Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Onderrig sleutel tot ekonomiese gelykheid

Dr Nwabisa Makaluza bevraagteken maatskaplike onreg al van kleins af. Gebore in Butterworth in die Oos-Kaap, het sy dikwels gewonder hoekom sekere mense anders as ander behandel word. “Op ‘n baie jong ouderdom was ek reeds geïnteresseerd in ongelykhede… om sin daarvan te probeer maak.” Sy wou by die kern van ekonomiese ontwikkeling uitkom “om uit te vind hoe om billikheid te verkry”.

Dit het gelei tot ’n Bcom-graad (Aktuariële Wetenskap), en later haar BCom Honneurs (Wiskundige Statistiek en Waarskynlikheid) en ’n Meestersgraad in Ekonomie aan die US.

Sy is tans ‘n navorsingsgenoot by die eenheid vir Navorsing oor Sosio-ekonomiese Beleid aan die US, waar sy ook haar PhD in Ekonomie voltooi het. “Wat ek gedink het Ekonomie vir my sou beteken, is om antwoorde op my vrae te help vind.” Sy het egter méér vrae gevind – iets wat sy geniet.

Tydens haar tydvak in arbeid het sy die informele sektor bestudeer. Haar werk het spesifiek gefokus op watter afdeling van die sector potensiaal sou toon vir groei, teenoor indiensneming bloot vir oorlewing. “Daar was geslagsongelykhede. Die informele sektor het nogal baie vroue, maar hulle was meestal in die oorlewingsektor.

Dít het my gepla. “Dis ‘n herhalende siklus – jy het aanvanklike kapitaal nodig om ondernemingsgroei te beleef, maar as jy probeer om jou gesin te voed en net aan die lewe bly, vind jy uiteindelik jou weg na die oorlewingsdeel van die informele sektor.”

Gedurende die laaste jare van haar PhD-studies het sy toegang verkry tot ‘n datastel wat die land se werkloosheidsyfer van ongeveer 1996 tot 2016 karteer het, en ‘n referaat deur Martin Wittenberg wat ongeveer teen die aanbreek van demokrasie bekendgestel is. “Ons het hierdie hoë werkloosheidsyfer gehad, maar dit was ook ‘n tyd van hoop.” Sy het gesien hoe ons land se werkloosheidsyfer staties bly.

“In onlangse tye het die kurwe opwaarts begin beweeg, en ek het gedink, nee, daar móét iets anders wees.”

Toe het dit tot haar deurgedring: “’n Draad wat deur alles gevleg was, benewens  groei, was onderwys.” Sy het gevoel dat sy die “nuttigste” kan wees waar haar werk kinders kon help om grondliggende geletterdheid en syfervaardighede aan te leer wat hulle deur hul lewens heen kon bevoordeel.

Nwabisa was aan die hoof van die Limpopo-intervensie van die Funda Wande NPO, wat daarop gemik is om kinders teen 2030 met begrip te laat lees en berekeninge met selfvertroue te laat doen. Deur ‘n ewekansige kontroleproef van 120 skole te gebruik, het ’n verslag deur onafhanklike evalueerder Cally Ardington bevind dat die groep wat onderrig-assistente, materiaal en onderwysersopleiding ontvang het, graad 2’s se leerderuitkomste met 125% verhoog het bó die standaard verwagte leeruitkomste van hul akademiese jaar.

Nwabisa het ook ‘n navorsingsartikel geskryf wat getoon het dat meisies hoër leeruitkomste as seuns in die onderwys behaal, terwyl die arbeidsmark omgekeerd werk. “In die arbeidsmark word mans meer as vroue betaal. Dit het baie te make met die geslagsvooroordele in die arbeidsmark, en sosiale norme.”

Nwabisa glo toegang tot geleenthede en “ontwrigting, deur voorspraak” in verskillende studierigtings en sektore is noodsaaklike om die geslags- en rassegapings gelyk te maak. “Solank jy nie ’n diverse gemeenskap het nie, sal bestaande norme voortduur.”

Is Internasionale Vrouedag besig om verandering teweeg te bring?

“Die ding van sosiale geregtigheid is dat dit lyk asof dit stadig beweeg terwyl jy daarin leef. Maar, wanneer ons oor ’n langer tydperk meet en my ouma vergelyk met my ma, dan met my, dan was daar aansienlike verandering.

“Dit voel nie of ons genoeg gedoen het nie. Maar ek dink wel dat my susterskind ‘n beter lewe, beter toegang tot geleenthede en beter uitkomste sal hê. En ek gee erkenning aan die werk van die vroue wat my voorafgegaan het, want daardeur kon ek baat vind en beter uitkomste en geleenthede hê.”

  • Nwabisa is deel van ‘n paneel van merkwaardige Matie-vroue wat op 8 Maart die onderwerp, “The Gender Gap: Creating Transparency for Women to Thrive”, sal bespreek
  • Ter herdenking van Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart dwarsdeur die wêreld gevier word, werp die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) die soeklig op ons merkwaardige vroue, nie net vir ’n dag nie, maar vir die hele Maartmaand.
  • Lees meer hier: https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/swan-iwd23_afr/

More articles

Voorskoolse leerder samel geld in vir Maties se #Train4Fees-veldtog

Die belang van ‘n internskap

My Brew Coffee Roastery borg student se veldekskursie na Mongolië

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!