Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

In memoriam Dr Rehana Malgas-Enus

Dit is met groot hartseer dat die Universiteit Stellenbosch-gemeenskap verneem het van die skielike heengaan vroeër die week van dr Rehana Malgas-Enus, ‘n senior lektor in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Sy was in Duitsland waar sy ‘n Eleanor Trefftz-genoot aan die Dresden Universiteit van Tegnologie was.

In ‘n huldeblyk het prof Peter Mallon, hoof van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap, gesê sedert Rehana in 2013 by die Departement aangesluit het, het sy ‘n beduidende impak op alle gebiede van diens aan die Universiteit Stellenbosch en die breër chemiegemeenskap gemaak. Sy was ‘n uitstaande en passievolle dosent en is onlangs as sodanig erken deurdat sy in 2021 deur die beste eerstejaarstudent in die Fakulteit Natuurwetenskappe aangewys is as die dosent wat die meeste tot hul akademiese prestasie bygedra het.

Rehana het die nanotegnologie-navorsingsgroep in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap gevestig en gelei en het ‘n beduidende bydra gelewer tot nagraadse studente-opleiding as navorsingspublikasie-uitsette.

Rehana sal onthou word vir haar passie en pogings om belangstelling in chemie te bevorder, veral by minderbevoorregte leerders. Sy het die Universiteit Stellenbosch se chemie uitreikinisiatief (SUNCOI) gestig en bestuur. Sedert 2013 het baie duisende leerders en onderwysers daaraan deelgeneem. Die inisiatief het ook nasionaal uitgebrei, met die mees onlangse geleentheid wat vroeër vandeesmaand by die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind het.

​Prof Mallon het gesê hulle is opreg dankbaar vir Rehana se vele bydraes: “Met Rehana se heengaan het ons ‘n kollega verloor wie se passie, toewyding en dryfkrag baie mense beïnvloed het. In die tyd wat sy by ons was, het sy soveel bereik, dikwels teen alle verwagtinge in, en ons betreur die feit dat ons met haar heengaan iemand verloor het wat ongetwyfeld ‘n groot impak en bydrae sou gemaak het.”

Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, het gesê Rehana se passie en toewyding het almal geïnspireer wat met haar in aanraking gekom het: “Sy het ‘n passie vir studente gehad, en ‘n passie om geleenthede vir minderbevoorregte leerders te skep. Niks was vir haar te veel nie, en al haar projekte en inisiatiewe is tot in die fynste besonderhede beplan. Sy laat ‘n blywende nalatenskap na in al die lewens wat sy aangeraak het.”

Prof Jacqueline du Toit, namens die genote van die Toekomstige Professore-program, het ook hul innige simpatie betuig: “Rehana was ‘n wonderlike onderwyser, ‘n toegewyde skolier en ‘n inspirerende mens.”

In ‘n huldeblyk aan sy voormalige student en kollega vir meer as twintig jaar, het prof Selwyn Mapolie van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap gesê dat hy Rehana die eerste keer in sy tweedejaar-chemieklas aan die Universiteit van Wes-Kaapland teëgekom het: “Sy was een van die sterkste rolmodelle wat ek nog ooit teëgekom het vir daardie studente wat uit enkelouerhuishoudings of verarmde agtergronde gekom het. Sy was in die geheel ‘n ware kampioen vir die gemarginaliseerdes.”

Hy het vertel hoe sy onlangs ‘n sukkelende PhD-student van Atlantis vir agt weke by haar huis ingeneem het om hom in staat te stel om die finale opskryfwerk vir sy PhD te doen. Hy is nou ‘n nadoktorale genoot aan die Universiteit van Johannesburg. ‘n Paar jaar gelede is kanker by een van haar nagraadse studente gediagnoseer kort voordat hy sy proefskrif ingedien het. Ná sy dood het sy seker gemaak die proefskrif word geëksamineer en dat die graad postuum toegeken word. Sy het ook hard baklei om ‘n tegniese beampte in die departement in staat te stel om ‘n MSc aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie te voltooi – hy dien nou ‘n voorstel in vir sy PhD-studies aan die US.

Hy is ook trots op hoe sy voormalige PhD-student haar eie navorsingsgroep en nisnavorsingsarea gevestig het: “Sy het haar uiteindelik in so ‘n mate op die gebied van nanotegnologie gevestig dat haar navorsingsloopbaan uiteindelik posgevat het. Haar heengaan gaan ‘n groot leemte in ons departement laat,” het hy gesê.

Dr Malgas-Enus het op die redaksie van Springer Nature Applied Sciences gedien, en was ‘n lid van die bestuur van die Catalysis Society of South Africa (CATSA) en die Wes-Kaapse afdeling van die South African Chemical Institute (SACI). Sy was ook die huidige tesourier van die Royal Society of South Africa. In 2021 is sy gekies om aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se Toekomstige Professore-program deel te neem. Vir haar deurlopende uitreikwerk is die NNS se Toekenning vir Uitnemendheid in Wetenskapbetrokkenheid in 2018 aan haar toegeken.

Mnr Jabu Lukhele, tegniese beampte in die departement en medebestuurder van die SUNCOI-inisiatief, het gesê sy was sy vriend, mentor, toesighouer en kollega: “Ons het chemie geneem na plekke in Suid-Afrika waar niemand bereid was om te gaan nie. Sy is een van die mees gedrewe mense wat ek nog ooit ontmoet het. Ek het so baie by haar geleer. Ek belowe om haar eendag trots te maak op my.”

Boodskappe van medelye is ook ontvang van prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, en prof Jonathan Jansen, projekleier van die Futures Professors-program en uitgelese professor aan die US, en mnr. Ronald S. Engelbrecht, kurrikulum koordineerder vir die Metro-Suid Onderwysdistrik van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

More articles

Eendrag: 2021 Reünie

Dis net omdat ek gewaag het, sê Songezo Mabece

#SWAN: Top mediese navorser ’n kampvegter vir moeder- en kindergesondheid

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!