Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Pasiënte en genomika-navorsing in Afrika baat by SAMNR se Vroeë Loopbaan-toekenning

Professor Shahida Moosa, ʼn senior genetikus aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, het die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se Vroeë Loopbaan-toekenning ontvang.

Moosa is ‘n internasionaal opgeleide klinikus-wetenskaplike en ‘n senior mediese genetikus by Tygerberg-hospitaal. Sy kombineer haar kennis en vaardighede van kliniese genomika, bio-informatika, molekulêre biologie en molekulêre genomika, en lei die navorsingsgroep oor seldsame siektes in Suid-Afrika.

Nadat sy haar spesialisopleiding by Wits Universiteit voltooi het, het sy haar PhD van die Universiteit van Keulen, Duitsland (summa cum laude) verwerf, gevolg deur ‘n na-doktorale genootskap by Harvard Mediese Skool en die Boston-kinderhospitaal. Sy is toegewy daaraan om genomika in Afrika te bevorder, en om hierdie tegnologieë te gebruik tot die voordeel van pasiënte met seldsame siektes in Afrika, veral diegene wat nog ongediagnoseerd is.

In 2021 het Moosa die eerste program wat met ongediagnoseerde siektes (UDP) te make het, in Afrika suid van die Sahara gestig. Die UDP is besig om pasiënte se lewens te verander, en bied unieke geleenthede vir kapasiteitsbou en opleiding vir die volgende generasie genomika-kundiges in Suider-Afrika.

Sy is tans ‘n medeprofessor in mediese genetika, in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika by die FGGW, en ‘n senior spesialis en mediese genetikus by Tygerberg-hospitaal.

Navorsing sal baat by toekenning

Haar navorsingsgroep (Groep vir Seldsame Siekte Genomika in Suid-Afrika) gebruik die nuutste in genomiese tegnologie om diagnoses vir individue en gesinne met ongediagnoseerde seldsame siektes te vind. Die toekenning sal hierdie navorsing ondersteun, spesifiek deur befondsing te verskaf vir die volgordebepaling, wat deur mense van Afrika, vir mense van Afrika, op eie bodem gedoen sal word.

Die toekenning is vir die bedrag van R500 000 per jaar vir drie jaar. Dit is die eerste groot nasionale toekenning wat sy ontvang het sedert sy die navorsingsgroep gestig het. Die navorsingsgroep het al voorheen aansoek gedoen vir talle toekennings en befondsing, net om meegedeel te word dat “genomika nie ‘n prioriteit vir Afrika is nie”. Hierdie befondsing sal die groep in staat stel om te demonstreer presies watter positiewe en transformerende impak genomika vir mense in Afrika met seldsame siektes kan hê.

“Ek is baie dankbaar en verheug dat die SAMNR my vir hierdie program gekies het. Die befondsing sal tot die voordeel wees van mense met seldsame siektes, en sal die bou van kritiese kapasiteit moontlik maak vir die wonderlike groep jong vroue wat deel is van hierdie navorsingsgroep,” sê Moosa.

“Die toekenning maak ook voorsiening vir die verbetering van vaardighede en vir netwerkvorming buite die afdeling en buite die universiteit, wat deurslaggewend sal wees vir die bekendstelling van kliniese genomika aan Suider-Afrika.”

 

Caption: Professor Shahida Moosa

Photo credit: Damien Schumann

More articles

Maambele Khosa – Veilige vroulike vervoer

‘Netto-positiewe’ Matie wil Rhodes-beurs by Oxford gebruik om wêreld beter te maak

Dankie, Maties

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!