Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

#Matieland: Open deure vir vroue in die wetenskap

Karien Botha is ’n ingenieur wat haar vanjaar ná ’n loopbaan in die olie- en gasbedryf ook as onderwyser in Engeland bekwaam het. Daarbenewens het sy twee jaar gelede, tussendeur haar pligte as privaat opvoeder, ma en student, ’n beurs vir vrouewetenskaplikes tot stand gebring.

Botha het haar MIng-graad in Chemiese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf en haar loopbaan by Sasol op Secunda begin. Sy het Sasol later vir Mossgas (deesdae PetroSA) verruil en is later na Engeland, waar sy nou reeds 20 jaar lank woon. Vir langer as ’n dekade was sy ’n konsultant en kontrakteur in die olie- en gasbedryf, maar ná haar kinders se geboorte het sy ’n ander koers ingeslaan en haar dienste vrywillig as privaat opvoeder aangebied.

Maar dié dogter van ’n Stutterheimse skaapboer wou ook graag iets teruggee. Die US se direkteur van Skenker-, Alumni- en Belanghebbendeskakeling in die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland het haar aangemoedig om die Hoërskool Stutterheim STEM-beurs tot stand te bring. Graad 12- dogters van Hoërskool Stutterheim wat om ’n graadprogram op die terrein van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (“STEM”) aansoek doen, kry voorkeur in die toekenning van die beurs. Waar daar nie geskikte kandidate van dié skool beskikbaar is nie, word kandidate van ander plattelandse Oos-Kaapse skole in aanmerking geneem.

“Ek wou help keer dat iemand die beroepswêreld met ’n berg studieskuld betree,” verduidelik Botha.

“Dis nou maar twee jaar sedert ek begin geld insamel het om in die beurs te belê. Dis nie baie groot nie – net meer as £1 000 per jaar (nagenoeg R28 000). Die suksesvolle kandidaat ontvang die beurs jaarliks totdat sy gradueer, mits sy aan die slaagvereistes van die Afdeling Beurse en Lenings voldoen.

“Dis goed om te kan teruggee aan die gemeenskap, en veral aan jong vroue uit landelike gemeenskappe in die Oos-Kaap, wat soms unieke uitdagings ervaar.”

Die eerste beursontvanger is uit drie moontlike kandidate gekies. Danksy die beurs wat haar studiegeld in haar finale jaar help dek het, kon dié jong swart vrou van Qonce (King William’s Town) haar BSc in Menslike Lewenswetenskappe suksesvol voltooi.

Botha is ’n groot voorstander van diversiteit. “Diversiteit is nodig in enige omgewing om te keer dat jy ’n klomp mense het wat almal dieselfde dink,” sê sy. “Ek het in ’n baie mansgedrewe omgewing begin werk, en jou opinie word dikwels nie in ag geneem nie, selfs al is jy dalk die één lid van die groep wat iets uit ’n ander hoek sien.

“As almal van dieselfde kultuur of omgewing is, kan hulle nie dinge behoorlik bevraagteken nie. As vroue, het ons byvoorbeeld ’n natuurlike gewilligheid om te luister en saam te werk in ’n span – daardie element van koestering wat ons in ons het. Dis baie waardevol.”

Sy’s nie juis een om ledig rond te sit nie, so toe haar kinders begin ouer word, wou Botha ’n nuwe avontuur aanpak. “Engeland het ’n fantastiese staatskoolstelsel met passievolle onderwysers. Ek het gedink dis tyd om iets anders te doen; my kinders word groter. Dit het net reg gevoel om ’n wetenskaponderwyser te word.”

In hierdie dinamiese omgewing waar sy “nooit stilsit nie” en “met haar hande kan praat”, leef Botha nou haar passie uit om die volgende geslag wetenskaplikes en ingenieurs te help ontwikkel.

Indien jy tot die beurs wil bydra, gebruik gerus die volgende besonderhede:

Verwysing: The Stutterheim High School STEM Bursary-rekening van die US se SA Stigting in die VK
Vir direkte bankbetalings: NatWest Bank
Rekeningnommer: 39448843
Sorteerkode: 60 00 01
Belangstellendes kan ook skenkings in die US se Suid-Afrikaanse rekening inbetaal. Besonderhede is te kry by Lorenza George van die Alumnikantoor by lcg29@sun.ac.za 

More articles

#EndGBV: ‘Hoe ‘n belofte nagekom word’

In gesprek met Patience Badze

Nuwe model werp nuwe lig op oorsprong van mense in Afrika

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!