Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

US mariene bioloë raap toptoekennings op by SASAqS Konferensie

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) het met die louere weggestap by die onlangse jaarkongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Waterwetenskaplikes (SASAqS), deurdat hulle onderskeidelik die toekennings vir die beste mondelinge voordrag, en die beste plakkaat ontvang het.

PhD-student Katie Watson se aanbieding oor die herstel van seegrasvelde by Langebaan, het aan haar die toekenning vir die beste mondelinge voordrag besorg, terwyl Bianca Boshoff se plakkaat oor die rol van seegrasvelde in die ophoping van mikroplastiek in die Knysnariviermond, die toekenning vir die beste plakkaat gewen het.

Hulle albei is nagraadse studente in die navorsingsgroep van Prof. Sophie von der Heyden in die Departement Plant- en Dierkunde aan die US en doen hul navorsing as deel van Project SeaStore, ‘n multidissiplinêre poging om potensieel vervalle en bedreigde seegrasvelde langs Suid-Afrika se kuslyn te herstel.

Seagrass_banner.png

Katie sê haar navorsing ondersoek die herstelpotensiaal van die seegrasspesie  Zostera capensis, en gebruik seegrasvelde in Langebaanstrandmeer as ‘n vertrekpunt. “Uit vorige navorsing  weet ons dat hoewel hierdie spesie vinnig groei, dit nie maklik koloniseer nie. Ons het dus kernplante en geankerde lote in verskillende aanplantformasies oorgeplant op verskeie subterreine binne die Langebaanstrandmeer,” verduidelik sy.

Voorlopige resultate toon dat verskille in die onderskeie subterreine ‘n meer betekenisvolle impak op die oorlewing en voortbestaan van die uitgeplante seegras gehad het as die formasies waarin dit oorgeplant is, of die uitplantmateriaal.

Haar bevindings het belangrike implikasies vir ons begrip van die kolonisasiepotensiaal van Z. capensis en sal help om oorplantingspogings te optimaliseer. Katie is ook deel van die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se spesialisgroep vir seegrasspesies, wat ten doel het om Rooilysassesserings vir Suider-Afrikaanse seegrasspesies by te werk.

“Om by te dra tot die navorsing oor seegrasherstel is geweldig vervullend, veral wanneer ‘n bedreigde spesie betrokke is. Die bewaring van seegrasvelde in Suid-Afrika is van kardinale belang vir die behoud van die ekosisteemfunksies wat seegras verrig, en aktiewe herstel is ‘n instrument wat ons in staat sal stel om ‘n verdere afname in seegrasvelde te voorkom,” voeg sy by.

She is ‘n ywerige onderwaterfotograaf en deel haar werk op sosialemediaplatforms soos Instagram (underwaterwithkatie) en Twitter (@KatieMWatson).

In haar nagraadse studies wil Bianca vasstel of seegrasvelde as filters optree vir mikroplastiek uit die omliggende omgewing en, of, ook as potensiële reservoirs of  opvangkomme vir mikroplastiek dien. Boshoff, wat tans in haar finale jaar van MSc-studies is, was alreeds die mede-outeur van ‘n navorsingsartikel gegrond op die resultate van haar HoneursBSc-projek, getitel “The role of seagrass meadows in the accumulation of microplastics: insights from a South African estuary” wat in die vaktydskrif  Marine Pollution Bulletin gepubliseer is.

“Ek word gemotiveer deur oplossings te probeer vind vir die ernstige plastiekbesoedelingsprobleem wat ons in die gesig staar. Dit is ook interessant  om met so ‘n jong konsep gekonfronteer te word, naamlik mikroplastiek en hul oënskynlike alomteenwoordige bestaan. Ons moet elke navorsingsgeleentheid gebruik om die implikasies van hierdie probleem te probeer verstaan,” sluit sy af.

More articles

Russel Botman-beursfonds ‘skep geleenthede vir volgende generasie’

‘Ek het die geleentheid aangegryp’

Konvokasieverkiesing: nog net twee dae oor om te stem

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!