Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Geesdrif vir Inheemse Vrugte Lei tot ʼn Volhoubare en Gesonde Teelyn

Utamu is die nuwe spelwisselaar in die teebedryf. Dr Trust Phukwa, PhD-graduandus in voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch (US), het sy geesdrif vir die skep van innoverende voedsel- en drankprodukte na ʼn vlak hoër geneem, deur tee uit inheemse Suid-Afrikaanse vrugte te produseer.

Met sy uitgebreide kennis van voedselwetenskap en tegnologie, het hy ʼn produklyn van tee begin wat nie slegs heerlik smaak nie, maar ook verskeie gesondheidsvoordele bied. Hierdie tee word deur sy maatskappy, Utamu Foods, geproduseer. Die reeks Utamu-teeprodukte sluit in heuningbostee, wat verfrissende smaak met ʼn natuurlike soetheid bied, heuningbostee met suurvy, en heuningbostee met waterpeer. Al die produkte is natuurlik en kafeïenvry.

“Utamu” is die Swahili-woord for “soetheid”, wat ook die smaak van die tee beskryf. Dr Pfukwa wou nog altyd inheemse vrugte aan mense bekendstel en glo dat die tee ʼn goeie manier is om die soetheid van hierdie vrugte aan te bied. Tydens sy PhD-studie onder die studieleiding van prof Cletos Mapiye, fokus hy op die bioprospektering van die neweprodukte van inheemse Suid-Afrikaanse vrugte as ʼn bron van antioksidant-preserveermiddels vir gebruik in vleisverwerking. Hy ontdek dat die neweprodukte van inheemse vrugte ʼn ryk bron van kragtige polifenoliese antioksidante met groot potensiaal as natuurlike preserveermiddels in verwerkte vleisprodukte is.

“Ek wou mense graag aan die inheemse vrugte van Suid-Afrika bekendstel. Vrugte soos die waterpeer, suurvy, wildepruim en kei-appel word tans as onderbenut en te min nagevors beskou, ten spyte van hulle hoë medisinale en voedingswaarde daarvan. Hierdie vrugte kan moontlik by winsgewende waardekettings geïnkorporeer word, wat landelike inkomste kan verhoog,” sê dr Pfukwa.

Hy gaan voort: “Ongelukkig het hierdie tradisionele voedselbronne, weens verwestersing en die voedingsoorgang, vergete geraak of word daarop neergesien as die kos van armes. Dus was ons doelwit om tot die nodige herlewing van Afrika-kookkuns by te dra en mense van ʼn proesel van Afrika in ʼn koppie te voorsien.”

Prof Mapiye sê: “Daar is min inligting oor en belangstelling in die valorisering van inheemse vrugte en hulle neweprodukte in Afrika. Dr Pfukwa se navorsing dra grootliks by tot die blootlegging van die potensiaal van hierdie dikwels afgeskeepte en onderbenutte bronne van voedsel, voeding en inkomstesekerheid. Sy sakeonderneming, in die vorm van Utamu Foods, verteenwoordig ʼn herontwaking van hierdie vrugte, wat goed saamgaan met die behoefte aan volhoubare voedselbronne en oor die potensiaal beskik om gemarginaliseerde gemeenskappe op te hef.”

Een van die goed wat Utamu Foods van ander teehandelsmerke onderskei, is die fokus op inheemse voedsel as ʼn bron van gesondheid en welwees. Dr Pfukwa sluit supervoedsel soos die suurvy en die waterpeer, wat bekend is vir hulle anti-inflammatoriese, antidiabetiese en antioksiderende eienskappe, by sy teeversnitte in. Hy vermy ook die gebruik van kunsmatige geurmiddels of bymiddels, wat verseker dat Utamu-tee heeltemal natuurlik en gesond is.

Volgens dr Pfukwa is voedsel ʼn belangrike komponent van kultuur en beteken die terugeis van hierdie komponent van ons lewens, in die vorm van inheemse Suid-Afrikaanse voedsel, dat ons ons herinner aan wie ons is en ons verhaal op ʼn ander manier vertel. Elke koppie Utamu-tee herinner aan die somerdae van sy kindertyd, toe hy speletjies gespeel en die vrugte direk van die boom af geëet het, wat dan ook die slagspreuk “A return to innocence” (ʼn terugkeer na onskuld) verklaar.

Ten spyte van die uitdagings verbonde aan die begin van ʼn nuwe onderneming, is hy daartoe verbind om Utamu Foods te laat groei en die omvang van die handelsmerk uit te brei. Hy doen ook steeds navorsing en eksperimenteer met nuwe geure en versnitte, en is altyd op soek na maniere om die gehalte en volhoubaarheid van sy produkte te verbeter. Met sy passie vir voedselwetenskap en sy toewyding aan die skep van heerlike en gesonde tee, sal dr Pfukwa beslis ʼn blywende impak op die wêreld van tee hê.

Utamu-teeprodukte is aan verbruikers beskikbaar en kan by die geskenkwinkel van die Stellenbosch Botaniese Tuin, by De Warenmarkt en ook by die Real Food Co in Somerset-Wes aangekoop word. Dit kan ook op Instagram @utamu_foods bestel word.​

  • Skrywer: Bongiwe Mhlongo

More articles

Ukwanda: FGGW se droom van twee dekades gelede word vervul

“Ek het nie geweet dat jy só baie met ’n BSc-graad kan doen nie!”

Volhoubaarheid-studente illustreer sosiale entrepreneurskap

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.