Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Netwerke neem internasionalisering vorentoe

Die Internasionale Netwerk van Universiteite (INU) het in Augustus sy 25ste bestaansjaar in Hirosjima, Japan, gevier. Dit was ‘n heuglike geleentheid, veral vir die Universiteit Stellenbosch (US), want dit was die eerste byeenkoms van die netwerk onder die US se voorsitterskap, wat ons tot 2025 sal beklee.

Dit was vir my persoonlik ‘n eer om as voorsitter van die geleentheid op te tree. INU is een van die mees prestigeryke netwerke waartoe die US behoort.

Die INU-waardestelling lui soos volg: “Ons heg waarde aan die ontwikkeling van internasionaal betrokke en maatskaplik verantwoordelike agente vir verandering wat hulle daartoe verbind om die kompleksiteite van wêreldwye en plaaslike politieke, ekonomiese, maatskaplike, kulturele en omgewingsuitdagings te verstaan en te hanteer.”

Daarbenewens glo INU dat universiteite deur saam te werk sinvolle verandering op verskeie vlakke – plaaslik, nasionaal, in streeksverband én wêreldwyd – kan teweegbring. Dít is gegrond op die oortuiging dat universiteite vennootskappe en netwerke nodig het om hulle institusionele doelwitte en oogmerke te verwesenlik en verandering en vooruitgang in die samelewing te bewerkstellig.

Dit strook goed met die US se Internasionaliseringstrategie, wat netwerke soos INU op prys stel. Ons probeer soek juis na sulke wedersyds voordelige netwerke waar ons met die voorste universiteite ter wêreld kan skakel en saamwerk.

Trouens, netwerkdeelname is deel van die US se Visie 2040. Vir ons is netwerke ‘n innoverende manier om ons internasionale voetspoor uit te brei en internasionalisering in die hoër onderwys vorentoe te neem, die toekoms in.

Netwerke verhoog hulle lede se wêreldprofiel en stel ons navorsers en studente in staat om op verskeie maniere saam te werk. Dít is waarom die US tans tot ten minste 34 netwerke behoort, waarvan meer as 12 op die Afrikavasteland is en die res oorsee.

Die US sal voortaan voortgaan om ‘n kernrol in wêreldwye netwerke te speel en internasionalisering op dié manier vorentoe te neem.

  • Prof Hester C. Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake

More articles

Birthday for Bursaries bied ondersteuning aan gesondheidswetenskappe studente

US bied internasionale netbalkonferensie vóór wêreldbekertoernooi aan

De Oliveira en Moyo ontvang Duitse Afrikatoekenning 2022

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!