Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

#Matieland: Die wêreld staan vir haar oop

Daar is diegene wat in ons glo en kan sien waartoe ons in staat is, selfs al kan ons nie self nie. Vir die bekende eNCAverslaggewer Monique Mortlock is dít haar familie en die Universiteit Stellenbosch (US).

Mortlock het van jongs af geweet dat sy ’n joernalis wil word en mense se verhale wil vertel.

“Ek het nooit as kind gedink dat ek nié daardie droom sou kon bewaarheid nie,” het sy gesê. “My ouers het dit altyd by ons ingeskerp dat ’n mens kan doen waarop jy jou ook al toelê. Ek kry my werksetiek by my ma, en my liefde vir drama en gesels by my pa. Ek wou hulle nog altyd net trots maak.”

Sy het ook geweet dat sy haar droom by die US wou bewaarheid. “Ek wou nog altyd daar studeer. Vandat ek ’n kind was, het my ma my na die opedae geneem. Ek het op die kampus rondgeloop en gedink dis die mooiste plek wat ek al ooit gesien het. Die studente het almal so gelukkig gelyk daar waar hulle op die grasperk en op die Rooiplein saamgekuier het.”

Sy onthou nog goed hoe sy en haar ma die trein na Stellenbosch gehaal het. “Ons het van die treinstasie af kampus toe gestap. Ek sal dit nooit vergeet nie. Sy het so baie opgeoffer. Sy het selfs by die werk verlof geneem om my daarheen te neem. En dít alles omdat sy die potensiaal in my  raakgesien het en daardie drome en strewes wou lewend hou.”

Dit was in graad 11 en 12 aan die Hoërskool Bernadino Heights dat haar US-droom stadigaan begin gestalte kry het. Mortlock is aanvaar vir die Rachel’s Angelsmentorskapprogram, ’n Stellenboschgebaseerde inisiatief wat leerders uit minderbevoorregte gemeenskappe op die uitdagings van tersiêre studie voorberei.

“Dít was my eerste voorsmakie van hoe dit sou wees om ’n student op Stellenbosch te wees,” sê Mortlock. “Ek het saamgepiekel as my mentor klas bygewoon het. Sy het bestuurswetenskappe studeer, en ek het nie juis daarin belang gestel nie, maar alles was net so opwindend. Ek onthou ek het gedink: ‘Eendag sal ek ook in ’n lesinglokaal nes dié een sit.’ Ek het toe geweet dís waar ek wil wees.”

Uiteindelik het ’n werwingsbeurs haar in staat gestel om in 2010 by die US in te skryf, en sy het in 2012 die graad BDram en in 2014 ’n BPhil in Joernalistiek verwerf.

“Gedurende my tyd op Stellenbosch het ek lewenslange vriendskappe gesmee met mense uit verskillende omstandighede en met verskillende sienings. Hulle het my oë geopen vir ’n wêreld veel groter as Kraaifontein, waar ek grootgeword het,” sê Mortlock.

“Stellenbosch het my lus aangewakker om meer van die wêreld en van die land te verken en om meer mense te leer ken.

“Terwyl ons gewag het vir ’n klas om te begin, het ons altyd gesels oor die groot dinge wat ons nog gaan bereik. Op Stellenbosch het jy net gevoel enigiets is moontlik!”

Vandag is Mortlock ’n bekende gesig op ons televisieskerms en rits sy selfversekerd tussen groot en opspraakwekkende nuusstories rond. Haar onberispelike teksskryf- en stembeheervaardighede wat sy in die dramaklas geslyp het, is  duidelik merkbaar.

Voordat sy haar by eNCA aangesluit het, was sy joernalis by die Media24-tydskrif Kuier en verslaggewer vir Eyewitness News. Sy het in 2017 Vodacom se toekenning vir Jong Joernalis van die Jaar losgeslaan.

Maar in haar stil oomblikke weg van die kollig onthou sy altyd hoe sy en haar ma van Stellenbosch-stasie af Universiteit toe gestap het, waar sy die eerste keer besef het die wêreld staan vir haar oop.

  • Skrywer: Daniel Bugan
  • Matieland is die Universiteit Stellenbosch se tweejaarlikse bemarkingstydskrif. Hierdie volkleurpublikasie is ‘n weerspieëling van die universiteit se visie om ‘n toonaangewende navorsingsintensiewe instelling op die Afrika-kontinent te wees, wêreldwyd erken as uitnemend, inklusief en innoverend, en waar kennis gevorder word in diens van die samelewing. Beskikbaar in beide Engels en Afrikaans, en in beide gedrukte en digitale formaat, wys Matieland die nuutste ontwikkelings en prestasies van die universiteit se fakulteit, personeel en studente. Lees meer hier:
    https://console.virtualpaper.com/stellenbosch-university/matieland_dec2022_afr/

More articles

Afrika se volgende generasie wetenskaplike leiers in globale gesondheid

Voorste letterkundige van US vereer met Jan H Maraisprys

COVID-19: Toegang tot aanlyn onderrig en studentedienste

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!