Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Hibridiese ADA-winterskool lui terugkeer na kontakaanbod in

Om uitnemendheid in doktorale onderrig in Afrika te versterk, bied die Afrika Doktorale Akademie (ADA) van die Universiteit Stellenbosch (US) seisoenale doktorale skole en maandelikse webinare aan. Weens die pandemie moes alle aktiwiteite sedert die winterskool van 2020 na die kuberruimte verskuif. Noudat die wêreld egter stadigaan van die Covid-19-krisis begin herstel, het die winterskool van 2022 in hibridiese vorm plaasgevind.

Die geleentheid, wat van 29 Junie tot 15 Julie 2022 plaasgevind het, het uit 12 kursusse met meer as 120 deelnemers bestaan. Sewentien het ingeskryf vir die kontakkursus “Inleiding tot SPSS”, wat die US se dr Cindy Steenekamp van 4 tot 8 Julie aangebied het. Deelnemers het waardevolle inligting ontvang oor die gebruik van die sagteware SPSS (“Statistical Package for the Social Sciences”) om hulle navorsingsdata te ontleed. Die kursusinhoud is goed ontvang, soos die volgende deelnemerkommentaar toon:

“Hierdie ADA-kursus het my belangstelling in statistiese dataontleding geprikkel. Dit het my ook geleer hoe om die vrae in my navorsingsvraelys behoorlik te struktureer. Ek kan eerlikwaar sê dat ek nou baie meer ingelig is.”

“Die kursuservaring was fantasties! Die oefeninge en opdragte was gepas en het my ‘n goeie begrip van dataontleding met SPSS gegee.”

Vir die oorblywende 11 kursusse van die skool het deelnemers aanlyn ingeskakel. Hierdie kursusse het oor onderwerpe soos navorsingsmetodologie, dataontleding, skryf en publikasie sowel as projekbestuursvaardighede gehandel.Picture1.jpg

Formaatverandering vir ADA-skool: ‘n Collage van aanlyn en kontakdeelnemers aan die ADA-winterskool van 2022.

Hoewel die aanlyn ADA-skole uiters suksesvol was, sien deelnemers, organiseerders én aanbieders ewe veel uit na die ADA-somerskool in Januarie 2023 wat hopelik ten volle in kontakvorm aangebied sal word. Dít sal deelnemers weer die persoonlike interaksie en fisiese ervaring van die prentjiemooi Stellenboschstreek bied waarvoor die ADA-skole vóór Covid bekend was.

More articles

Tegnologiefundi verander ook lewens

#SWAN: Dr Karen Garner se reis van gebreekte telefone na ingenieursdeurbrake

SciMathUS 2021: Dit hang nou van jou af

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!