Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Jou bydrae is ʼn ‘baken van hoop’

Toe Paige Schimper se studieskuld dreig om nie net haar akademiese loopbaan, maar ook haar loopbaanvooruitsigte te ontspoor, sou sy nie kon dink dat ‘n onbekende beursfonds van die Universiteit Stellenbosch (US) haar die tweede kans sou bied waarop sy gehoop het nie.

​Maar dit is presies wat gebeur het toe dié Matie-alumna in Maart 2023 die eerste ontvanger van die EU/VK-beursfonds geword het.

Die EU/VK-beursfonds, wat in 2019 gestig is, bied akademies begaafde, maar finansieel benadeelde studente die geleentheid om sukses aan die US na te streef en hul volle potensiaal te bereik. ‘n Bedrag van 8 000€ sal ten minste een student vir een jaar voorsien van ‘n volle beurs wat onderrig, behuising, kos en handboeke dek.

Schimper, wat in 2021 ‘n BCom in Inligtingstelsels en Logistiek en Voorsieningskettingbestuur behaal het, verduidelik:

“Toe ek in 2018 met my eerste jaar begin het, het ek ‘n NSFAS-beurs gekry wat my ten volle sou befonds vir my studies. Maar in my finale jaar, in 2021, het ek egter geen geld van NSFAS in my rekening ontvang nie. Ek sit toe met ‘n onverwagse skuld en geen verduideliking van NSFAS nie. Ek kon ook nie my graad- of akademiese rekords ontvang weens my uitstaande studenterekening nie. Van 2021 tot Maart 2023 het ek niks van NSFAS ontvang nie en ek het geweldig daaronder gely. Skuldinvorderaars het my lewe hel gemaak en ek het gesukkel om werk te kry, aangesien maatskappye jou akademiese transkripsies wil sien wat ek nie gehad het nie.”

Sy sê gelukkig het Karen Bruns, Senior Direkteur van Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die US, van haar penarie te hore gekom en haar naam aan die direkteure van die EU/VK-beursfonds vir oorweging voorgelê.

“Ek was onbewus van die beurs totdat Karen my daarvan vertel het. Daar is egter nie genoeg woorde om die dankbaarheid te beskryf wat ek gevoel het toe ek die nuus hoor dat ek die beurs ontvang het en dat my skuld vereffen sou word nie. Die gewig van hierdie las het verdwyn en ek kon die trane van verligting, vreugde en waardering nie terughou nie. Ek kon nie glo dat mense so vrygewig kan wees nie. Ek is verskriklik dankbaar vir die vrygewigheid van almal wat bygedra het om dit alles moontlik te maak.”

Schimper moedig haar mede-alumni aan om dit te oorweeg om tot hierdie beursfonds by te dra.

“Deur tot hierdie beurs by te dra, transformeer jy iemand se toekoms en laat jy hulle toe om hul drome na te streef wat hulle andersins nie sou kon doen nie. Jou bydrae strek verder as net finansiële bystand, dit dien as ‘n baken van hoop, motivering en geloof in die vermoëns van aspirant-individue. Jou vrygewigheid kan ‘n blywende verskil maak en kan dien as katalisator vir iemand se sukses.”

Dié boorling van Durban, wat onlangs haar eerste voltydse pos as junior inligtingstelselsadministrateur begin het, sal self vanjaar ‘n bydrae tot die fonds begin maak.

“Ek wil graag deel wees daarvan om ‘n verskil in iemand anders se lewe te maak, net soos iemand anders ‘n verskil in my lewe gemaak het,” sê sy.

Prominente lede van die US wat tot die EU/VK-beursfonds bygedra het, sluit in die US se Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, wat twee jaar gelede saam met vyf Maties en vriende die Londen na Brighton-fietsrit voltooi het om meer as 8 000 pond vir die fonds in te samel.

More articles

Terugvoer – SAMRK-verslag oor taal

#Matieland: Open deure vir vroue in die wetenskap

US bied internasionale netbalkonferensie vóór wêreldbekertoernooi aan

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!