Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

MCom (Rekenaarouditering)-verhandeling ontvang SAIPA-toppresteerdersprys

Me Angelique Landy van die Universiteit Stellenbosch het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters (SAIPA) se toppresteerderstoekenning in die kategorie vir meestersgraadverhandelings in Rekeningkunde gewen.

Die toekenningseremonie is vroeg vandeesmaand by ‘n spogdinee gedurende SAIPA se rekeningkunde-indaba gehou om die beste meesters- en doktorsgraadverhandelings in Rekeningkunde en Belasting gedurende 2021/22 aan te wys. Vier wenners het pryse van R20 000 elk vir PhD-graadwenners en R10 000 elk vir meestersgraadwenners ontvang.

Die doel van die SAIPA-kompetisie vir die beste rekeningkundeverhandeling is om navorsing in rekeningkunde en belasting te bevorder en ‘n navorsingskultuur op die gebied van rekeningkunde vas te lê. Dié nasionale kompetisie maak dit vir universiteite regoor Suid-Afrika moontlik om hul beste drie nagraadse tesisse, hetsy vir die volle of gedeeltelike voldoening aan graadvereistes, in Handel, Rekeningkunde of Belasting op elke vlak (indien van toepassing) in te skryf. Elke inskrywing word deur ‘n paneel kundiges beoordeel.

Me Landy se verhandeling, Effective implementation and governance of association rules in credit scoring and default management, is daarop gemik om ‘n raamwerk vir kredietverskaffers beskikbaar te stel wat hulle kan gebruik wanneer hulle assosiasiereëls vir kredietwaardigheid en verstekbestuur implementeer.

Volgens me Landy, wat haar MCom-graad in Rekenaarouditering voltooi het, is die raamwerk in die vorm van ‘n aansoek-vraelys oor hoe om ‘n masjienleer-algoritme (sonder toesig) doeltreffend te implementeer.

‘n SAIPA-segspersoon het gesê dat me Landy se prestasie heelwat gewig dra. “Haar studie is aan ‘n streng proses van beoordeling deur ‘n paneel vakkundiges onderwerp. Dat haar voorlegging so baie ander werk uitgestof het, getuig nie net van die kwaliteit van haar navorsing nie, maar ook van die besondere belangrikheid van die konsepte waarmee sy gewerk het.”

Prof Riaan Rudman van die Skool vir Rekeningkunde, me Landy se studieleier, het gesê: “Akademici en navorsers ervaar dikwels dat interdissiplinêre navorsing nie so maklik aanvaar word as navorsing wat in die tradisionele vier professionele vakgebiede pas nie.

“Dit maak Angelique se toekenning besonders gegewe die kategorie waarin sy gewen het, naamlik vir ‘n meestersgraadverhandeling in Rekeningkunde. Haar werk is met navorsing vergelyk wat by die tradisionele rekeningkundige navorsingsparadigma pas. Navorsing word toenemend interdissiplinêr; dis des te meer waar in ‘n veranderende werksomgewing wat onderhewig is aan sterk tegnologiese invloede.”

Hy het bygevoeg dat me Landy se verhandeling ‘n voorbeeld is van hoe inligtingstegnologie-bestuursbeginsels aangepas kan word om ‘n nuttige besigheidshulpmiddel vir die bestuur van nuwe tegnologiee te ontwikkel.

  • Foto: Me Angelique Landy (in swart; 4de van links) van die Universiteit Stellenbosch saam met ander pryswenners by SAIPA se toppresteerstoekenningsgeleentheid.
  • Die program MCom (Rekenaarouditering) wat deur die Skool vir Rekeningkunde aangebied word, stel studente bloot aan tegniese besonderhede in moderne inligtingstegnologie-omgewings wat hulle in staat stel om rekenaarversekeringsbeginsels toe te pas en hulle met die konseptuele vaardighede toerus om toekomstige tegnologieë te hanteer. Studente leer sleutelbegrippe om ouditering in moderne organisasies te herkonseptualiseer.

    Volgens programleier prof Riaan Rudman van die Skool vir Rekeningkunde, is die graad MCom (Rekenaarouditering) daarop gemik om rekeningkundige en ouditeringspraktisyns verder op te lei om hul benadering tot ouditering in die moderne era te herbedink en aan te pas. Die doel is om sleutelbeginsels te onderrig ten einde op versekeringsaspekte te fokus wat saak maak in ‘n kuber- fisieke wêreld.

    Die program bestaan uit ‘n gedoseerde komponent in die eerste studiejaar en die skryf van ‘n verhandeling in die tweede studiejaar. Die program maak voorsiening vir virtuele bywoning van lesings. Die volgende siklus van die program MCom (Rekenaarouditering) sal na verwagting in 2024 begin. Aansoeke daarvoor kan voor die einde van 2023 gedoen word.

    Vir verdere inligting, kliek hier​ of kontak me Fayrouz Khan by Fayrouz@sun.ac.za of tel 021 808 3400.

More articles

‘Dis in my DNS’

‘Ek het die geleentheid aangegryp’

Alumna sien uit om ‘lewens ten goede te beïnvloed’

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!