Die Fakulteit Regsgeleerdheid vier vanjaar 101 jaar met ‘n spesiale Eeufees-reünie-naweek propvol aktiwiteite. Alumni en personeel word uitgenooi na hul intellektuele tuiste waar hulle kan terugdink aan hul studentedae, deelneem aan besprekings oor aktuele kwessies en luister na vooraanstaande sprekers.
Die Eeufees-reünie-naweek vind plaas vanaf 25 tot 26 Maart 2022 en sluit in Silwer (25-jaar) en Goud (50-jaar) reünie-aktiwiteite, dekade reünie-geleenthede, skemerkelkies in die buitelig, ‘n openbare lesing en boekbekendstelling, gevolg deur ‘n Stadsaaldinee wat die feestelikhede sal afsluit.
Klik hier vir ‘n gedetailleerde uiteensetting van verskeie geleenthede wat gedurende die naweek beplan word. RSVP gerus vir die geleenthede op die program deur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za te stuur.
Hoogtepunt
Die hoogtepunt van die naweek sal waarskynlik ons Eeufees-stadsaalgaladinee wees. Sien verdere besonderhede hier. Neem asseblief kennis dat daar ‘n koste van R600 per persoon vir hierdie spesifieke geleentheid is.
Stuur gerus ‘n e-pos na Yolandi Filander by yolandi@sun.ac.za vir die nodige betalingsbesonderhede en om jou sitplek te verseker. Jou dierbare(s) is ook welkom om dit by te woon.