Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Jong vroue bemagtig vir ’n toekoms in die druiwe- en wynbedryf

Stellenbosch en die Universiteit se Wingerd- en Wynkunde Winterskoolprogram 2023, wat propvol leergeleenthede en inspirasie gepak was, het ‘n blywende indruk op 22 vroulike graad 11-leerders uit verskeie provinsies gelaat. Die drie daelange program wat deur die Fakulteit AgriWetenskappe en die Departement Wingerd- en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) gereël is, is in vennootskap met die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DLGLO), die Kaapse Wynmakersgilde (KWG), en die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut aangebied. Hierdie transformerende reis het die jong vroue na wynplase in die Stellenbosch-distrik geneem, en vir ‘n unieke ervaring en ‘n dieper insig in die boeiende wêreld van die druiwe- en wynwetenskappe gesorg.

Die gekose deelnemers was afkomstig van die hoërskool Nkomazi, die Ermelo gekombineerde skool, die Guduza sekondêre skool en die Warburton gekombineerde skool, Wem gekombineerde skool in Mpumalanga; die sekondêre skool Tsoseletso in die Vrystaat; en die SciMathUS‑program aan die US. Die leerders en studente is na verskeie wynplase begelei, waar hulle die geleentheid gehad het om met kundiges in die bedryf te skakel en praktiese insig in die kuns van wynmaak te kry.

Die leerders en studente het die voorreg gehad om ‘n driedagbesoek te bring aan die streek se bekendste en skilderagtigste wynplase, waaronder Vredenheim, Lievland, Babylonstoren, The House of JC Le Roux, en die Alto Wynlandgoed. Te midde van die welige wingerde en moderne kelders kon deelnemers die kuns en presisie waarneem wat met die produksie van uitsonderlike wyne gepaard gaan. Bedryfskenners het as gidse opgetree en hulle reis, kennis en kundigheid mildelik gedeel, wat die jong vroue se ervaring verryk het.

Kgalalelo Modiakgotla, een van die entoesiastiese studente van SciMathUS, het haar opgewondenheid oor die program gedeel. “As ‘n SciMathUS-student het ek hierdie program baie geniet. Die program was nie net pret nie, maar ook leersaam. Ek het soveel geleer oor die verbouing van druiwe in die wingerde en van die wynmaakproses, wat vir my baie interessant was.”

Michelle Makwela, ‘n graad 11-leerder van die Wem gekombineerde skool sê, “Die program was vir my ‘n aangename verrassing want ek het nog nooit voorheen van wingerd‑ en wynkunde gehoor nie. Die tyd om te kon leer in die wingerde en wynkelders het my oë oopgemaak. Ek waardeer die geleentheid; dit was werklik ‘n voorreg om deel van die winterskoolprogram te wees.”

Met hierdie praktiese benadering word ‘n diepgaande begrip van die wynbedryf aangemoedig, en die jong vroue is aan sowel die wetenskaplike as die artistieke aspekte van wynmaak bekend gestel. Die interaktiewe sessies het hul nuuskierigheid aangewakker en waardevolle insigte oor ‘n loopbaan in die druiwe- en wynbedryf gebied.

“Ons glo absoluut daarin om die volgende generasie wynliefhebbers en wynkundiges te bemagtig,” sê prof Maret du Toit, Visedekaan van die Fakulteit AgriWetenskappe en dosent in Wynkunde aan die US. “Die doel van hierdie program was om hul passie vir die druiwe- en wynwetenskappe aan te wakker en hulle in staat te stel om die uiteenlopende loopbaangeleenthede en graadstudie in die veld raak te sien. Ons was verheug om hul entoesiasme en waardering vir die geleentheid te sien. Om hulle te kon bekendstel aan die druiwe- en wynwetenskappe as ‘n loopbaan, iets wat aan hulle onbekend was, het die week vir my aangenaam en vervullend gemaak,” voeg sy by.

Die sukses van die program sou nie moontlik gewees het sonder die ruim ondersteuning van die deelnemende wynplase nie. Die wynmakers se bereidwilligheid om hul deure vir die leerders te open en hul kundigheid te deel, het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die skep van ‘n werklik verrykende ervaring.

“Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is trots om deel te wees van hierdie program, wat ‘n gees van samewerking tussen opvoedkundige instellings en die professionele bedrywe bevorder. Deur geleenthede soos hierdie poog die Departement om die toekoms van jongmense te vorm en hulle bekend te stel aan ‘n ander sy van die landbou waarvan die meeste van hulle nie weet nie. Die wynbedryf is een van die Departement se geïdentifiseerde prioriteitsareas en daar is ‘n behoefte aan jong vroue om die gaping in die wynbedryf te oorbrug,” sê me Votelwa Ndana van die DLGLO.

Die jaarlikse Wingerd- en Wynkunde Winterskoolprogram wat sedert 2019 aangebied word, het ook nie in 2023 teleurgestel nie. Die jong deelnemers het ‘n besonderse geleentheid gehad om hulle in die wêreld van druiwe en wynmaak te verdiep, hulle kon ‘n liefde vir die saak aankweek en is bemagtig om ‘n toekoms in dié rigting te ondersoek. Die program wil ook in die toekoms die belangstelling van voornemende druiwe- en wynspesialiste en kundiges aanwakker met die voortgesette steun van professionele persone in die bedryf en die toewyding van vennote.

  • Aangesien die meeste leerders nog nie 18 is nie, is geen alkohol tydens die program verbruik nie. 

More articles

Nuwe beursskenkersentrum verhoog die belang van steun vir studentesukses

kliniese proewe vind die eerste veilige en doeltreffende behandeling tot nog toe om om multimiddelweerstandige TB by kinders én volwassenes te voorkom

​’n Uitmuntende graad-oes vir #SciMathUS

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!