenteer word.

Die kursus bestaan uit vyf modules wat alle infeksiesiektes dek wat in Afrika voorkom, en neem die beperkte hulpbronne op die Afrika-kontinent in ag. “Ons kyk veral na die behoeftes van diegene wat in meer landelike omgewings met beperkte hulpbronne werk,” verduidelik Taljaard. “Ons slaan nie net ag op die nuutste kliniese ondersoeke met maklike toegang tot laboratoriums nie – ons begin met wat moontlik is in die landelike omgewing, en dui aan wanneer dit nodig is om die pasiënt verder te verwys. In situasies waar ʼn verwysing nie moontlik is nie, probeer ons empiriese keuses bied met betrekking tot pasiënt versorging.”

Dit is belangrik dat die inhoud van toepassing is tot die omgewings waar MSF werk. “Hulle dra by tot siektes soos Ebola of cholera waar hulle meer praktiese ervaring ten opsigte van die bestuur van uitbrekings het,” sê Taljaard. “Hulle het ook aansienlik bygedra tot die ontwikkeling van die module oor MIV/TB.”

Die modules word aangebied deur ʼn kern groep US-personeel met kenners van ander instellings wat sekere onderwerpe aanbied. Die teoretiese inhoud word met gevallestudies in ʼn sindromiese wyse aangebied. Die afdeling word ondersteun deur die universiteit se hibridiese leer-span, wat baie bygedra het tot die ontwikkeling van interaktiewe kursusinhoud, die opleiding van fasiliteerders en die kursus se bemarking.

Die eerste inname van 17 studente sluit deelnemers van nege Afrika-lande in: Nigerië, Mosambiek, Kameroen, die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), Suid-Soedan, Zambië, Ghana, Kenia en Suid-Afrika.

“Ons leer ook baie van hierdie wonderlike dokters van oor Afrika,” sê Taljaard. “Mens het moontlik ʼn dokter van die DRK wat baie gevalle van ʼn sekere siekte gesien het wat met die groep kan deel hoe hulle die diagnose en behandeling in hulle omgewing hanteer het. Ons leer baie oor hoe hulle die uitdagende omgewings baasraak, insluitende in oorlogsgebiede en vlugtelingkampe. Daar is baie goeie interaksie tussen deelnemers van verskillende lande.”

“Dit hou natuurlik alles verband met die bestuur van epidemies en pandemies in die toekoms. Ons probeer om dit heeltemal te voorkom, of om te voorkom dat dit verder versprei.”

Doen aansoek aanlyn by www.maties.com of stuur ʼn e-pos aan lejandra@sun.ac.za vir meer inligting.

More articles

kliniese proewe vind die eerste veilige en doeltreffende behandeling tot nog toe om om multimiddelweerstandige TB by kinders én volwassenes te voorkom

Birthday for Bursaries bied ondersteuning aan gesondheidswetenskappe studente

Teenkorrupsie-kampvegter van die US met prestigeryke internasionale toekenning vereer

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!