Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘Geneser, improviseerder en vakkundige’

Die pianis, komponis, vervaardiger, opvoeder, en navorser Nduduzo Makhathini is ’n Suid-Afrikaanse jazzbaanbreker en het al talle ongelooflike prestasies behaal.

Sedert sy eerste optredes in die vroeë 2000’s by die Grahamstad Nasionale Kunstefees het hy met menige bekende kunstenaar plaaslik en oorsee saamgewerk. Dít sluit in Wynton Marsalis, Shabaka Hutchings, Nasheet Waits, Somi en Black Coffee. Hy het ook die unieke geleentheid gehad om die bekende pianis Bheki Mseleku as mentor te hê.

Nduduzo se uitsonderlike talent het hom boonop verskeie toekennings besorg, soos Standard Bank se Jong Jazzkunstenaar van 2015, ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) in 2017, 2018 en 2021, ’n All Africa-musiektoekenning (AFRIMA) in 2017, en ’n Mzantsi-jazztoekenning (MJA) in 2017 en 2018.

Ondanks al sy sukses het hy nooit vergeet waar hy vandaan kom nie. Trouens, sy Zulu-erfenis vervul ’n kernrol in sy musiek.

“Ek word diep geïnspireer deur die helende en motiverende eienskappe van die Zulu- of Afrikakrygerkode. My musiekstyl kan beskryf word as ’n kombinasie van geestelike jazz, moderne elemente en my Zulu-erfenis.”

Nduduzo, wat van uMgungundlovu (Pietermaritzburg) in KwaZulu-Natal af kom, beskryf homself as ’n geneser, improviseerder en vakkundige. “Ek stel belang in improvisasies in Suid-Afrikaanse jazz en hoe dit by spiritualiteit aansluiting vind. Dít spruit uit my grootwordjare in ’n musikale gesin en gemeenskap, en die voorreg om in ’n rituele konteks van klank te kon leer. Hierdie belangstellings het my op ’n uitgebreide, wêreldwye soektog gestuur – iets waarvoor ek baie dankbaar is,” sê hy.

Hy het weliswaar met musiek in die huis, die kerk én sy gemeenskap grootgeword. Sy ma was sy eerste klavieronderwyser, en sy pa het kitaar gespeel en in die Maskandi- (Zulu-volksmusiek) styl gesing. “Ek het gewoonlik na elke kerk in my omgewing toe gestap net om na die musiek te luister, en dikwels geloop voordat die preek begin,” onthou hy.

Nduduzo het reeds agt albums van sy eie vrygestel sedert hy en sy vrou, die sanger Omagugu Makhathini, in 2014 die platemaatskappy Gundu Entertainment gestig het. Danksy die sukses van sy albums het hy in 2018 ’n kontrak by Universal Music South Africa losgeslaan. Skaars ’n jaar later het hy die eerste SuidAfrikaner geword wat ‘n kontrak met die ikoniese jazzvervaardiger Blue Note Records gesluit het vir sy album Letters from the Underworlds (2020) en onlangs ook In The Spirit Of Ntu (2022).

Daarbenewens het sy ondersoekende gees tot ’n loopbaan in die akademie gelei. Hy is die hoof van Musiek aan die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Hy is ook tans as ’n PhD-kandidaat by die Universiteit Stellenbosch ingeskryf nadat hy sy Magistergraad in Musiek by Maties voltooi het.

“Ek benader musiek met veel groter vrae oor menswees. Vrae fassineer my. Ek glo as jy enigiets deeglik genoeg bestudeer, sal jy altyd ’n nóg dieper vlak van ondersoek ontdek. Dit is eintlik nie net die strewe na konkrete doelwitte wat ons voortdryf nie, maar ook hoe ons lewenspaaie tot nuwe vrae lei,” filosofeer hy. “Vir my PhD in die besonder ondersoek ek musiek-improvisasie in Suid-Afrika teen die agtergrond van Afrika-kosmologieë.”

Hy gee sy vrou die eer dat sy hom in staat stel om tegelykertyd te kan optree, musiek skryf, onderrig en leer. “Ek is met ’n ondersteunende maat geseën. Sy is self ’n ongelooflike kunstenaar, maar ondersteun al jare lank onbaatsugtig my reis. Sy maak alles moontlik, en ek het haar innig lief.”

Wat die toekoms betref, sal Nduduzo graag WesAfrika wil besoek om meer uit te vind oor die praktyke van daardie streek se griots, wat as storievertellers, sangers, musikante en mondelinge historici dien. “Ek voel daar is baie aspekte van die griotpraktyke wat met myne ooreenstem. So, ek is opgewonde oor die moontlikheid om meer daarvan te leer.”

  • Skrywer: Birgit Ottermann
  • Foto: Hugh Mdlalose
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

UITKOMS VAN SDK-VERHOOR: MNR THEUNS DU TOIT

US verloor gewaardeerde en lojale vriend

Dowe storievertellers help Universiteit Stellenbosch om onderrigmateriaal te skep

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!