Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ooreenkoms tussen US se Kampusgesondheidsdiens en Stellenbosch-hospitaal stroomlyn dienste

‘n Grensverskuiwende ooreenkoms is onlangs tussen die Universiteit Stellenbosch se Kampusgesondheidsdiens (KGD) en die Stellenbosch-hospitaal onderteken wat ‘n positiewe invloed op studente uit lae-inkomste huishoudings sal hê wat nie toegang tot privaat mediese dienste het nie.

Die Memorandum van Verstandhouding (MvV) stel pasiënte van KGD in staat om maklik toegang tot dienste by die Stellenbosch-hospitaal te verkry. Hierdie ooreenkoms sal verwysings na die hospitaal, asook toegang tot medikasie wat met provinsiale gesondheidsprotokolle belyn is, laboratoriumtoetse en radiologie- (x-straal-) ondersoeke vergemaklik. Dr Natasha Blanckenberg, Bestuurder: Mediese Dienste by die Stellenbosch-hospitaal, het by die ondertekening van die ooreenkoms gesê dit beteken dokters by die US se kampuskliniek kan pasiënte wat nie mediese fonds het nie, of wat normaalweg plaaslike klinieke sou gebruik het, sonder ‘n verwysing van ‘n staatsdokter direk verwys om toegang tot dienste soos bloedtoetse of X-strale te verkry. “In wese sal studente nie meer ‘n ander dokter by die staatsfasiliteit hoef te sien nie, aangesien die verwysingsbrief van CHS voldoende is om hulle direkte toegang tot die staat se mediese dienste te gee,” het Blanckenberg verduidelik.

Die eerste samewerking het tydens die Covid-19-pandemie plaasgevind toe dienste soos immunisering tussen die KGD en die Provinsiale Gesondheidsdienste op Stellenbosch gesinchroniseer is, sê dr Pierre Viviers, Senior Direkteur: KGD. “Die samewerking het baie goed gewerk en het ons geïnspireer om voort te gaan om ons dienste te belyn om maklike toegang tot mediese dienste vir alle studente te verseker. Die protokolle wat ons by die CHS gebruik, is met die nasionale en provinsiale gesondheidsdepartement se protokolle belyn en het bygedra tot die seepgladde belyning tussen die entiteite. Dit verminder tyd vir studente én die druk op die Stellenbosch-hospitaal, veral in mediese noodgevalle,” het Viviers verduidelik.

Viviers het bygevoeg dat dit vir studente belangrik is om te besef dat hoewel die MvV dienste mag bespoedig, die nuwe reëling nie enige US-pasiënt toelaat om by die tou in te druk wanneer hulle vir medikasie of spesiale toetse verwys word nie. Die enigste verskil is dat hulle nie eers ‘n gesondheidswerker by die hospitaal hoef te konsulteer sodra hulle deur die CHS verwys is nie.

Prof Wim de Villiers, Rektor en visekanselier, het die inisiatief geloof en gesê dit toon dat die US se betrokkenheid by studente verder strek as die klaskamer. “Ons kondig hierdie MvV met die Stellenbosch-hospitaal met trots aan. Hierdie samewerking weerspieël ons toegewydheid om te verseker dat elke student, ongeag hulle agtergrond, toegang het tot hoë-gehalte mediese dienste het. Ons verstaan die uitdagings wat studente uit lae-inkomstehuishoudings dikwels in die gesig staar, en hierdie vennootskap is ‘n belangrike stap om gesondheidsorg billiker en geredeliker aan almal beskikbaar te stel,” het De Villiers gesê.

​FOTO: Stefan Els

More articles

Dr Antoinette van der Merwe aangestel as hoof van die Universiteit Stellenbosch se IT-afdeling

Twéé Fiёstas vir nagraadse onderwysstudent na talle afkeurings

Besoek aan die Stellenbosch Biblioteek Innovasieruimte: ʼn Buitengewone, asemrowende ervaring

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!