Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Matie steek die Engelse Kanaal oor

Joshua Ackerman het ’n ver pad gekom sedert sy dae in Akademia op die Stellenboschkampus. Ná twee jaar se inperking in Kaapstad het hy ’n dringende behoefte aan ’n nuwe uitdaging gehad. Aan die begin van 2022 het hy opgepak, sonnige Suid-Afrika verlaat, en al die pad Londen toe getrek, waar hy letterlik golwe maak …

“Ek het vir my swemteikens gestel. Die eerste was om deel te neem aan die Ysswemwêreldkampioenskap wat in Februarie 2022 in Glogow, Pole, gehou is.” Joshua het in die 250m-, 500m- en 1 000m-items meegeding, terwyl die watertemperatuur twee grade Celsius was.

Sy tweede uitdaging van die jaar was ’n ysswemekspedisie in Svalbard, waar hy in water van minus een grade Celsius by 78-grade-noorderbreedte geswem het. “Dit was ’n enorme uitdaging omdat ek nog nooit in sulke uiterste swemtoestande blootgestel was nie, maar ek het daarin geslaag om die 1 000m te voltooi,” onthou hy.

Toe kom wat hy sy belangrikste doelwit noem – om die Engelse Kanaal oor te steek. “Die beplanning en oefening vir hierdie doelwit het al in Suid-Afrika begin. Waar ek in 2018 in Kaapstad met oopwaterswem begin het, het die bemanning en vriende wat ek ontmoet het al verskeie swemtoekennings gehad, en ek is aan al die onderskeie ekspedisies blootgestel, wat eenvoudig by my die langtermyndoelwit geskep het om die Kanaal oor te steek.”

Na ’n jaar van beplanning en oefening het Joshua in September 2022 die Engelse Kanaal, wat as dié langafstand-swemuitdaging beskou word, oorgesteek. “Ek is so opgewonde, maar hoofsaaklik verlig dat ek dit kon doen. Die opbou het vir die grootste spanning gesorg. Jy het ’n venster van ongeveer ’n week waarin jy kan swem, en jou grootste bron van kommer is dat die weer nie gaan saamspeel nie, en dat jy nie eers sal kan probeer nie. So, toe ek eers besef dat ek die kans gaan kry om te swem was dit ’n groot gewig van my skouers af.”

Joshua sê hy sou geensins hierdie prestasie sonder sy span kon behaal het nie. “Dwarsdeur my opleiding was dit Lewis Pugh [Brits-Suid-Afrikaanse uithouvermoë-swemmer en oseaan-kampvegter] wat ’n groot motiveringsbron was en my raad gegee het oor hoe ek kon voorberei. Hy was deel van die bemanning op die boot wat my oor die Kanaal geneem het. Hy het selfs in die donker tye van die swem saam met my geswem.”

Wat is volgende vir hierdie Matie-avonturier? “Die volgende uitdaging waarna ek kyk, is om te vertrek op ’n ekspedisie na Antarktika, waar ek ’n myl wil swem en ook ’n ‘dubbelpolêre swemmer’ wil word.” Verder is Joshua van plan om sy Baccalaureus in die Handelswetenskappe behoorlik te benut terwyl hy in die Verenigde Koninkryk is. “Ek hoop om in te beweeg in die sektor vir snelbewegende verbruikersgoedere of die kleinhandel.”

More articles

Suidooster se Vashti ’n gawe, deernisvolle ster

Tyd, soepelheid belangrik vir gesonde, regverdige en gebalanseerde werkslewe

NOMINASIES VIR LEDE VAN DIE UITVOERENDE KOMITEE VAN DIE KONVOKASIE

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!