Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Maties stel hul kunswerke ten toon by nuwe Alumni-klubhuis

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge het onlangs sommer dubbel feesgevier by die bekendstelling van sy 2021 US Alumni-kunsuitstalling asook die amptelike opening van die Alumni-klubhuis by Die Stal.

Die kunsuitstalling, wat deur onder andere Rektor en Visekanselier prof Wim de Villiers en Toyota US-Woordfees se programdirekteur, Saartjie Botha, bygewoon is, het uit ‘n mengsel van verskillende kunstenaars en genres bestaan. Die uitstalling bestaan uit werke van 25 kunstenaars, waaronder Paul Emsley, Tamlin Blake, Gregory Kerr, Louise Gelderblom, Mariambibi Khan, Theresa Jo Wessels en Carine Terreblanche.

Alumnus en ereprofessor in Ekonomie Rudolf Gouws het die openingsrede gelewer en ook ‘n aantal van sy beeldhouwerke by die geleentheid uitgestal. Dit het werke van sy kleinseun met die titel “Nicholas” en die bronsbeeld “Sonskyn” ingesluit.

Hy het gesê dié uitstalling is net een van die redes waarom kunsliefhebbers wat in en om Stellenbosch woon so bevoorreg is.

“Ander redes sluit in die US se Departement Visuele Kunste; die meer as 20 kunsgalerye in en om die dorp en in nabygeleë dorpe Franschhoek en Wellington; die Universiteitsmuseum; die Rupert Museum, die Woordfees se visuele kunsafdeling wat kunstenaars die geleentheid bied om hul werk uit te stal en te verkoop; en die natuurlike skoonheid rondom die dorp wat nie net landskapskilders inspireer nie, maar almal wat kuns wil skep.”

Gouws het ontnugterende, maar terselfdertyd ook konstruktiewe raad gehad vir kunstenaars wat ‘n bestaan uit hul werk wil maak.

“Iets sal net verkoop as daar iemand is wat bereid is om die prys daarvoor te betaal. ‘n Kunstenaar se geleentheidskoste (die inkomste wat die kunstenaar verbeur deur sy of haar tyd te gebruik om te skilder of te beeldhou eerder as om ‘n ander vorm van betalende werk terselfdertyd te doen) en siening van sy waarde is grootliks irrelevant. Plato het gesê, ‘Beauty lies in the eyes of the beholder’. In hierdie geval is die beholder die potensiële koper. ‘n Mens kan filosofies wees oor wat waarde uitmaak, maar in praktiese terme is die waarde van ‘n kunswerk, soos met die meeste ander dinge, die prys wat iemand bereid is om daarvoor te betaal.

“Dit is waar dat slegs ‘n klein aantal kunstenaars regtig ryk word. Meeste kunstenaars sal finansieel goed doen, maar die meerderheid sal net genoeg verdien om ‘n bestaan te voer. Maar hulle is gelukkig met hulle lot. Hulle doen wat hulle nog altyd wou doen. Hulle word nie gedryf deur die behoefte om geld te maak nie.”

“Kreatiwiteit by die US vier hoogty op baie vlakke. Die eerste alumni uitstalling by Die Stal is bewys daarvan. Dit was inderdaad ‘n eer om die uitstalling saam met Ilse Schermers en Anne-Ghrett Coetzee die lig te laat sien. Die standaard is hoog, maar ons sien uit na nog meer uitstallings van talentvolle alumni,” sê Pieter Swart, Direkteur: Groot skenkings en transformasionele skenkings aan die US en die dryfveer agter hierdie uitstalling.

Die verwagting is dat die US Alumni-kunsuitstalling jaarlikse aangebied sal word.

Die Alumni-klubhuis by Die Stal, geïnspireer deur Karen Bruns, Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge, sal die eerste aansluitingspunt wees vir alle alumni wanneer hulle na die kampus toe terugkeer. Hulle kan ‘n verwelkomende omgewing verwag wat as ‘n beginpunt na die alumninetwerk dien. Inligting en informatiewe hulpbronne sal ook beskikbaar wees, en handelsware en memorabilia sal in die winkel verkoop word. Kampustoere sal ook daar begin en eindig.

“Ons beplan om ‘n verskeidenheid sosiale en netwerkgeleenthede aan te bied. Dit kan boekbekendstellings, gaslesings, klein reünies, groot geleenthede soos Tuiskoms, koshuissport, die Varsitybeker, gradeplegtighede en die jaarlikse Verwelkomingsdag vir eerstejaars insluit,” het Bruns gesê.

  • Die Alumni-kunsuitstalling is oop vir die publiek vanaf 9 November tot 31 Januarie 2022, Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 15:00.

More articles

SOAR-verwelkomings-program help eerstegenerasiematies om hulle vlerke te vind

#Tuiskoms2022: Bergpad draf, stap of ry fiets

Nuwe viserektor oorgehaal om impak van US se navorsing, innovasie en nagraadse studie uit te brei

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!