Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Namibiese alumna ’n lig op volgende geslag Maties se pad

Die alumna Therisia Titus is ’n stukkie dinamiet wat uitdagings laat spat namate sy fluks die leer by NamWater in Windhoek klim.

Die 34-jarige is in beheer van die eiendomsafdeling van Namibië se grootmaatwaterverskaffer. Terselfdertyd is sy ’n aktiewe lid van die US se Namibiese alumni-tak en maak tussendeur al haar verantwoordelikhede tyd om ’n helpende hand na ander uit te reik.

“Ek en takkoördineerder Randall Adams het ’n beursfonds gestig vir Namibiërs wat tans aan die US studeer. Ek was aanvanklik die enigste vrywilliger by die alumni-tak, maar namate ons uitgebrei het, het ons vrywilligers bygekry,” sê sy. ’n Hoogtepunt vir haar was om met die nieregeringsorganisasie van die Namibiese presidentsvrou te vergader om moontlike samewerking te bespreek. “Hulle hoofdoelwit is ook om ’n verskil te maak, veral wat onderwys betref.”

Hulle het heelwat beloftes van borgskappe en skenkings aan die fonds ontvang en fondsinsamelingsgeleenthede begin aanbied. “Met die Desert Dash van 2021 het ons ’n GivenGain-veldtog gehad waardeur ons Namibiese US-alumni gewerf het wat die fietsren van sowat 393 km deur die woestyn van Windhoek na Swakopmund afgelê het. Dit is nogal uitmergelend.” Twee spanne van vier elk het ingeskryf, en elke fietsryer het ’n aanlyn GivenGain-profiel gehad waardeur geld vir die saak ingesamel is. “Ons beplan ook nog ’n paar ander fondsinsamelingsprojekte,” sê Therisia.

Die fonds sal aanvanklik Namibiese Maties met uitstaande studieskuld en registrasiegeld bystaan, verduidelik sy. “Die fonds is maar nog klein – dis nie ’n volle beurs nie – maar ons kan die studente minstens tot die volgende fase help deurdra. Dis ’n saak wat my na aan die hart lê. Ek is grootgemaak met die gedagte dat onderwys jou lewenspad bepaal. Ek wil dít graag so ver ek kan met ander deel en ’n verskil maak, veral op onderwysgebied.”

Sy het in 2008 en 2009 die grade BCom en HonsBCom aan die US verwerf. NamWater het haar van ’n studiebeurs voorsien, en deel van die beursvoorwaardes was dat sy nadat sy gegradueer het vir indiensopleiding by hulle moes gaan werk. Sy het in Januarie 2010 diens aanvaar.

Ná haar opleidingstydperk as leerlingrekenmeester is sy in 2014 tot kosterekenmeester bevorder. “Toe kry ek die pos van bestuursrekenmeester. En in 2015 is ek in my huidige rol as eiendomskonsultant in die sakeontwikkelingsafdeling aangestel.”

Haar bestuursportefeulje sluit bykomende verantwoordelikhede in soos projekbestuur, veranderingsbestuur, kliëntesorg, en sedert Mei ook hulpdienste. Therisia beskik ook oor ’n MBA-graad van die Stellenbosch Bestuurskool en ’n MSc in Dataontleding en Finansies van Arden-universiteit in die Verenigde Koninkryk.

Sy is berese, ambisieus en laat dinge gebeur. As deel van haar MBA was sy deel van ’n uitruilprogram na Leipzig en Praag, en later het sy ’n e-handelskursus by Fudan-universiteit in Sjanghai voltooi. “Wat waardetoevoeging betref, kan ek eerlikwaar sê dat die kennis en onderrig wat ek by die US ontvang het my van my eweknieë van ander plaaslike universiteite onderskei het. Die leierskapsvaardighede wat ek met die MBA opgedoen het, het my op ’n gans ander pad geplaas om ’n beter leier en bestuurder te word, wat verdere deure oopgemaak het.”

Haar ouers het haar altyd stewig geanker gehou, voeg sy by: “My ouers was streng, en wanneer ek hulle van ’n prestasie vertel het, sou hulle sê: ‘Welgedaan, maar dit is vir jou eie toekoms, so jy móét hard werk.’” Daardie les bly haar tot vandag toe by.

“Ek wil altyd my bes doen en ’n verskil maak in mense se lewens en omstandighede waar ek ook al is en waar ek kan.”

  • Skrywer: Michelle Linnert-Jansen
  • Hierdie is die eerste uitgawe van ons tydskrif vir Matie-alumni, en dit weerspieël die stories van vele mense met unieke geeskrag.
    Is jy op soek na ’n paar oplossings vir die lewe, of het jy eenvoudig nodig om weer te hoor hoe teëspoed in geleenthede omskep kan word? Lees dan gerus verder, Matie!
    https://console.vpaper.ca/stellenbosch-university/always-a-matie-202301_afri/

More articles

Janus Nuusbrief 2023

Maties-kenner spandokter vir Spar Proteas Netbalspan

Merkwaardige vroue gevier tydens Vrouemaand: Prof Christa van der Walt

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!