Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Gryp elke geleentheid aan, sê forensiese deskundige

Ons voorbladster, Gwynneth Jacobs, het haarself onderskei as ‘n forensiese ontleder wat van die belangrikste misdade in die land help oplos het en vermiste persone opgespoor het, en dit is aan die Universiteit Stellenbosch waar die grondslag vir haar sukses gelê is.

Gwynneth het in 2003 en 2007 onderskeidelik ‘n BSc (Sellulêre en Molekulêre Biologie) en ‘n honneursgraad in Mensgenetika aan die US behaal. Sy het ook in 2015 ‘n meestersgraad in Biotegnologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi.

“Ek was mal oor biologie as vak op skool en het geweet ek wil in daardie rigting studeer. Dit was die oneindige moontlikhede en die talle onbeantwoorde vrae wat my gefassineer het,” sê sy oor haar studiekeuse.

Terwyl sy in haar finale jaar aan die US was, het sy vir poste begin aansoek doen en is ‘n pos as tegniese assistent by die US se Sentrale Analitiese Fasiliteit aangebied, waar sy verantwoordelik was vir die voorbereiding van monsters en algemene laboratoriumpligte. Die rol het haar waardevolle blootstelling en ervaring in die wetenskapomgewing gebied.

Sy was nog altyd geïnteresseerd in forensiese wetenskap en hoe DNS gebruik word om misdade op te los, en het toe begin aansoek doen vir ‘n pos by die polisiediens se forensiese laboratorium.

“Die eerste keer wat ek aansoek gedoen het, was nadat ek my BScgraad gekry het en toe talle kere daarna! Ek is uiteindelik in 2010 daar aanvaar.”

Haar werk vereis dat sy DNS-bewyse wat by misdaadtonele versamel is gebruik om individue aan ‘n misdaad te verbind.

“Deur biologiese tegnieke toe te pas, kan ons unieke DNS-profiele genereer. Deur hierdie DNS-profiele met verwysingsmonsters te vergelyk, kan ons bepaal aan wie die DNS behoort wat op ‘n misdaadtoneel gevind is. Op hierdie manier kan ons help om individue wat van ‘n misdaad verdink word skuldig te laat bevind, of help dat hulle vrygespreek word. Ons werk met die aakligste misdaadsake en niks is meer bevredigend as om onskuldige slagoffers van misdaad te help deur bewyse te lewer wat tot ‘n skuldigbevinding kan lei nie. Dit is vreeslik lonend om te weet dat jy gehelp het om ‘n misdaad op te los.

“Maar nie alle sake is krimineel van aard nie. My werk fokus ook op die identifisering van vermiste persone of ongeïdentifiseerde liggame. Die werk wat ek doen, is dus belangrik vir die slagoffers wat niemand glo nie of wat nie meer daar is om hul kant van die saak te stel nie.”

Gwynneth, wat getroud is met Stanley en die ma is van Christian en Cruz, wy haar ook toe aan ‘n saak wat nie altyd die aandag kry wat dit verdien nie: ma’s wat sukkel met borsvoeding.

“Toe ek my oudste seun Christiaan verwag het, het ons outomaties aanvaar dat hy geborsvoed sou word. Maar dit het nie so natuurlik gekom as wat ons gedink het nie. Niemand het ons vertel hoe ingewikkeld borsvoeding is nie, hoeveel daar is om te leer en hoe belangrik ‘n gemeenskap is vir ondersteuning nie. ‘n Vriend van my het my toe vertel van La Leche League South Africa, ‘n vrywilligerorganisasie wat inligting en ondersteuning verskaf aan vroue wat hulle babas wil borsvoed. Dit het vir my só ‘n ondersteuningstelsel geword en ek het só baie geleer dat ek ook as vrywilliger betrokke geraak het. Ek bied nou aan ander ma’s dieselfde ondersteuning wat ek van dié organisasie ontvang het.

“Niks gee my meer vreugde as om ‘n ma in die vroeë dae van haar borsvoedingsreis te help en dan maande later by haar te hoor dat sy steeds borsvoed nie. Dit is die beste gevoel ooit wanneer ‘n ma in haarself glo en volhard ten spyte van al die probleme.”

Gwynneth, wat in Mitchells Plain grootgeword en aan Portland High gematrikuleer het, vertel sy kom ook al ‘n lang pad saam met die US. Sy het in 1999 ‘n winterskool, aangebied deur die US se Sentrum vir Pedagogie, bygewoon en daarna besluit om aan die US te kom studeer. Sy het dié raad vir jongmense wat groot drome droom: “Jaag jou drome na en moenie twyfel in jou vermoëns nie. Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie, so gebruik elke geleentheid. Harde werk word altyd beloon.

  • Skrywer: Daniel Bugan
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Universiteite is enjins vir innovasie en navorsing – Prof Sibusiso Moyo

‘Bridge the Gap’-boomversiering

Die Departement Bos- en Houtwetenskap het drie PhD-studente in Desember 2022 gegradueer.

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.