Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Maties kraai eerste keer koning in Varsity-kriekettoernooi

Maties se manskrieketspan het onlangs vir die eerste keer in die Varsity-kriekettoernooi koning gekraai. Ons het met Lehan Botha, die spankaptein, oor hul suksesresep gesels en oor wat die oorwinning vir die span beteken:

 

“Verligting … vreugde … en suiwer, suiwer beverdiging.” Dís hoe Lehan Botha, Maties se krieketkaptein, die oomblik beskryf toe Don Glover op 5 Oktober 2022 die wenlopies vir Maties in die T20-eindstryd van die Varsity-kriekettoernooi in Pretoria met ʼn stewige ses aangeteken het.

Dit was ʼn strawwe toernooi, met vyf wedstryde wat oor drie dae in die versengende Hoëveldse hitte beslis is.

In die eindstryd was die Noordwes-Universiteit op pad na ʼn formidabele teiken met 118 lopies sonder verlies ná 12 boulbeurte, maar die Maties het nooit tou opgegooi nie. Hul leuse in die toernooi was: “Bly in die geveg.” En dit het gewerk. Hulle het die skroewe aangedraai en die Pukke tot 161 lopies beperk. Daarna het hulle met vyf paaltjies gewen nadat Botha ʼn kapteinsbeurt gespeel en sy span tot hul eerste sege in die Varsity-kriekettoernooi gelei het.

Botha skryf die sege aan ʼn wonderlike spankultuur toe. “Ons het begrip probeer skep oor waar mense vandaan kom,” sê hy. “Of dit nou die ou is wat van ʼn township in Kaapstad kom of iemand van ʼn woonbuurt in Pretoria, hulle het almal hul eie storie en dinge wat hulle moet hanteer. Net om te probeer verstaan waar hulle vandaan kom, was vanjaar vir my ʼn groot ding. Dit maak my taak as kaptein baie makliker – om die mens te verstaan en nie net hul vermoë op die veld nie.”

As ʼn tweedejaar-BCom-student aan die Universiteit Stellenbosch (US) is Botha maar alte bewus daarvan dat sukses ewe veel afhang van om ʼn span gefokus te hou en in dieselfde rigting te laat trek as van oefening en fiksheids- en kragkondisionering.

“Jy kry baie mense van baie verskillende plekke in een sportspan,” sê hy. “En ek dink dit is op ʼn manier baie soos die Universiteit self. Ek weet ons het baie verskillende persoonlikhede en karakters. Maar ons het almal dieselfde doelwit. Al die studente werk hard en almal is hier vir ʼn rede. En almal kan dieselfde gemeenskaplike rede as iemand anders vind en net saamwerk.”

Hierdie kultuur word ook deur die Maties Sport-bestuurspan ingeskerp en ondersteun. Dié span bestaan uit, die hoofafrigter, Ryan Bailey, wat baie tyd aan individuele spelers en die groep bestee met raad oor ontleding en strategie; die fiksheidsafrigter, Grant van Velden, wat in beheer van krag en kondisionering is; die spansielkundige, Eugene Oppelt, wat raad oor spankultuur gee; asook die spanbestuurder, Keegan van Aarde, wat seker maak dat die span se logistieke reëlings en beplanning sonder haakplekke verloop. Die Kampusgesondheidsdiens sorg voorts dat die span toegang tot uitstekende fisioterapiebehandeling het.

“Die nuwe binnenshuise krieketfasiliteit by Paul Roos was ʼn spelbreker vir hoe ons in die buiteseisoen oefen,” voeg Botha by. “En ons het toegang tot Maties se wêreldklas-hoëverrigtingsgimnasium, wat ons in staat stel om die beste atlete te wees wat ons kan wees.”

Die volgende toernooi in die Maties-krieketspan se visier is die Universiteitsport Suid-Afrika-byeenkoms in Desember 2022.

Danksy ʼn betekenisvolle sege op hul kerfstok benader Maties hierdie toernooi met die selfvertroue van ʼn wenspan en ʼn kultuur wat nie net goeie goed vir die span inhou nie, maar ook vir die US en vir Suid-Afrika as ʼn geheel.​

Foto: Maties Sport/Jamie Wyngaardt. ​

More articles

#SWAN: Maak ’n verskil – een woord op ’n slag

Kampus Skenkingsdag skop US se Jaarfonds, Bride the Gap af

US ontvang multi-institusionele internasionale navorsingstoekenning van R26 miljoen

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!