Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

NOMINASIES VIR LEDE VAN DIE UITVOERENDE KOMITEE VAN DIE KONVOKASIE

πŠπ„πππˆπ’π†π„π–πˆππ† 𝐀𝐀𝐍 𝐀𝐋𝐋𝐄 𝐋𝐄𝐃𝐄 𝐕𝐀𝐍 πƒπˆπ„ πŠπŽππ•πŽπŠπ€π’πˆπ„ 𝐕𝐀𝐍 π”ππˆπ•π„π‘π’πˆπ“π„πˆπ“ π’π“π„π‹π‹π„πππŽπ’π‚π‡
NOMINASIES VIR LEDE VAN DIE UITVOERENDE KOMITEE VAN DIE KONVOKASIE
Op 2 April 2024 het die verkose Uitvoerende komitee van die Konvokasie en die kandidate wat vroeΓ«r gediskwalifiseer is ontmoet om te besluit oor die pad vorentoe nadat die vorige verkiesing onbestrede beΓ«indig is. Die kantoor van die Registrateur het ses kandidate gediskwalifiseer vir nienakoming van die verkiesingsreΓ«ls (twee na die nominasieproses en die oorblywende vier kort na die verkiesing van stapel gestuur is), waarna die oorblywende kandidate outomaties, onbestrede verkies is aangesien die vakatures gelyk was aan die oorblywende kandidate. Hierdie was die enigste opsie beskikbaar in terme van die Institusionele ReΓ«ls. Gedurende die gefasiliteerde gesprek het die Kantoor van die Registrateur en al die partye ingestem om die verkiesingsproses van vooraf te begin en dat die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee (die Prosedure) die verkiesing sal reguleer.
Ingevolge klousule 51 van die Statuut (2019), moet die Konvokasie β€˜n president, β€˜n visepresident, β€˜n sekretaris en twee ander lede uit Konvokasiegeledere kies wat deel sal uitmaak van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.
Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch word hiermee uitgenooi om β€˜n lid of lede te benoem om vir β€˜n termyn van drie (3) jaar as lede van die Uitvoerende Komitee te dien. Die termyn van die nuut verkose Uitvoerende Komitee sal strek vanaf die dag wat die uitslae van die verkiesing aangekondig is.
Lede van die Konvokasie word versoek om ingevolge die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee, elektroniese nominasies in te dien vir geskikte kandidate om hierdie vakatures te vul.
β€˜n Nominasievorm en alle relevante inligting is op die Konvokasiewebblad beskikbaar. Nominasies open op Dinsdag, 9 April 2024, vir 30 (dertig) dae, en sluit op 9 Mei 2024 om 23:59 (SAST). Nominasievorms moet ons voor 23:59 op die sluitingsdatum bereik. Geen nominasies wat laat ingedien word sal aanvaar word nie. Neem asb kennis dat die reΓ«ls nougeset toegepas sal word.
Neem asseblief ook kennis dat ons nie verdere kennisgewings gaan uitreik om lede te herinner om nominasies in te dien nie.
β€˜n Lid moet deur een (1) voorsteller genomineer word en vier (4) ander lede moet die nominasie sekondeer. Dui asseblief duidelik op die nominasievorm aan vir watter posisie(s) die genomineerde hulself beskikbaar stel. Die nominasie moet vergesel word van β€˜n verklaring deur die genomineerde dat hulle die nominasie aanvaar en die verkiesingsreΓ«ls sal nakom, en β€˜n visiestelling deur die genomineerde van maksimum 100 woorde. Die nominasie kan ook β€˜n CV (opsioneel) insluit. Nominasies moet voor of op die sluitingsdatum per e-pos aan verkiesings@sun.ac.za gestuur word.
Volgens klousule 47(1) van die Statuut (2019) is alle persone aan wie β€˜n kwalifikasie by β€˜n kongregasie van die Universiteit toegeken is, alle voltydse akademiese personeel van die Universiteit, alle voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het, lede van die Konvokasie en mag hulle genomineer word om in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien. Konvokasielede soos gelys kan ook as voorsteller optree of β€˜n nominasie sekondeer.

More articles

Thuli Madonsela se 300 km Pelgrimstog van Hoop: ’n Tree vorentoe vir inklusiewe opvoeding

Boeke: The Enemy Within

DTTS verskaf leierskap met die opdatering van die WGO se TB-riglyne vir kinders

Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

Analytics

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.