Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Konferensie Bied Vlugtige Blik op Voorbereidheid op Humanitêre Rampe

Toe professor Kathryn Chu ses maande gelede die stigter van Gift of the Givers, dr Imtiaz Sooliman, ontmoet het, was sy so deur die werk van hierdie nieregeringsorganisasie (NRO) besiel, dat sy hulle gevra het om aan ʼn konferensie oor humanitêre rampe saam te werk.

Chu het Sooliman met die idee van ʼn konferensie oor huminatêre krisisse genader toe hy verlede jaar ʼn praatjie aan die US gelewer het. “Hy het gedink dit was ʼn goeie idee en die konsep is gebore.”

Die Voorbereidheid op Humanitêre Rampe-konferensie is dan ook op 27 en 28 Mei by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) gesamentlik deur die Universiteit Stellenbosch (US) en Gift of the Givers aangebied en deur meer as 400 mense uit verskeie vakrigtings bygewoon.

Die sukses van hierdie unieke konferensie en die vraag na soortgelyke geleenthede het Chu, die direkteur van die US se Sentrum vir Globale Chirurgie, aangespoor om ʼn aanlyn kortkursus in humanitêre chirurgie bekend te stel, wat gemik is op chirurge regoor die wêreld wat graag vrywilligerwerk by humanitêre organisasies wil doen. Volgens Chu sal die kortkursus die eerste van sy soort wêreldwyd wees en sal dit oor ongeveer 12 maande in werking tree.

Die konferensie, met die programrede wat deur Sooliman gelewer is, het insig gebied in wat agter die skerms tydens humanitêre rampe gebeur, gegrond op die eerstehandse ervaring van die vrywilligers van Gift of the Givers.

Die organisasie reageer, sedert die ontstaan daarvan meer as 30 jaar gelede, op natuurrampe, waaronder aardbewings, siklone en tsoenamis, en mensgemaakte rampe, soos oorloë, in meer as 45 lande. Spanlede, met inbegrip van een wat vir die konferensie uit Australië moes vlieg, het ondervindings en lesse uit werklike sendings vertel om die logistieke, mediese en etiese beginsels van werk in ramptoestande oor te dra.

Verskeie onderwerpe is gedek, waaronder voorbereiding voor die sending, soek en redding, behoefteontleding, noodverligting en die belangrikheid van spanwerk. Aanbieders het ook gepraat oor logistiek, toerusting en verkryging tydens noodgevalle, en die reël van vervoer.

ʼn Groot deel van die konferensie het gehandel oor hoe om chirurgie en wondversorging tydens rampe te onderneem en hoe om noodvoeding te reël. ʼn Belangrike fokuspunt was die nodigheid van aanpasbaarheid tydens krisissituasies, die belangrikheid van vinnige reaksie, en wat om te doen waar daar geen intensiewesorgeenheid (ISE) is nie.

In ʼn onderhoud beskryf Chu die konferensie as ‘uniek’. “Ek dink nie daar was al ooit ʼn konferensie waar die deelnemers hand-aan-hand met ʼn humanitêre hulporganisasie kon saamloop om uit te vind wat in elke aspek van ʼn ramp-operasie gebeur nie.

“Die meeste mense ken nie die besonderhede van hoe die organisasie reageer, wat in die eerste paar uur ten opsigte van beplanning en voorbereiding gebeur, waar hulle toerusting kry, hoe hulle binne die politieke konteks onderhandel, wat die etiek agter die operasie is, en wie hulle saamneem nie.”

Chu sê dat die Sentrum vir Globale Chirurgie se missie die verbetering van chirurgiese toegang wêreldwyd is. “Dit sluit humanitêre rampe in, waartydens daar ʼn groot behoefte aan chirurgiese sorg is. Die bestaande gesondheidsorgstelsels, met inbegrip van chirurgiese sorg, is dikwels vernietig of het dalk nooit bestaan nie, en kan beslis nie die chirurgiese behoeftes tydens rampe hanteer nie.

“Ons het nog altyd in chirurgiese sorg tydens rampe belanggestel. Ons lei reeds chirurge van regoor die wêreld, wat humanitêre werk wil doen, by Tygerberg Hospitaal op. Hulle kom na Suid-Afrika toe omdat ons openbare gesondheidsorg dikwels met beperkte hulpbronne uitgevoer moet word, wat baie soortgelyk is aan wat jy in ʼn ramptoestand sal teëkom. Baie van hierdie chirurge kom uit ryk lande en is nie daaraan gewoond om sonder al die tierlantyntjies, hoëtegnologie-diagnostiek, MRB-skandeerders (magnetiese resonansie beelding) en so meer, te werk nie.”

 

Die organiseerders het goeie terugvoer ontvang van die deelnemers, wat mediese personeel, studente, jong dokters wat belangstel in vrywilligerwerk tydens humanitêre sendings, en lede van die publiek ingesluit het.

“Dit was die eerste keer dat vrywilligers van Gift of the Givers die kans gekry het om hulle verhale te vertel, en die eerste keer dat al die lede van die kern- mediese span saam op een plek kon wees.

“Dit was katarties om oor hulle werk te praat. Talle het nog nooit hulle eie stories vertel van hoe dit voel om ʼn medikus op een van hierdie operasies te wees en behoeftige mense te help nie. Dit was ʼn manier waarop hulle oor hulle geleefde ondervindings, wat soms traumaties was, kon praat. Die Universiteit beplan om saam te werk aan die skryf van ʼn boek met hulle verhale, na aanleiding van die konferensie.”

Chu sê dat sy hoop dat die Sentrum vir Globale Chirurgie bystand aan die NRO kan verleen, omdat die omvang van Gift of the Givers se respons steeds al groter word. “Hulle doen soveel meer as net mediese hulpverlening, waaronder gyselaarsonderhandelings en voedselverspreiding. As navorsingsentrum kan ons hulle help om hulle uitkomste te evalueer om dienslewering te verbeter, en ons sal graag in die toekoms met hulle wil saamwerk as hulle ons hulp vra.”

In meer besonderhede oor die komende kortkursus in humanitêre chirurgie, sê Chu dat dit chirurge sal toerus om met enige organisasie wat by rampverligting regoor die wêreld betrokke is, saam te werk. “Ek is opgewonde oor hierdie kursus, omdat ek glo daar is ʼn behoefte aan meer mense op die rooster, wat in hierdie omstandighede kan reageer. Wanneer die ramp tref, het jy slegs enkele ure of dae om mense te werf. Selfs as jy as een soort spesialis opgelei is, moet jy baie soorte mediese en niemediese goed tydens ʼn ramp kan doen. Dit is die goed waarvoor vrywilligers behoorlik opgelei sal word.”

 

  • Opskrif: Organiseerders van die Voorbereidheid op Humanitêre Rampe-konferensie by die KIKS

More articles

Rekordgetal van 650 internasionale studente het bymekaargekom om die semester as Matie-studente te begin

Mededingende ‘gaming’ tel spoed op by US, die tuiste van die USSA e-Sport 2023-toernooikampioen

Konvokasie: Verkiesing van Raadslid

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!