Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Magisterstudent in wynkunde op wenpad danksy SciMathUS

Hayli September, ʼn magisterstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), het dalk nie haar hoëronderwysloopbaan begin soos sy gehoop het nie. Nietemin het die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram haar op dreef help kom en is Hayli deesdae ’n trotse nagraadse Stellenbosse student.

SciMathUS bied hoërskoolleerders wat graad 12 geslaag het, maar nie vir hoëronderwyskeuring in aanmerking kom nie, ’n tweede geleentheid om hulle Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-)punte in Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde te verbeter. Sodoende kan hulle dan wéér om universiteitsprogramme aansoek doen.

“Ek het in 2015 gematrikuleer, maar ongelukkig was my punte in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe nie goed genoeg om my jare lange droom te verwesenlik om Meganiese Ingenieurswese aan die US te studeer nie,” verduidelik Haily. “Dit was ’n groot teleurstelling, maar gelukkig is ek vir Teologie aanvaar, al was dit nie my eerste keuse nie. ’n Week voordat klasse sou begin, het die dame wat my by die US-beurskantoor gehelp het, voorgestel dat ek by SciMathUS aanklop. Die sluitingsdatum was toe reeds verby, maar ek het steeds my aansoek ingedien en is op die waglys geplaas. Deur die genade het ek die geleentheid ontvang om my by die SciMathUS-klas van 2016 aan te sluit.”

Deur haar deelname aan die jaar lange program het sy nie net haar punte in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe verbeter nie, maar ook ’n kans gekry om die kampuslewe te ervaar en meer oor al die ander wonderlike studieprogramme by die Universiteit uit te vind. Haily se belangstelling in die kuns van wynmaak en wingerdbou is geprikkel by ’n US Opedag wat sy as deel van SciMathUS bygewoon het. Sy het aansoek gedoen en is in 2017 vir die program BSc in Wingerd- en Wynkunde aanvaar. Boonop het sy ’n beurs van ’n internasionale landboumaatskappy losgeslaan. “Dié keer was ek gereed en ten volle toegerus vir my nuwe avontuur,” sê sy.

Sy gaan sedertdien van krag tot krag en het selfs in 2021 saam met van haar klasmaats ’n Future of Wine-toekenning gewen met die ontwikkeling van ’n “allesomvattende toepassing wat wynliefhebbers help wyne kies op grond van hulle voorkeure”. Haily werk tans aan haar magistergraad in Wynkunde aan die US. “Carmen Stevens, die eerste swart persoon wat in Suid-Afrika as ’n wynmaker gekwalifiseer het, is sedert 2018 my mentor. Sy het my werklik help vorm en geïnspireer, en ek was bevoorreg om in 2021, my vierde jaar, ’n internskap by haar kelder te voltooi.

“Ek hoop om in die toekoms met Carmen te kan saamwerk om my wynmaakkennis en -ervaring verder uit te brei. Ek wil ook graag eendag my eie handelsmerk vestig en vir jong gekleurde seuns en dogters wat in dié loopbaan belang stel, wys dat jou omstandighede nie jou bestemming bepaal nie en dat jy enigiets kan bereik waarop jy jou toelê.”

Haily kom oorspronklik van die dorp Saldanha langs die Weskus, waar sy in moeilike omstandighede in ’n “onkonvensionele huishouding” grootgeword het. Sy gee haar ma alle eer as haar hoofmotiveerder en sê haar familie het haar nog altyd ten volle ondersteun in alles wat sy aanpak. “My ouers was nie volmaak nie, maar het gedoen wat hulle moes om seker te maak dat hulle kinders sukses behaal en eerbare mense word. Ek is dankbaar vir my grootwordjare, sowel die goeie as die slegte tye, en ek sou niks daaraan wou verander nie. Dit het my die veerkragtige, sterk, onafhanklike en optimistiese persoon gemaak wat ek vandag is,” sê sy.

More articles

Tye van verandering

Kasper sit sy modevoet voor

FGGW gee erkenning aan personeel se leer en onderrig prestasies

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!