Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Kom ons ondersteun Allan Boyle se 10 000 m-uitdaging

Daar is ‘n opwindende geleentheid vir ons Maties in Ierland om die lewens te verander van jong Suid-Afrikaners wat ‘n kommerwekkende 64% werkloosheidsyfer in die gesig staar. Ek reik uit na jou met ‘n pleidooi om ons mede-alumnus, Allan Boyle, te ondersteun terwyl hy die einde van sy besonderse uitdaging van 2023 nader. Allan het homself die moeilike taak opgelê om 10 000 meter te klim en €10 000 in te samel vir nagraadse beurse in Datawetenskap en Rekenaardenke aan die Universiteit Stellenbosch (US), sodat ons talentvolle jeug ‘n beter toekoms kan hê.

Allan se fondsinsamelingsinisiatief wil jong Suid-Afrikaners ‘n regverdige kans op sukses in ‘n digitale era bied. Deur Allan te steun kan ons verdienstelike individue toerus met die nodige opvoeding en vaardighede om in ‘n toenemend tegnologie-gedrewe wêreld te floreer. Met jou steun kan ons studente die nodige hulpbronne bied om nagraadse studie aan ons geliefde US te onderneem, en deure open vir vervullende werksgeleenthede.

Saam kan ons ‘n beter toekoms vir Suid-Afrika bou. Help my om Allan se uitdaging te steun. As trotse mede-alumni kan ons ons eensgesindheid toon en hierdie waardige saak steun, wat jong Suid-Afrikaners sal bemagtig om hul volle potensiaal te bereik. Hoe gering die bedrag ook al, jou skenking sal rimpelings van verandering uitstuur en verdienstelike individue help om ons samelewing se groei en vooruitgang te verseker.

Kom ons help Allan om sy teikenbedrag van €10 000 te bereik.

Allan het hom daartoe verbind om elke euro wat geskenk word, euro vir euro te ewenaar, tot ‘n bedrag gelykstaande aan €5 000. Dit beteken dat indien ons altesaam €5 000 kan bydra, Allan daardie bedrag sal ewenaar, wat die ingesamelde fondse op altesaam €10 000 te staan sal bring. Tot dusver is daar €2 000 geskenk en Allan het dit reeds geëwenaar. Kan ons dan asseblief almal bydra om by daardie uitstaande saldo van €3 000 uit te kom?

Gaan kyk gerus na Allan se fondsinsamelingsinisiatief en besluit waar jy kan help by https://www.kindlink.com/fundraising/Stellenbosch-University-SA-Foundation-UK/saltwater.

Kom ons staan saam as die alumni-familie en laat ‘n blywende indruk na.

More articles

Haar storie, op háár terme

Prof Wim gereed vir Kaapstad-fietstoer ten bate van #Move4Food

Universiteit Stellenbosch verleng sluitingsdatum vir befondsingsaansoeke tot 30 November 2022

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!