Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Stellenbosch Alumni gereed vir Cape Epic vir #Move4Food

Sedert 2020 en regdeur die COVID-19-pandemie moes Francois Swart en Robert van Staden die wiele aan die rol hou om te verseker dat hulle fiks bly vir die Absa Cape Epic. Nou het hulle tyd uiteindelik aangebreek, en van 20 tot 27 Maart gaan hulle die 657 kilometer en 16 900 meter se klim oor agt dae aandurf, terwyl hulle bewusmaking vir die Universiteit Stellenbosch se #Move4Food-veldtog skep.

Swart, by Fasiliteitsbestuur, en Van Staden, by die Fakulteit Opvoedkunde, het kragte saamgesnoer om die moeilike Cape Epic in 2020 te ry. Ongelukkig het COVID-19 hul planne verongeluk. Hulle moes toe maar hul die bergfietse eers weggesit het. Nadat die Cape Epic die groen lig gekry het, het hulle weer in die saal geklim en weer probeer fiks en oefen om hierdie uitmergelende wedren aan te pak, terwyl hul ook hul werk- en gesinsverpligtinge nakom. Dit sal Swart se 5de Cape Epic en Van Standen se 4de wees, en die eerste keer dat hulle as ‘n span saamry vir ‘n liefdadigheidsorganisasie.

Omdat niemand geweet het wanneer die wedren sou plaasvind nie, moes ons ryers ook hul geldinsamelingspogings vir ‘n rukkie stop. Hulle doen nou weer ‘n beroep op mense om hul liefdadigheidswebwerf te besoek en te skenk aan hierdie #Move4Food-studenteveldtog wat in Augustus 2018 afgeskop het. Die doel is om kosbanke op te rig sodat geen student op kampus honger hoef te lei nie. Studente en Alumni regoor die land het reeds uitdagings aangepak om fondse vir hierdie waardige veldtog in te samel, insluitend die US se rektor en visekanselier prof Wim de Villiers, wat op 13 Maart vanjaar die Kaapstad-fietstoer vir #Move4Food gaan ry.

Swart het voorheen gesê: “Om te dink dat daar een uit elke 100 studente is wat nie kos het om te eet terwyl hy of sy aan die US studeer, is harverskeurend. Hoe kan jy honger wees en steeds akademies suksesvol wees?” vra Swart, wat mense aanmoedig om donasies te maak vir hierdie veldtog. “Dit het net nooit by my opgekom dat daar studente hier op kampus is wat nie kos het om te eet nie. Dit is vir ons so belangrik om soveel as moontlik bewustheid te skep sodat ons kan verseker ons studente lei nie een dag honger nie en is akademies suksesvol.”

“Ons sal bewustheid skep en die lewens van studente op kampus verander,” sê Van Staden. “Dit is meer as om net deel te neem aan ‘n wedren. Elke dag as ons oefen, kan ons nie help om te dink hoe swaar moet dit wees vir studente wat nie eens hul basiese behoeftes kan bevredig nie. Dit sal vir ons die grootste vreugde gee as ons ons teiken vir die veldtog bereik en die Epic voltooi sonder enige beserings,” sê Van Staden.

“Skenk asseblief” is die pleidooi van die #Move4Food Epic-span. “Daar is nie ‘n ding soos ‘n klein skenking nie – elke bietjie help.” As jy die span wil ondersteun in hul fondsinsamelingsfoefie, kliek asseblief hier.

More articles

Maties kraai eerste keer koning in Varsity-kriekettoernooi

Prof Volmink ontvang eredoktorsgraad vir baanbrekersrol in bewysgebaseerde geneeskunde

Namibiese alumna ’n lig op volgende geslag Maties se pad

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!