Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

‘n Billiker wêreld deur digitale insluiting

“Ek is passievol oor vaardigheidsontwikkeling en die bemagtiging van individue en besighede om sukses deur tegnologie te behaal. Een van my grootste prestasies is my vermoë om diegene wat mees behoeftig is te ondersteun deur my nie-winsgewende organisasie, terwyl ek steeds help om verandering binne besighede te dryf,” sê Lisa Varga, stigter en direkteur van The Digital Collective.

“Dit is ongelooflik bevredigend om my stem te gebruik om verandering teweeg te bring en ander te bemagtig om dieselfde te doen. Tot dusver het ons meer as 600 000 mense wêreldwyd opgelei en met wonderlike mense en handelsmerke soos Google, Walmart, Santander, Fujitsu, HSBC, Tik Tok en Amazon gewerk.”

Lisa beskryf haarself as ‘n probleemoplosser van hart, met ‘n mengsel van groot prentjie-denke en praktiese operasionele probleemoplossing.

“My huidige loopbaan is dié van bedryfshoof vir begin- en skaalondernemings. My ervaring strek oor ‘n wye spektrum: van groot tegnologiemaatskappye tot voetsoolvlak-, skaal en nie-winsgewende organisasies. Al hierdie werk het ‘n gemeenskaplike tema gehad om die wêreld ‘n beter en meer regverdige plek te maak deur vaardigheidsontwikkeling, diversiteit en insluiting of digitalisering. Ek het dit baie geniet om besighede te help groei en floreer binne die digitale era en om die impak daarvan te sien op hul werknemers, asook kliënte en eindgebruikers.”

Volgens Lisa is daar nog baie werk wat gedoen moet word om die digitale gaping op wêreldvlak te oorbrug. “Ons leef in die digitale era en om deel te wees van die arbeidsmark het ons almal ‘n mate van basiese digitale vaardigheid nodig. Die statistieke is egter afgryslik met baie volwassenes wat steeds nie oor die basiese digitale vaardighede vir hul werk beskik nie.

As sulks wil ek baie graag my niewinsorganisasie verder uitbrei sodat meer mense regoor die wêreld bereik kan word en indiensneming bevorder kan word deur die aanname van basiese digitale vaardighede.”

Die rede waarom dit so na aan Lisa se hart lê is dat sy grootgeword het in Zimbabwe tydens die erge politieke onrus en hiperinflasie.

“Dit het toegang tot onderwys en digitale tegnologie baie moeilik gemaak vir die oorgrote  meerderheid van die bevolking en die ongelooflike ongelykheid tussen gemeenskappe veroorsaak.”

As ‘n eerstegenerasie-universiteitstudent wat deur ‘n enkelma grootgemaak is (Lisa het Menslike Lewenswetenskappe met Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer) het sy self gesien hoe die voorreg om ‘n universiteit te kan bywoon en toegang tot onderwys en vaardighede te kry, haar lewe en geleenthede heeltemal verander het.

“Ek het dit my missie gemaak om daardie voorreg te gebruik om dieselfde geleenthede te skep vir diegene wat andersins nie toegang daartoe sou hê nie,” verduidelik sy.

Oor 2023 se Internasionale Vrouedag-tema, #EmbraceEquity, sê Lisa: “Om billikheid te omhels moet jy eers probeer om dit te verstaan. Billikheid is nie net nog ‘n woord vir gelykheid nie.

Billikheid neem in ag dat mense op verskillende vlakke van voorreg begin en wil verseker dat ons almal daartoe in staat is om toegang tot dieselfde geleenthede te kry.

“Die omhelsing van billikheid gaan oor die begrip van interseksionaliteit en hoe jy jou voorreg en stem kan gebruik om ander in die kamer te verhef. Verandering vind nie oornag plaas nie – ons moet bondgenote en voorstanders skep om verandering te kataliseer.”

  • Kom luister na Lisa op Dinsdag 21 Maart in Londen waar sy gaan gesels oor hoe vroue hul verskille kan vier en waardeer.
  • Ter herdenking van Internasionale Vrouedag wat op 8 Maart dwarsdeur die wêreld gevier word, werp die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) die soeklig op ons merkwaardige vroue, nie net vir ’n dag nie, maar vir die hele Maartmaand.
  • Lees meer hier: https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/swan-iwd23_afr/

 

More articles

Buitengewone Vergadering: Besware

Matie Legends and Pioneers: Morné du Plessis

Afrika Sentrum takel MIV/vigs met veelvlakkige benadering

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!